‘Afrikaanse kampvegters’ tot US-raad verkies

Heinrich Gonzales. Foto: AfriForum

Heinrich Gonzales. Foto: AfriForum

Drie nuwe lede is deur die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) verkies om in die universiteitsraad te dien.

Die nuwe raadslede is adv. Jan Christiaan Heunis, prof. André Coetzee en Heinrich Gonzales. Hul termyn strek van 2 April 2016 tot 1 April 2020. Heunis, ʼn senior advokaat, is die president van die US se konvokasie. Coetzee is emeritus professor en uitvoerende hoof van anestesiologie en kritieke sorg aan die US en Gonzales is ʼn prokureur in diens van AfriForum.

Afriforum het intussen gesê Gonzales, Heunis en Coetzee is groot kampvegters vir onder meer die behoud van Afrikaans as moedertaalonderrigmedium by Maties.

“Ons het die mandaat van die Afrikaanssprekende gemeenskap om te sorg dat Afrikaans as moedertaalonderrigmedium verseker en uitgebou word. Die US moet ʼn universiteit van meertaligheid wees eerder as om die Afrikaanssprekendegemeenskap uit te sluit,” het Gonzales gesê.

“Ons wil almal wat aan die verkiesing deelgeneem het en meer spesifiek, die lede wat vir ons gestem het, bedank vir hul ondersteuning en die geleentheid om hul spreekbuis op die raad te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

andrie ·

Groot ismy vreugde
Kan hierdie manne dit dalk regkry om vir wim te laat gaan?

FM ·

Fantasties!!!!!!! Vat dit diploMATIES manne. EN moet groot asseblief nie toelaat dat wim de villiers moet julle maak soos hy wil nie. Hy is NIE opreg nie. Staan jul man. Julle is demokraties verkies!!!! Viva!!!!!

JB ·

Hopelik kan hul ‘n rol speel om van die huidige US-bestuur ontslae te raak.

Wynand ·

Ek stem saam JB. Dan sal dit dalk beter gaan, want De Villiers beteken niks nie. Wat ‘n hopelose mens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.