Afrikaanse akteur, komediant in hoësorgeenheid

Rikus de Beer, oftewel Jonathan van Radio Raps (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse akteur en komediant Rikus de Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, word tans in die hoësorgeenheid van ʼn Pretoriase hospitaal behandel nadat hy ʼn virus opgedoen het tydens ʼn vorige operasie aan sy buik.

Zinta Kymdell, De Beer se agent en bestuurder, sê die komediant is op 27 Mei in die hospitaal opgeneem na afloop van sy optrede by Silverstar Casino in Krugersdorp.

“Hy het reeds behandeling begin ontvang vir die komplikasies aan sy buik, maar hy het gevoel dié optrede in Krugersdorp kan nie gekanselleer word nie as gevolg van die kort kennisgewing. Hy het toe daarin geslaag om die optrede met ʼn binneaarse drup te doen,” sê Kymdell.

“Hy het daarna op 29 Mei ʼn operasie aan sy buik ondergaan en ʼn tweede operasie was vir die volgende dag geskeduleer, maar sy dokter het dié operasie uitgestel weens onbestendige gesondheidsmerkers. Hy is teen die Maandagmiddag na die hoësorgeenheid oorgeplaas waar hy gemonitor word en die nodige behandeling ontvang.”

Volgens dokters het die komediant ʼn virus opgedoen wat hartversaking tot gevolg gehad het en ander organe ook laat verswak het.

“Sy mediese span is tevrede en sê sy toestand is kritiek, maar bestendig. Namens sy bestuurspan wil ons om verskoning vra vir die ongerief rakende optredes wat geskuif is, maar wil graag sien dat hy weer vinnig op die been sal wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Theresa ·

Sterkte! Hoop vir spoedige en volkome herstel. Dis vreeslik om vir een ding hospital toe te gaan en dan daar nog sieker te word van iets anders. Hoop alles word gedoen om puik hygiene toe te pas en dat ons gou sal lees dat dit beter gaan.

al ·

Ek bid dat hy gou gesond sal raak. Dis hartseer, ek geniet altyd die advertensie van VirSeker waarin hy opgetree het.

Hannelie ·

Dis my lyn…….dis my lyn. Ek hoop jy word gou gesond.

Gironki ·

“Kyk Boys, ek sal hierdie terugslag Virseker kan oorkom …okay”

andries ·

Sterkte aan hom en sy familie . Laat ons hoop op goeie en spoedige herstel.

Erika ·

Sterkte aan die familie en naaste vriende. My broer is vandag na 54 dae nog steeds in ICU nadat hy n virus op sy brein gekry het. Weet waardeur die familie en naaste vriende gaan. Bid vir jul almal.

Theresa B ·

Sterkte. Ek hoop hy word gou gesond. Dis scary!! Jy hoor elke keer daarvan – dat die persoon ingaan vir ‘n operasie en dan tel die pasiënt ‘n virus op. Dit verstaan ek glad nie. ‘n Hospitaal van alle plekke.

Milly ·

Nog nie gehoor van die einde van die antibiotika era nie. Elke mens se verantwoordelikheid om antibiotika wat lewens red nie te misbruik vir alke jan rap en sy maat siektes

Milly ·

Nog nie gehoor van die einde van die antibiotika era nie??
Is mos logies dat dokters spreekamers en hospitale die plekke is met die mees weerstandigste kieme en waar mens meer blootgestel word aan anders soort kieme

Antoinette ·

Sterkte ons bid vir jou, glo en vertrou jy is in goeie hande.

Jagter ·

Rule number 1….
Word gou gesond! Sterkte aan jou en jou familie!
Daar vat hy!!!

Afrikaanse Knaap ·

Ek kan nie wag vir sy lesse oor ICU etiek nie. My Ford Cortina en my gym sessies is soveel beter na sy insette :-)

Schalk ·

Nee man ou Grote. Jy is volksbesit in die moeilike tye. Ligte rand op die donker wolke en laat darem mense lag en eg Suid Afrikaans voel. Sterkte okey!

louisa ·

Ai so Jammer om te hoor …………Sterkte ! Word gou gesond.

Cindy ·

Dit is skrikwekkend watse virusse pasiënte by privaat Hospitale opdoen in die land. My Pa het amper gesterf as gevolg van Hospitaal virusse, Strep. E-Coli. Step. hy het selfs TB gekry. Hul het hom in ICU laat lê vir ure lank in sy eie…. sonder om doeke aan te sit of panne te gee. Hul het hom aan sy een arm getrek om hom op ‘n ander bed te kry. Dis net om ‘n paar te noem. Sterkte Mnr. hoop jy is gou weer op jou voete.

Renier ·

My ma was ook amper dood in die Pta Oos Hospitaal met dieselfde virus! Dit ruk hande uit, iets sal gedoen moet word! Word al die Hospitaal Virus genoem! Baie kry dit in die hospitaal!

Cecilia Lombard ·

Pas jouself bitter bitter goed op. Mans wil nie in n hospitaal bly of siek wees. Vergeet van optredes eers. Word 101% gesond. Al is dit by jou huis. Wil en kan nie veel hier se. Dink jy vir KurtD vra oor geduld met n “siekbed”. (Sy ongeluk). Sterkte.

Leon ·

Sterkte mater, “okey” en ek vertrou jy gaan gesond word, en gou “okey”
Ek wil dan nog jou show gaan kyk “okey”

Andre ·

Okey mater sterkte en gebruik die stiltyd vir nabetragting vir die grapies wat uit die ICU gaan kom. ?

Kabous ·

“Lekke Boys!

Boys, nou kyk ‘n hospitaalvirus of soos die dokters hom noem staphyloccocus, ook in boeretaal bekend as “staffie” is nie ‘n man se maat nie.

Boys as dit jou vang voel jy soos ‘n geknoopte kameelperd wat …”

Ek laaik daai Jonathan kwaai! Kom ons hoop hy word gou gesond.
(Ek sien ‘n storie kom na hierdie episode…)
:)

Disjammer ·

Dit gaan blykbaar beter met hom maar ai, die vloekwoorde rol nog steeds uit sy mond! Dis so jammer…

Disjammer ·

Dis so jammer dat hy ten spyte van die ernstige siekte, nog steeds vliekwoorde gebruik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.