Afrikaanse nuus skuif terug na SABC2

sabcDie SAUK se Afrikaanse nuusbulletin skuif binnekort terug na SABC2.

Die SAUK het dié aankondiging Vrydagaand gemaak tydens die Afrikaanse nuusbulletin wat tans op SABC3 uitgesaai word. Die nuusbulletin is in Julie van SABC2 na SABC3 verskuif en dié besluit het hewige kritiek ontlok. Die Afrikaanse nuusbulletin sal van November af weer op SABC2 uitgesaai word.

Die ATKV het intussen die aankondiging verwelkom. Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, het gesê die ATKV het onlangse gesprekke met die bestuur van die SAUK se televisiediens gehad. “Die ATKV het sy teleurstelling uitgespreek dat die Afrikaanse nuus na SABC3 met sy kleiner reikwydte, veral vir Afrikaanssprekendes, geskuif is,” het Gouws gesê.

“Ons is dankbaar vir die SAUK-bestuur se begrip en dat die nuus nou teruggeskuif word na SABC2 waar dit toeganklik vir meer kykers is. Ons is seker dat dit in die beste belang van die SAUK sowel as Afrikaanssprekendes is,” het Gouws afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Grassie ·

Die SABC kan daardie nuusuitsending in elk geval maar vir hulle self hou. Dit is gewoonlik afgewaterde nuus en ook daarop ingestel om die onbevoegde regering se beeld te probeer poets. Nuus wat vir ons as witmense belangrik is, soos bv. aanvalle op blankes, word sovér moonlik omseil.

Met nuusuitsendings op Kyknet asook hier op internet tot ons beskikking het ons die SABC nie nodig nie.

b ·

Is dit omdat te veel mense weier om hulle TV lisensies te betaal? Mense moenie te opgewonde raak nie want soos KYKnet se programme alles herhaal word kan die nuus op SABC dalk ou nuus weees wanneer dit gelees word.b

Anita ·

Waarom eers in November? dit is ‘n soort sagte soet verhaaltjie. Die regstelling moet onmiddelik in werking tree as die bedoeling opreg is. Almal kan geen Kyknet bekostig nie, nogtans is die nuus altyd eensydig om die regering te bevoordeel. Miskien kon Meneer Gouws ook aandring op meer Afrikaanse programme, dus om die nuus terug te skuif dien geen doel want…die nuus is eensydig…en geen ander Afrikaans programme word aan gebied nie, Volgens Verbruikers regte behoort ons nie die liksensie te betaal nie, mense moet nie betaal as dienste nie gelewer word nie..

veronica ·

Wyse besluit SAUK!! Want ek het my klaar voorgeneem om NOOIT weer my lisensie te betaal nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.