Afrikaanse musiekgroep ‘platgeslaan’ ná diefstal

Wit Kasteel 11

Wit Kasteel (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse rockgroep Wit Kasteel sê hulle is “platgeslaan” nadat derduisende rande van hul toerusting uit ʼn sekuriteitskompleks in Centurion by Die Hoewes gesteel is.

Waldemar Behr, een van die lede van die groep, het aan Maroela Media vertel hulle is in sak en as nadat al hul toerusting, met ʼn geraamde waarde van R150 000, uit hul komplekswoonstel gesteel is.

“Ons kan dit nie glo nie. Omdat almal deur die dag werk, was niemand tuis nie. Reinhard het egter so omstreeks 15:30 by die huis aangekom en gesien die hekkie staan oop,” het Waldemar vertel.

Beeldmateriaal van die sekuriteitskameras (Foto: Verskaf)

Beeldmateriaal van die sekuriteitskameras (Foto: Verskaf)

Hy het gesê hulle maak dié toerusting sedert die groep in 2012 gestig is, bymekaar. “Die toerusting is duur en ons kon uiteindelik ons eie gebruik. Nou kom iemand en vat dit weer van ons.”

Die hele voorval is op sekuriteitskameras vasgevang. “Dis die ergste van alles. Die mense het presies geweet waar sit die kameras en hoe hulle hulle gesigte moet vermom,” het hy verduidelik.

“Mens sien ʼn man by die hek inkom, deur die kompleks snuffel en weer uitgaan. Later kom hy terug saam met ander ouens in ʼn silwer Polo en dan gaan hy weer uit. Dan sien jy hoe ʼn rooi Corsa-bakkie met nommerplate ʼn paar keer verby die hek ry, voordat hy die nommerplate afhaal en inkom. Hulle was van omstreeks 11:00 tot 14:00 besig en niemand het iets gesien nie.”

Die groep sê hoewel dié diefstal hulle kniehalter, gaan hulle beslis voort met beplande konserte en optredes. Hulle het ook gedeeltelike versekering op dié toerusting, en wag vir die versekering om die saak af te handel. “Dit is ʼn probleem, maar ons sal plan maak. Ons is nie van plan om enigiets te kanselleer nie.”

Datums vir die groep se opkomende optredes:

  • 29 Junie – Rock Rumoer: Innibos
  • 1 Julie – Die Stoep (Nelspruit)
  • 15 Julie – Rafters Pub & Grill (Pretoria)
  • 16 Julie – Aandklas (Pretoria)
  • 17 Julie – iBar (Pretoria)
  • 20 Augustus – Montana Traders (Pretoria)

Besoek die groep se Facebook-blad en webwerf vir meer inligting. Kyk ook die video wat die groep oor die voorval gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

sdp ·

Ja hel, dis mos Suid Afrika onthou.. dis om van siek te word…as iemand dalk n fonds stig, ek sal bydra

cobusp ·

Ek voel vir julle manne……..die berig praat van n sekuriteits kompleks………………watse sekuriteit…My raad is julle dagvaar die sekuriteit van die kompleks vir julle skade…as dit n interne sekuriteit is dagvaar die Body Corporate……………hierdie was n inside job………..mens ry nie net sommer sou n hoop equipment van R150000 n paar keer in en uit die kompleks en niemand merk onraad of stop die skelms nie…….

Jan maak n Plan ·

cobusp ek stem volkome saam met jou. “Nail” hulle manne. Dit sal hulle leer om hulle werk deeglik te doen.

cobusp ·

Sorry manne, julle droom wit kastele le in skerwe, tyd sal leer, staan op en stof julle af, …….dalk n beloning uitloof, seker moet mense gesien het waar daai rooi bakkie julle equipment af gelaai het……nie seker of julle naby n township of informele nedersetting is nie………….julle sal verbaas wees as jy n paar van daai mense nader en hulle n beloning aanbied hoe vinnig julle , julle goed gaan kry……….gebruik sou bietjie self inisiatief en sielkunde. Sterkte

Riana ·

Ai julle dit is darem erg waar en wanneer hou hulle op met steel en moor en kaping.
Ek stem saam dat dit n inside ding was en sal die Body Corporate dagvaar en die Sekuriteit firma ook.
Voel jammer hoop julle het darem versekering gehad al hoewel dit ook nie altyd help nie mens verloor maar tog op die ou ende ook.
Sterk wees.

Onnodig ·

Dit is soooo onnodig, dit vat so baie van die jong manne om alles bymekaar te maak, verder moet hulle werk om te oorleef, mens raak so moe….. Sterkte outjies, wens ek kon jul help! Ons almal het musiek in ons lewe nodig!

Jean Coetzee ·

Dit is onbekostigbaar om toerusting so dit te verseker, veral as jy die land vol toer met dit. Dink nie ons mense verstaan altyd wat dit vat om ‘n band te begin en aan die gang te hou nie; dit het hierdie jong manne jare gevat om hulle toerusting op te bou, als met die doel om nog beter Afrikaanse te maak. Ek se, ondersteun die ouens, hulle maak goeie musiek.

Amanda Van Vuuren ·

Dis die grootste hoop snert!! dis n inside job!
Sterkte julle, assuransie is baie duur en julle het nog net begin!! Hoop regtig mense daarbuite wat kan sal help! Dis n yslike verlies!

Jos ·

Dis GEEN Sekuriteitskompleks die nie want daar is geen toegangsbeheer en wag nie. Klomp huise in groep omhein met muur en elektriese heining en kameras en hekke wat elke inwoners met afstandbeheerder oopmaak. Het al verneem van talle inbrake by sulke komplekse. Hulle hou die plekke dop en het moontlik ook informante soos tuin en huis werkers. Die hekke is gewoonlik die swak punt in sulke komplekse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.