Afrikaanse gr.1’s by Danville-skole weggewys

Laerskool Generaal Beyers in Pretoria-Wes. (Foto: Universiteit van Pretoria)

Ouers van voornemende gr.1-leerdes in Danville in Pretoria-Wes is raadop, omdat daar nie plek is vir hul kinders in ʼn Afrikaanse skool in dié area nie. Dit nadat Laerskool Generaal Beyers, wat vroeër jare onderrig in beide Engels én Afrikaans gebied het, nou net Engelse gr1’s inneem. Daar is ook nie meer plek vir leerders in Laerskool Westerlig nie, die enigste ander skool in Danville wat nog skoolgee in Afrikaans.

Baie van die ouers met wie Maroela Media gesels het, wil nou volgende jaar hul kinders by die huis hou, omdat hulle nie oor die geld beskik om hul kinders se vervoer na skole verder weg te bekostig nie.

Volgens ontstoke ouers is hulle eers in November ingelig dat Laerskool Generaal Beyers glad nie meer volgende jaar gr.1-klasse in Afrikaans gaan aanbied nie. Dié skool sê egter hulle het vanjaar reeds nie meer ʼn Afrikaanse gr.1’-klas gehad nie. “Verlede jaar het ons reeds te min aansoeke van Afrikaanse ouers gehad om ʼn klas vol te maak. Ons het toe met Westerlig ooreengekom om die paar Afrikaanse leerders in te neem wat aanvanklik by ons aansoek gedoen het,” sê ʼn lid van dié laerskool se bestuur. “Ons het vanjaar net 14 aansoeke vanaf Afrikaanse ouers gekry. Dit is net nie vir ons die moeite werd om ʼn hele klas en onderwyser af te staan vir sóveel kinders nie,” sê die onderwyser.

Onderwys__4

Argieffoto.

ʼn Personeellid van Laerskool Westerlig sê egter hulle moes vanjaar sowat 50 voornemende gr1’s wat volgende jaar in Afrikaans wil skoolgaan, by dié skool wegwys. “Soos dinge nou staan is daar reeds 43 gr.1’s in elke klas. Dis reeds hopeloos te veel. Dis hartverskeurend, maar ons kan nie al hierdie kinders akkommodeer nie.” Sy sê Afrikaanse leerders wat vanjaar in Engelse klasse geplaas is omdat ouers desperaat was vir plek, sukkel nou om gr.1 in Engels deur te kom.

Antoinette Marincowitz, ʼn ouma van twee Danville-leerders wat volgende jaar gr.1 toe moet gaan, is raadop. “Ek gaan maar my kinders volgende jaar self leer, want ons het nie die geld om elke dag by die skool in Tuine uit te kom nie. Een van die kinders het klaar hierdie jaar tuisgebly want ons het nie plek in ʼn Afrikaanse skool hier gekry nie. Dis baie hartseer, want my kleinkinders is só slim,” sê Marincowitz.

Elmarie Buys, wie se dogter ook plek soek in ʼn Afrikaanse skool vir volgende jaar, sê baie ouers sukkel en kan nie die sowat R500 ʼn maand bekostig wat dit sal kos om leerders na ʼn skool verder weg aan te ry nie. “Dis ʼn groot slag vir ons want Generaal Beyers is baie naby aan ons huis en my kind het só uitgesien om skool toe te gaan,” sê Buys. Volgens Buys is daar baie kinders van ander areas wat plek kry in skole in Danville, ten koste van kinders in die omgewing.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die Skoleondersteuningsentrum, sê dié is deel van ʼn groter-wordende probleem weens tekort aan plek vir Afrikaanse leerders in die provinsie. “Al meer Afrikaanse skole word deur die departement van onderwys gedwing om Engelse leerders in te neem. Dié skole moet op die lange duur oorslaan na Engels-enkelmedium, omdat die parallelmedium-model baie duurder is om te onderhou.”

Die Gautengse Departement van Onderwys het nie op herhaaldelike navrae om kommentaar gereageer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Ai ·

En Lesufi se tone krul om en hy lag ut sy maag uit van lekkerkry

Chaos ·

Dis PRESIES wat hulle wou gehad het . “WERK” die blankes uit hulle eie skole, uit hul eie woongebiede uit om swart kinders te akkommodeer omdat hulle skole opgefoeter is en inmekaar val!!!! Nou gaan ons n generasie ongeletterde Blanke groep mense kry wat nêrens inpas nie, omdat hulle deur die regering uitgeskuif word. My hart bloei vir die mense, ons eie mense. Ek hoop Afriforum kan hier help en bitter vinnig ook!

daniel ·

Lesufi minister moet net baie goed onthou dat elke aksie n teenreaksie het. Hierdie gemene en diskriminerende aksies van hom sal ook niks goed vir hom bring nie.

Jakkie ·

Ek weet en besef kinders is veronderstel om moedertaal onderrig te kry, maar vir die kinders se onthalwe is dit dalk met die oog op die toekoms, beter om dan maar in Engels skool te gaan. Engels gaan in elk geval in die toekoms die absolute voorkeurtaal word. Gaan die kinders in die toekoms universiteit of technikon toe, is hulle daaraan gewoond om in Engels onderrig te word. Meeste werkgewers se voertaal is deesdae ook Engels en die kinders gaan so goed in Engels onderleg wees, dit gaan nie ‘n probleem wees nie. Baie kinders sal ook in die toekoms na die buiteland uitwyk, weer is Engels dan vir hulle tot voordeel. Ouers wat nou die kinders wil tuis hou, skiet hulself en die kinders in die voet. Danville se ouers is beslis nie toegerus vir “home schooling” nie. Hulle moet dink aan die toekoms – ‘n jaar wat nou verloor word, is ‘n jaar minder op die kind se salarisinkomste, pensioeninkomste. Duidelik is die skool se getalle te min om Afrikaans aan te bied, gee dan die beste vir jou kind en laat die kind in Engels skoolgaan.

Jared ·

Loutere bog, twak, snert, onsin en nonsens. Ek het 3 universiteitsgrade, almal in Afrikaans. Ek het in Afrikaans skoolgegaan. Ek het vir lank oorsee gewerk. Nooit, in enige stadium, was Afrikaans of my Afrikaanse opvoeding ‘n probleem nie. Regtigwaar, hou net op hierdie Engelse propaganda verkondig.

Johan Maritz ·

Ja van ons afrikaners aanvaar maar net, dit is hoekom ons onderdruk gaan word of as jy dit kan bekostig weghardloop.

Mike ·

Almal gaan my en Jakkie kruisig…..feite is- nie almal kan Akademia toe nie en ander Universiteite word al meer Engels. Die Vaktaal van baie Vakke is Engels. Die finansiele wêreld is Engels.
Al gaan ‘n kind in Engels skool, sal ‘n Afrikaner steeds Afrikaans wees met Aftikaanse tradisies@

Erick ·

Ek was in ‘n Afrikaanse laerskool en hoërskool. Ek het Engels gegee in Thailand en in London UK, het die Oos-Europeers by die werk my hulle “leier” gemaak omdat my Engels briljant is. Ek het Afrikaans getrou met ‘n boernooi en my punt is jy hoef glad nie in ‘n Engelse skool of klasse te wees om briljante Engels te kan praat en skryf nie. Lank lewe Afrikaans en lank lewe die Afrikaner.

Talie ·

En so kry lesoef sy sin en werk sy plan mooi uit…. weg met wit en Afrikaans!!

Anel ·

Bog. Die arme kinders wat die jaar nood gedwonge in Engels moes skool gaan gaan nou omtrent almal dop. So, hoe is Engels beter?

Theo ·

Ek haal aan “……. duidelik is die skool se getalle te min om Afrikaans aan te bied, …..”
Lees die artikel weer:
14 versus 50+ is wêrelde apart

Nee wat ·

Jakkie en Mike. Met eerstehandse inligting kan ek vir julle noem dat kinders uit Afrikaanse skole geen probleem hoegenaamd het om by Engelse Universiteite aan te pas nie. Inteendeel, ek sien die waarde van moedertaalonderrig selfs in my eerstejaarsklasse. Dié studente staan kop-en-skouers uit en laat hulle geensins onderkry nie. Hulle fondasie van onderrig (in hulle moedertaal), is uitstaande.

Dirk Breytenbach ·

Dis bog dat jy in engels moet onderrig word om ‘n toekoms te kan he. Dis oor en oor deur navorsing plaaslik en oorsee bevestig, lees asb. op daaroor moenie luister na dwase opinies nie. Respekteer ander tale en kulture maar moenie ‘n duit toegee oor jy eie regte as Afrikaanssprekende nie. Mense in Europa praat hul eie taal veral as daar ‘n onderhoud gevoer word. Ek is ten volle tweetalig maar ek dink nie ek het enige voordeel agv daarvan dat ek Engels magtig is nie. Dit dui vir my aan dat Afrikanses nog steeds minderwaardig teenoor engels staan. Afriforum ek dink julle het ‘n taak om te verrig teen hierdie skreiende onregverdigheid!!

Petro ·

Jakkie ek stem. Jare terug al die nonsens sien kom en my kind al Graad 000 in ‘n engelse skool gesit. Toe hy verlede jr Gr 1 toe is het ons geen kopsere gehad oor plasing nie. Hy het net aanbeweeg. Hy kan Afr mooi verstaan en praat want ek leer hom, dis belangrik vir my dat my taal voortleef, maar hy leer beslis in engels.

Gerhardus ·

Dis bog om te sê leerlinge moet maar Engels as voertaal in gr. 1 en verder aanvaar. As hulle nie verstaan wat die onderwyser praat nie, leer hulle niks. Dis eers op n baie hoër vlak, bv. gr 8 dat n ander voertaal doeltreffend kan wees. Lê eers n goeie grondslag. Moedertaalonderrig is deur die jare aanvaar en goed gebruik. Miskien moet die “eksperte” raad inwin by gekwalifiseerde opvoedkundiges vóórdat hulle uitsprake maak. Ten slotte: onderwys gaan in die eerste plek oor die leerder

Nicolene ·

Ek het op ‘n plaas in die Vrystaat grootgeword. Engels was vir die skool gereserveer. Toe gaan studeer ek in Afrikaans, ek trou Afrikaans en ek maak my kinders in ‘n Afrikaanse dorp in Afrikaans groot. Vandag, ten spyte van my agtergrond, werk ek in Engels en gee ek klas in Engels. So nou en dan klink my Engels maar baie Vrystaat-agtig, maar ek doen wat ek moet doen. Ek glo in moedertaalonderrig – en as jy taalvaardig is in ‘n inheemse taal is jy reg vir die toekoms.

Dolf ·

Dirk, met geografiese selfbeskikking sal ons ook slegs Afrikaans gebruik in onderhoude. Ons sal ook Afrikaans in raadsale en howe gebruik. Tot dan moet ons maar terugstaan vir Engels en sien hoe gaan Afrikaans agteruit. Selfs ‘n jong Afrikaanse motortegnikus het nou die dag oorgeslaan na Engels toe hy iets tegnies vir my moes verduidelik. Binnekort sal ‘n jong Afrikaanse dokter dalk dieselfde doen.

Anoniem ·

Jakkie, die arme kinders is ses jaar oud. Dink aan die stres en vernedering om nie te verstaan dag vir dag wat die onderwyser vir jou se nie.
Om op ses tweetalig te wees is voordelig, maar bepaal geensins sukses in die lewe nie. Die arme kinders gaan geweldige sielkundige slag kry omdat hulle niks in die klas gaan verstaan nie.
Ek het op ses nie ‘n enkele woord in Engels geken of verstaan nie, maar in matriek was ek die top leerder in die Engels eerste taal hoergraad klas. Ek het eers later leer Engels praat, in graad 4. Ten minste moet ses jarige kinders van alle rasse in hul huis taal onder rig word

Neels ·

Erick, ek sal bekommerd wees om Oos-Europeërs se leier te word. Dis maar ‘n vreemde groep mense.

Eddi ·

Die enigste persoon wat verkondig dat engels ‘n wereld taal is is die wat nog nooit die wereld gesien het nie. Tot lande soos Nederland wat self verkondig dat hul engels kan praat rn akademies gebruik se engels is so sleg dat jy eerder hul taal gaan moet leer om te komunikeer.

sdp ·

Engels!! goed en wel, ek wil net weet vir wat moet ons aanhou buig vir die piesang republiek. Ons is deel van die land en het regte!!

LHS ·

Die kind leer miskien bietjie engels aan maar akademies verloor hy ten volle vir ewig. Dit is die harde werklikheid.

potlood ·

En so word daar elke dag teen afrikaans sprekende mense gediskrimineer want ons laat dit toe.

Frans ·

Afrikaanssprekende kinders wat inhul moedertaal onderrig word doen voor en naskools absoluut beter as die wat in Engels opgevoed word.Ek het ook nagraadse universiteits opleiding in Afrikaans gehad en daar is hoegenaamd geen voordele om Afrikaanssprekende kinders in Engels te probeer oplei nie. Alle kinders doenbeter in moedertaalonderrig

PJC ·

Jakkie my kleinkinders was beide in ń model C afrikaanse laerskool. Toe het hulle na Australië verhuis waar hulle verder in engels skool gegaan het. Hulle presteer uitstekend daar en klop die Australiese kinders selfs in hul eie taal. Omdat hulle die eerste paar jaar van hul skoolloopbane onderrig in hul moedertaal ontvang het, het hul net ń baie beter begrip van alles. Dit is verstommend hoe goed hulle daar in die vreemde aangepas het en hoe hul van die top presteerders in hul skole is. Alles wat hulle daar vermag kan wit op swart bewys word waarop on baie trots is. Die storie van die egelse onderwys dra dus nie enige gewig in ons familie nie.

Frikkie ·

Ons groot ouers het ons by die huis geleer , En ons is nog hier, Ek se hou tuis skool, In die plateland maak ons soo, Die mammas maak beurte om te help , As daar meer as 1 kind is, Dit is veiliger , Die kinders leer vinniger , Dit is ons oplosing, ,Los die reggeering , net politiek

W H School ·

Waarom julle kinders in n sk..l sit ? Omdat jou pa , oupa , oupagrootjie gedoen het ? waarom ons goed doen in heroorweging . Dis wonderlik om die gesinstuktuur te herstel en jou kinders te leer ken . In OSA was dit onwettig – dis n goeie ding van die NSA .

Koos de Meyer ·

Die harde werklikheid is dat hulle maak soos hulle wil en ek wonder hoeveel skoolgeld is daar betrokke.

Jannie ·

Jakkie ek stem saam met jou, gee onderrig in engels dit is tot die kind se voordeel. Hierdie is een van die probleme wat die regse partye 25 jaar gelede gesien het, ons moet nou maar aanvaar dit kom saam met n besluit wat die meerderheid geneem het.

Kantlyn ·

Staat skryf voor n verhouding van 80/20 ras verdeling waar die 20 blankes is

Pieter ·

Net een van die maniere waarop die ANC en Le Poefie werk om ons Afrikaanse mense te probeer neer druk. Kom ons betoog voor daai skool en maak seker le poefie is daar, en gee hom met hulle rasistiese neigens deel van ware afrikaaners. Ons is trots en ook lief vir ons taal.

Andrea van Vuren ·

Nooi Lesufi uit vir ‘n debat by Genl. Beyers Laerskool waar die VF+ , Solidariteite en Afriforum teenwoordig is en nooi sommer Steve Hofmeyr uit om die Stem te sing!

Andre ·

Ten minste gaan daai Afrikanertjies oor 12 jaar vlot Engels praat, sonder aksent. Hulle nefies in hogere Afrikaanse skole sal dan sukkel met die Ingels.

Nicolene ·

Andre, jy klink nogal soos die Afrikaanssprekendes wat op ‘n stadium skaam was vir hulle taal. Ek was in ‘n ondergemiddelde (glad nie hogere nie) Afrikaanse skool en ek is nie ontevrede met my lewe nie. Ek is een van die mense wat nie Engels sonder ‘n aksent praat nie, maar ek werk hoofsaaklik met engelssprekende kliënte en ek het nog nooit teruggestaan vir enige persoon wat in ‘n ander taal onderrig is nie. Om die waarheid te sê, my aksent word hier en veral oorsee baie gunstig ontvang.

Kerneels ·

Nicolene, jy is deel van die 10% Afrikaners wat die rooitaal goed kan praat. Die ander 90% sukkel maar en kom oor as dom in intellegente geselskap. Ek stem saam met Andre, daai Afrikaanse kinders in dis weste van die stad gaan na 12 jaar se Engelse skool intellegent klink in Engels. Die outjies aan die ooste kant sal steeds dom klink, al studeer hulle dan vir blink grade.

Eddi ·

Tog is dit die Suid-Afrikaanse engels man wat met so dik aksent praat dat geen buitelander hom kan verstaan nie! Hier is iets wat jy gaan moet leer, elke streek praat SY eie engels, nie eers in engeland praat almal dit met dieselfde aksent nie.

bokka ·

Maak al die skole Engels. Baie beter vir die toekoms siende dat die meeste kinders in elk geval oorsee sal moet gaan werk. As ek ‘n kind gehad het wat nou moes skool toe gaan, sou ek baie ernstig Engelsonderrig oorweeg het. Engels moet in elk geval as vak in die hoërskool geneem word. Om hoër standaard Engelse onderrig te kry, kan net tot jou voordeel wees. Kuier in Afrikaans, leer in Engels.

Johan Maritz ·

Ja Bokka duidelik weet jy nie wat gebeur met n afrikaanse skool wat engels word nie , vind uit dan maak jy weer dieselfde voorstel.

H ·

Wie moet ons bedank, nie Boland Bank nie. Dankie NP vir julle gemors

Johanna Botha ·

Gee Eng n voet in die deur ….en dan verander die hele skool na eng

Theo ·

Laerskool Generaal Beyers sê hulle het net 14 aansoeke vir Graad 1 Afrikaans gehad vanjaar rn dus regverdig dit nie om ʼn Afrikaans Graad 1 klas te hê nie terwyl Laerskool Westerlig sê hulle moes 50 leerling wat aansoek gedoen het vir Graad 1 Afrikaans wegwys omdat hulle te vol is. 50 is alreeds te veel vir ‘n vol klas so Laerskool Generaal Beyers kan dan mos ‘n Afrikaanse Graad 1 klas aanbied.

Ek vermoed Laerskool Generaal Beyers wil nie meer Afrikaanse klasse hê nie en nou lieg hulle en dan lieg hulle hulself ooglopend vas gebaseerd op die artikel.

14 versus 50+ is wêrelde apart

Jannie ·

Hou op kla en maak die beste van die omstandighede waarin jy jou bevind.

Rina ·

Homeschool of by n sentrum daars vrede minder stres en dit is veilig.

Mossie ·

Met 43 kinders reeds in n klas wat dan nog in n taal wat nie hul eie is nie, moet ondderig word, is n nagmerrie. Juis agv die groot klasse en beperkte tyd wat die onnies het om die lesse deur te gaan, moet die meeste van die werk tuis gedoen word onder ouers se toesig, dit sluit take ens in. Baie van die werk is reeds n probleem vir die ouers en nou moet hul die kinders nog in engels begin help. Nie almal is so bevoorreg om die werk maklik te vind nie, sommige van julle moet mooi besin voor jul engels so besin!

Elna ·

Moenie vir lepufi sy sin gee nie. Laat julle kinders in Afrikaans onderrig word. Dis jou reg!
Afstandsleer.co.za
Dis goedkoper as bestuurskole en ligjare beter! Hier bou jy vir jou kinders ‘n toekoms.

Zaks ·

Sorry tjom. Myself ja, n paar grade. Maar engels hol maar net reg as jy van elektronika, ingeneurswese en medisinaal praat. En n groot ps. ENGELS….een van die maklikste tale.

bokka ·

Ek wil saamstem met jou. Ek het al vraestelle beantwoord dan is ek onseker wat in die Afrikaanse gedeelte gevra word, dan kyk ek na die Engelse gedeelte en die vrae is so duidelik soos daglig. ANTWOORD JOU VRAESRELLE IN ENGELS, baie makliker.

Kerneels ·

Afrikaanse matrikulante moet eerder hul vraestelle in Engels skryf. Dan ontvang hulle ‘n ekstra 15%.

John ·

Lesufi boelie Afrikaanse armes. Afrikaners kry nie eers werk as winkelassistente of petroljoggies nie en daar is geen unie vir werklose witmense nie. Skole vir die sowat miljoen geboortes per jaar word nie verreken nie en die swart kinders word later eenvoudig net in wit skole geprop. Lesufi kan duidelik nie somme maak nie want hy glo die wit skole sal vir ewig nog plek hè. Hy sy glo blykbaar ook nie dat die Hemelvader kan sien wat hy doen nie.

Marinda ·

Eks glad nie spyt ek het my kinders Engels groot gemaak of na ñ Engelse skool toe gestuur nie.

Nel ·

Jared ek stem saam dis absoluut belaglik om te redeneer dat kinders moet skoolgaan in Engels om beter onderrig te ontvang en beter vir die internasionale mark voorbereid te wees.
Die uitslae van vele nasionale, maar ook internasionale navorsingsprojekte het onteenseglik bewys dat moedertaalonderrig, vir so lank as moontlik, die heel beste opsie vir enige leerder is, ongeag wat sy of haar moedertaal of verstandelike vermoëns is.

lewies ·

Wees baie eerlik oor hierdie gebeure. Sien die noodwendige raak en nie die ooglopende nie. die gesig van transformasie. “Quo Vadis”

Kobus ·

Is daar niemand wat hul rug kan stuif maak teen Lesufi? Afriforum en Solidariteit kan julle help?

Kobus ·

Het Afrikaanse onderwysers verengels of wat het van hulle geword? Is daar nie n CVO skool in die gebied? Is dit die begin van die pad vir die Afrikaanse blankes om ongeletterd te word. Tuisonderrig n moontlikheid

bokka ·

Ongeletterd? Nee al wat jy moet doen , is om in Engels te studeer. Ek glo wel kinders op laerskool vlak kan baatvind by moedertaalonderrig maar reeds daar behoort Engels reeds van Graad 1 af aangeleer te word. Alles Engels van Graad 8 opwaarts.

skurweberg ·

Die kort en die lank van onderwysers wat nou in Engels onderrig moet gee het geen keuse of seggenskap gehad in die hele verengelsing van Afrikaanse skole nie. Die ouersgemeenskappe het self daaroor besluit. Hierdie prosesse het almal dieselfde verloop gehad nl. eers parallelmedium, dan dubbelmedium en dan Engels enkelmedium Die politieke transformasie in die land het alle Afrikaanse onderwysers indirek gedwing om hierdie paradigmaskuif te maak. Hulle het net twee keuses gehad nl. konformeer (gaan saam met die stroom) of bedank en soek ‘n pos by ‘n ander skole waar Afrikaans as onderrigtaal gebruik word. Nie eers die vakbond kon hierdie damwal-vernietigende proses keer nie. Hulle werkslading het verdubbel, omdat alles in Afrikaans en Engels gedoen moes word. sonder enige noemenswaardige aanpassing in hulle salarisse. Hulle het maar die ekstra myn geloop in die onderwysstorie van baie ander skole Suid-Afrika wat verengels het

Kobus ·

Verbeel jou n engelse skool met die naam Laerskool Generaal Beyers.

Petrus ·

Die skool se naam kan maar verander na Panyaza Lesufi Primary.

Karolis ·

I get a pull over my pages i want to just run like the stoef stands.

My seun was van 10 jarige ouderdom nie meer in die skool nie (van toe af was ek enkelouer) en het ek hom op Breinlyn ingeskryf omdat ons destyds nog verplig was om ons kinders te laat skoolgaan. Ek weet net van drie van sy destydse skoolmaats wat vandag finansieel beter af is as hy.
Leer jou kind om tien rand te vat en dit twintig rand te maak. Dit is ‘n toekoms.

Elsa ·

Net soos die land, word als oor geneem sonder om n skoot te vuur.
Verniet gekry, verniet word dit afgebreek.

KaterinaKat ·

My kinders is absoluut tweetalig grootgemaak van Kleins af. Toe hulle 6 was, was hulle al tweetalig. Dis net makliker so, dit gee die kind n voorsprong.

Hans ·

Het die hele gebied so verouder dat daar nie meer jong kinders is nie.-of het die demografie heeltemal verander. Is daar gee afrikaanse kerke wat “klaskamer ruimte ” beskikbaar het nie wat benut kan word vir skoolonderrig gedurende die week.

Annette ·

As daar genoeg Afrikaanse kinders weggewys word by Westerlig, dan is daar mos genoeg Afrikaanse kinders om weer ‘n Afrikaanse Gr1 klas by Generaal Beyers te open? Kry net genoeg Afrikaanse Gr1’s en dring daarop aan.

Kola ·

My seun gaan nou uit met n Afrikaanse meisies, wie se ouers haar in Engelse skole gesit het. Sy is nou n Wanabee English, wat dink sys beter as haar Afrikaanse famamilie.
Nouja, dis wat jy kry, ons verhouding is versuur.
Dis tipies wat die ANC wil hê, die selfmoord van die Afrikaanses.
Sterkte met ouers wat kinders nog hul identiteit wil behou. Dit gaan binnekort broodnodig wees as ons gaan saamstaan .

Estelle ·

Raak ontslae van Lesufi!!!!
Regte kommunis. Zimbawier.

Hy het nie ooghare vir ons Afrikaanse Blankes nie.

Wingman ·

Met die uitsondering van die Wes-Kaap en Noord-Kaap gaan alle Afrikaanse laerskole binne die volgende 10 jaar begin om Afrikaans uit te faseer.

Erick ·

@Neels, daar is baie in Wes-Europa wat dieselfde van ons as Afrikaners sê, so moet eerder nie so vinnig veroordeel nie hoor. My Oos-Europese, Latviese en Brasiliaanse vriende was dierbare mense gewees en ek is baie dankbaar ons paaie kon kruis. Hulle is nog gereeld in my gebede.

Leon ·

Waar is die ouens wat in Kwa Zulu Natal mense so uithaal. Wil hulle nie Lesufi ook uithaal nie?
Danville die ideale plek vir Lesufi om sy plan te bewerk want daar is baie Afrikaanse gesinne wat arm is en hy kan daar lekker te kere gaan.

Dries Moolman ·

Duidelik kort daar nog skole in die Pretoria-Wes area, of die mense moet bietjie hulle bevolkingsgroei in toom begin hou.

Bekker ·

Want die blankes laat dit toe!!!! Alles wat verkeerd is en gaan, is ons skuld, want ons laat dit toe. Mos makliker om orals jou sê te sê as om iets werklik te doen.

Frikkie ·

Ons groot ouers het ons by die huis geleer , En ons is nog hier, Ek se hou tuis skool, In die plateland maak ons soo, Die mammas maak beurte om te help , As daar meer as 1 kind is, Dit is veiliger , Die kinders leer vinniger , Dit is ons oplosing, ,Los die reggeering , net politiek

DeVilliers ·

Maroela Media. Is daar iewers n manier wat ek n bydra kan maak vir van die families vir vervoer om die kinders by n skool te kry? Dink veral aan Elmarie Buys.

As almal wat hier bo kommentaar lewer R100 n maad gee kan ons maklik sorg dat n paar kinders by n skool kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.