Afrikaanse radio verbied glo Mulder deelname

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê die SAUK se Afrikaanse radiostasie, Radio Sonder Grense, het sy leier verbied om verder deel te neem aan Lynette Francis se program Praat Saam.

Dr. Pieter Mulder het glo van tyd tot tyd ingeskakel en aan die inbelprogram deelgeneem.

Mulder beskryf dié verbod as blatante sensorskap, gedienstigheid van die openbare uitsaaier aan die ANC-regering en ʼn oortreding van die SAUK se redaksionele beleid. “Dr. Mulder gaan die saak by die parlementêre portefeuljekomitee opper en ʼn klagte by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) teen die SAUK indien,” lui ʼn verklaring wat deur die politieke party uitgereik is. Volgens Mulder oortree die SAUK sy lisensievoorwaardes asook sy eie redaksionele beleid.

In ʼn skrywe van die SAUK aan Mulder word glo verduidelik dat daar ʼn versoek van bo is dat in die lig van die moontlike verkiesing, party-politieke ampsdraers nie verder op inbelprogramme geakkommodeer moet word nie.

Mulder het gesê sonder ʼn volledige lys van alle politieke ampsdraers by elke inbelprogram in Suid-Afrika is dit nie moontlik om so ʼn opdrag uit te voer nie.

“In die praktyk word daar dan net teen sekere politieke partye en individue soos ekself gediskrimineer. Ons betaal almal lisensies ten einde dit vir die openbare uitsaaier moontlik te maak om alle standpunte te kan akkommodeer – nie net daardie standpunte wat die SAUK pas nie,” het Mulder bygevoeg.

“Tot op datum is geen verkiesingsdatum nog aangekondig nie. Op watter gronde kan die SAUK dan besluit om willekeurig van nou af sekere individue te verbied om aan inbelprogramme deel te neem? So ʼn verbod kan vir ʼn jaar bly staan as die verkiesing eers in 2017 plaasvind wat tans ʼn moontlikheid is,” het hy verduidelik.

Volgens Mulder bepaal die SAUK se redaksionele beleid dat die uitsaaier ten alle tye billikheid, onpartydigheid en balans moet nastreef en dat ʼn wye verskeidenheid standpunte geakkommodeer moet word. “Deur sekere individue te verbied om aan programme deel te neem, word hierdie aspek van die SAUK se redaksionele beleid oortree.”

Hy het bygevoeg dieselfde geld vir Okosa se lisensievereistes wat bepaal dat uitsaaiers ’n redelike poging moet aanwend om in hul uitsendings teenstrydige standpunte op ’n regverdige manier weer te gee, veral wanneer omstrede sake van openbare belang ter sprake is. “Okosa moet bepaal tot watter mate hierdie lisensievereiste oortree word deur hierdie opdragte by die SAUK ‘van bo’ om sekere individue te verbied om aan inbelprogramme deel te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Vicus ·

Ja nee, dit is om die minste te se belaglik. RSG vir julle luister ek nie weer nie, want julle is marionette van die ANC.

Paul ·

Jy moes dit lankal gedoen het want hulle is nie meer relevant nie. Net jammer daar is so baie gebiede wat dit die enigste stasie is wat ontvang kan word. Beweeg weg van hulle as jy enigsins in so ‘n gebied is waar jy ‘n verskeidenheid het.

Trots Afrikaans ·

Nou moet ons net elke inbel sessie bel, of dit nou oor koekies bak gaan of oor skoolraporte en net vra: “Wat dink hulle sou Mulder se opinie hieroor wees?”

As hy dan nie kan bel nie, dan kan ons mos…. of gaan hulle nou almal wat Afrikaans is ook verban? Dis ‘n klomp briewe wat hulle sal moet tik ….

Elrika ·

Sjoe ja, baie lanklaas geluister. Kosmaaktyd in my huis was altyd dieselfde tyd wat Amore gepraat het… Ek het daagliks, so so sleg gevoel vir die inbellers se part. Sy is so ongeskik en sny die mense af, groet nie ordentlik nie. Sy klink soos n robot.As mens nou dink aan bv. Rian v Heerden, destyds van OFM, hy was altyd vriendelik, opgewek, elke inbeller het belangrik gevoel. Amore, geen idee hoe sy lyk nie, maar sjoe sy is ongeskik en kortaf, en praat eentonig.

Chris W ·

Vicus jammer jy kom dit nou eers agter!RSG is heeltemal pro-anc.Luister hom laaaankal glad nie!

nicoline pienaar ·

Rsg het n fout gemaak om Dr Mulder af te haal ! Het hom geluister en hy weet wwarvan hy praat!

Danie Kok ·

Hoe sê hulle? Dis mos nou vryheid van spraak – Afrika styl…

Jan ·

Dit is te wagte met ‘n stasie wat deur die staat gedikteer word. So min demokraties as mokabe se piesang republiek !

Kaspaas ·

Ek is meer verbaas dat daardie radio stasie nog aan die gang is, is regtig maar n swak stasie met uiters swak musiek toe ek nog 5 jaar terug geluister het.

Hendrik ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie Kaspaas. Daar is niks fout met RSG nie.

GES ·

Ek het nog altyd geweet dat RSG maar as RSM kan bekend staan. Radio sonder mense !!!!

Winston ·

Is dit snaaks? Glad nie. Baie mense in die land wat n weersin in waarheid ontwikkel het. Ek luister lankal nie meer Radio Sonder Mense nie. Alles is afgewater.

Lizette ·

Lynette is onpartydig en moet partykeer(ek dink) hard op haar tande byt met sekere van die kommentaar wat inbellers lewer. Dr Mulder se kommentaar is altyd opbouend en gee stof tot nadenke. Moet asseblief nie Lynette of haar aanbiedingsvermoe kruisig nie. Die twee saam sorg vir uitstekende luistergenot, selfs met knellende kwessies!

Sarie ·

Hy het teveel die waarheid gepraat. Het hom dikwels hoor praat. Altyd ‘n stem van rede en ingelig. Hy kon die sogenaamde gereelde politieke ontleders altyd op ‘n mooi manier in hulle dwaasheid antwoord. Snaaks dat hulle skrikkerig is vir so ‘n klein party se menings.

Muysvogel ·

Klein party se voet!!! Die Vf word met elke verkiesing groter!!!

Sarie ·

Muysvogel Ek hou van jou skuilnaam:)) my opmerking was sarkasties bedoel. VF+ is ook my gunstelingparty! want dit onderskryf my lewens beginsels. Ongelukkig het hulle baie min kandidate in die Wes-Kaap. Die oorgrote Afrikaners hier stem DA om die ANC uit te hou en nie omdat hulle met hulle beginsels stem nie. As daar nie ‘n VF+ kandidaat in my wyk is nie stem ek liewer ACDP of vir ‘n onafhanklike kandidaat.

Jooste Rossouw ·

Dit is beter dat Dr Mulder nie op RSM praat nie want sien hy is geleerd en praat die waarheid en gee ingeligte kommentaar. Heeltemal te intiligent vir oposisie partye, sauk jammer sabc en RSG SE afgewaterde en eensydige programme

Suzette ·

Jooste stem heelhartig met jou saam. Dr Mulder weet waarvan hy praat en hy skop ander oposisie partye hard onder die “jis”. Seker daarom ne. Elrika stem ook saam met jou. Amore is werklik onbeskof en eentonig, Ek het self uitsaai werk werk gedoen, wel by ‘n plaaslike gemeenskapstasie, maar ons luisteraars was ALTYD EERSTE.

Lukas ·

Twee woorde vir julle “Tata RSG” Soos Bok v Blek se liedjie, Sing Afrikaner Sing sê “Die grootste verraad kom vanuit ons eie mense”

luisteraar?? ·

Vaarwel radio sonder mense dit sal onvermydelik gevolge hê…jul beter dié saak regstel en dr Mulder omverskoning vra, hy het nog altyd waarheid gepraat en sommige GASTE wil dit nie hoor.Spyt kom gewoonlik te laat. Sies.
Praat saam? Dis eerder
“Scheme”/knoei saam.

Pieter Basson ·

RSG het ook laas week die Afrikaanse studente as ‘betogers’ bestempel, en die EFF terroriste as ‘studente’.
Oud PUK Amoré blyk voorbok te wees?

Ben Prinsloo. ·

Alweer die onderdrukking van meestal blanke politiek op n afrikaanse radiostasie. Radio Pretoria is seker nou volgende.

Oom Boer ·

Maar dit is mos darem nou blatante uitverkopery en kan nie glo dat RSG van almal so onpartydig kan wees nie. Ag nee wat as hierdie uitsaaier dan ook sy eie volk uitverkoop, moet mens hul dan maar ook in die toilet afspoel en vergeet. Dr Pieter Mulder is ‘n eerbare en goed opgeleide mens en altyd openhartig gesels met doelwitte wat sin maak en as hierdie man darem “President” moes wees sou hierdie land in alles floreer. Daar is ‘n beter stasie en baie goeie programme op Oos Rand Stereo, dalk kan hul in gesprek tree met Dr Mulder en hom gesels geleenthede opper. Sterkte met jou klag legging Dr Mulder en hoop van harte daar gaan ‘n positiewe uitspraak in u guns wees.

Frik Lotz ·

Dis nou regtig n belaglike besluit en dis totaal onaanvaarbaar. Lyk my hul is bang vir dr. Mulder juis omdat hy weet waarvan hy praat en altyd die spyker op die kop slaan. Dr. Mulder word dus verban en gesensor. Dit druis in teen vryheid van spraak en moet beveg word. Roer hulle, dr. Pieter!

Melanie ·

Luister nie RSG nie. Het n landwye Afrikaanse alternatief nodig. Asb!

Verskeidenheid ·

Ek stem! Waar ek woon is RSG ongelukkig die enigste Afrikaanse radio stasie beskikbaar. Ek kyk glad nie die gemors op TV nie, so watter keuse het ek? Dit is tyd vir n nuwe, ONAFHANKLIKE Afrikaanse radio stasie. Dankie tog vir Maroela!

rudi ·

Om aanlyn te luister kos amper niks. Prop net speakers in jou foon en siedaar jy kan Radio Randmyanda enige plek in die wereld luister

Gwen ·

Dit maak my die josie in maar dit varbaas my nie dat die SAUK tot so iets laakbaars in staat is nie. Dr. Mulder is een van die min stemme wat ’n tellens inbel met ’n goeie boodskap aan n. Groot deel,van sy teikengehoor.

Soos die meeste van die ander kommentare probeer ek RSG uit my lewe sny (net jammer PretoriaFM vang nie meer in my tuisdorp op nie). RSG het trouens ’n rukkie gelede besluit hulle is nie daar om Standaardafrikaans uit te bou/te beskerm nie. Dit slaan duidelik deur in die kaliber aanbiders wat deesdae aangestel word. Die uitspraak is haglik en die taalgebruik in die algemeen skiet ver te kort. Boonop voel dit asof daar geen moeite gedoen word om bydraers te soek wat ’n berig op Monitor/Spektrum in Afrikaans kan toelig nie. Daar is byna meer Engels as Afrikaans tydens daardie drie uur op die Afrikaanse radiodiens.

Sies RSG!

saarkie ·

Boikot RSG, Beeld, SAUK! Almaĺ instansies wat die Afrikaner se geld vat maar hom ook in die rug steek!

Cronje Botha ·

Nie net het RSG, SAUK, Beeld die rug op Afrikaans gedraai nie, Wat van Santam wie se voertaal nie Engels is nie. Dan is daar nog Sanlam, Naspers wat almal sooo polities korrek wil wees.

Cronje Botha ·

Jammer, myself verkeer uitgedruk……Santam se voertaal is nou Engels. Nie meer Afrikaans nie.

Gezina Uys ·

Dit is uiters belaglik!
Praatsaam kan mos nie besluit watter luisteraars mag saam praat nie! Dit kom beslis neer op sensuur! Ek is teleurgesteld in RSG. As die versoek van “bo” gekom het, moet hul dit self beveg. Vryheid van spraak is verskans in die grondwet.

Danie ·

Ek het een vraag : Is dit PRAAT saam of LUISTER saam ? Ek vind dat die aanbieders van die programme op RSG so lief is vir hulle eie stemme dat hulle die gesprek oorneem en die luisterraars al hoe minder geleentheid gee om saam te praat en dan as Ta Sannie van Put Sonder Water haar kansie kry dan gaan dit aan en aan en aan en sê sy eintlik niks nie. Ta Sannie verwys na die lang asem koringkrieke wat net nie ‘n punt kan maak en klaar kan kry nie. RSG was altyd my gunsteling stasie maar ek stem saam met baie hier bo en hier onder, dit het afgewater geraak en soms klink dit meer soos Radio Met Grense !

Trolle ·

Al jare terug gesien daai stasie hou nie van afikaanse mense nie.
Ek luister nou maar engels op 567 AM hulle haat darm nie witmense nie al is daar swart mense op wat stasie aanbied.

Shannon ·

Eintlik is dit nie juis `n ramp vir vryheid van spraak nie. Beide die radio stasie en die dok is irrelevant.
En bonop duld die plus doktor ook nie juis kritiek nie.
Sal ek nou weer gesensor word deur Maroela ?
Ek skat dis seker maar hoe die wereld werk – julle sensor gebalanseerde insae en die SABC sensor julle man weer uit die pad uit. Tit-for-tat.

Bruno Stef ·

Dr Pieter en Dr Corne ons loop al jare die pad met julle saam eerbare mense wat defnitief n ” Chip of die old block is van ons geliefde Dr Connie Mulder.Ons gaan die oppesisie looi
net soos ons BOY GELDENHUYS jare terug daar uitgevoeter is.Tye is bv vir Randfontein ryp al moet daar weer klein vergaderings plaasvind na manne in die veld gestoot om te kanvas,DIT GELD OOK VIR ANDER DELE VAN DIEN LAND

Willem ·

DSTV word al duurder, RSG verloor in totaliteit sy onpartydigheid sal maar na ander stasies luister en kyk.
Kry nuus op Maroela en News 24 lees in elk geval hier meer as op bogenoemde stasie.

Jonathan ·

RSG praat afrikaans maar beskrem nie die onderig taal nie sonder grense word jou luisterlaar benadeel en ook maar uitgebuit om by tedrae dit is SABC op sy beste Luister na jou taal op die stasie wat erkening verskaf aan jou taal

Akram ·

Genugtig. ek bly in die buiteland en luister in die middae na RSG. Ongelukkig nie in die aande nie. Wt ek nou lees is egter onstellend. miskien moet ek ook die raad volg en na n ander afrikaanse stasie luister. Soos ek verstaan is n inbel program juis daar om menings the hoor. Indien dit van die storie dwaal dan kan die persoon mos afgesit word. Maar om iemand blatant te weier is ook mos nie demokraties nie. Vryheid van spraak is nog steeds daar, maar het btrekking net op sekere mense.

Fransie ·

Ja-nee, dr. Pieter gee altyd ingeligte, redelike, sinvolle kommentaar. En onthou, ek stem nie vir hom – of enige iemand anders nie! Maar om hom stil te maak is verregaande. Lynette is baie partydig! Maar ons sal net al hoe meer onderdruk word!

david ras ·

Fransie–as jy vir niemand stem nie, tel jou gebrek aan stem as n stem vir die meerdereheidsparty–in die geval die ANC. Dis ongelukkig hoe ons kies stelsel werk.
Vra gerus jou naaste VF+ kantoor of ampsdraer om te verduidelik.

Moenie die DA gaan vra nie, hulle hak nog steeds vas by die “grootste party” sindroom wat uit die ou Westminster stelsel kom.
Ons huidige stelsel is juis om ALLE partye inspraak te gee in die bestuur van die land.

Albert Smit ·

David Ras, net soos die res van die VF+ praat jy nou twak. Niemand verstaan die konsep van “elke stem tel” beter as die DA nie. As jy jou oë vir ‘n oomblik oppmaak, sal jy sien dat die DA se hele veldtog op die oomblik daarop gerig is om ALMAL te kry om te gaan stem. Ongeag vir watter party ookal, solank dit nie cANCer is nie.

Botha ·

Ek het laas RSG geluister nog voordat Niekie van der Berg da weg is by RSG. Vir my praat hulle te veel nonsens en speel te min musiek, hulle krap mens se siel te veel om. Gelukkig is daar iets soos Internet waar jy omtrent al die radiou stasie golwe kan kry. Ek luister eder na hulle as RSG. As ek moet, luister ek eder Radio Algoa want ek is in die Oos-Kaap. Baai Radio Sonder Mense

Danie ·

Radio Sonder Grense gaan sy naam binnekort moet verander na of Radio Sonder Mense of beter nog, Radio Met Grense :(

Alki ·

Dit is uiters teleurstellend en rsg se musiek wat hulle deesdae speel is ook ‘n oorpyn. Die enigste ordentlike program op rsg is Brekfis met Derrick en u eie keuse met Willem Pelser. Die inbel programme soos praat saam irriteer my ook grensloos, die inbellers en die aanbieder, die onderwerpe is niksseggend.

Frans ·

“Wiens brood men eet diens woord men spreekt” Mense stem dus gewoonlik saam met die mense by wie hul indiens is en hul salaris verdien.

Anton ·

In die Centurion omgewing is dit 104.2 maar daar is heelparty herleistasies in werking wat op ander golflengtes ingestel is. Jy kan dit ook op die Dstv kanaal 887 (radio afdeling) luister

Anton ·

Radio Pretoria – 104.2 FM (Kleinfontein), 107.6 FM (Greylingstad), 104.5 FM (Newcastle), 104.0 FM (Ermelo), 103.7 FM (Thabazimbi), 100.5 FM (Nelspruit), 92.6 FM (Lichtenburg), 106.6 FM (Brits), 92.2 FM (Mookgopong), 99.3 FM (Middelburg), 107.5 FM (Koster), 96.6 FM (Tzaneen), 100.0 FM (Polokwane), 100.6 FM (Modimolle)

Mielie ·

Ek dink ook dit is ‘n manier van SAUK om luister getalle af te bring, so doen de kan hulle die radio stasie sluit. Die VF gaan baie meer ondersteuning kry met die opkomende elekies, daarvan is ek seker, hul leier is n opgevoede gerespekteerde en eerbare man, dis nie net danksy DA se onvermoee om ondersteuning aan hul blanke en Afr kiesers te bewys nie, of die EFF Wat op n misie is om blanke Afr te vertrap nie, dis hulle waardes, vermoee om altyd, in watter omstansdighede ook al, met integriteit, eerbaarbaar op te staan vir AFRIKAANS. Ek is so spyt ek het my stem jaarliks op DA gemors en ek glo daar is heelwat ander mense Wat ook so voel.

Koos ·

Einste, waar is die DA in die taaldebat op universiteit? Nêrens. Slagspreke soos ” F*** whites ” gaan ongesiens verby die party wat kamptig nie-rassig is. Maar hul het dit in die verlede goedgedink om te gaan betoog by Kleinfontein, ‘n gemeenskap wat niemand skade berokken.

Loeis ·

Koos, die DA was daar. Hul woordvoerder het volgens Netwerk24 gese hulle ondersteun die beleid van wegdoen met Afrikaans. Dan het hulle die vermetelheid om vir ons stemme te vra.

Dit is dalk nog ‘n rede waarom die media nie graag vir VF+ dekking gee nie want VF+ bied ‘n alternatief wat vir ons belange staan.

Joe ·

Die liberale agenda van RSG is al lankal duidelik. Max en Kopdoek is kastig die kenners en hulle opinie is al wat tel terwyl ek dink (hoop) dat n groot hoeveelheid afrikaners glad nie met hul saamstem nie. Wanneer die normale oningeligte persoon elke oggend na hulle luister begin hulle ook mettertyd so dink, n tipe van liberale indoktrenasie.

Albert Smit ·

Die meeste Afrikaners luister nie na Max en Kopdoek nie. Wanneer hulle eers begin met woorde soos relegie en infantiel en irrelevant, slaan gewone Afrikaners soos ek se ore bottoe.

thea ·

RSG is bitter swak, die boek voorlesing van die koek, n boek wat alreeds voorgelees is , nou weer herhaal word, die oggend storie van Leon van Neurop, hulle onderskat n mense se IK
SWAK SWAK, oggend op programme swak, en elke dag moet ons hoor hoe vet ons suid afrikaners is maar deel nog resepte uit, wat my n aar wil bars as daar oor die lug kos gemaak word en dan ge proe word,DR Mulder te slim vir die omroepers, en die ou Lot wat altyd wil in bel om leef en beef geluk te se vir verjaardae, is altyd dieselfde mense soos bv Irene, snaaks sy kom altyd deur wonder maar net

david ras ·

Ek die stuk gelees wat jy voorgestel het Marco. Eintlik maar net ‘n opsomming van “The Real Information Scandal deur Eschel Rhoodie. Net jammer die skrywer het nie ook P.W. Botha, the last Betrayal -deur Eschel Rhoodie ook in die prentjie gebring nie.
Wat die sg “skandaal” betref–
dit het nie oor sensorskap gegaan nie–maar oor geheim houding. Dit sou bra onnosel gewees het om aan die vyandige buitewereld te vertel dat die Regering sekere koerante, binne- sowel as buitelands besit, Iemand wat so dink weet niks van propaganda oorlogvoering nie.
Die Engelstalige koerante in SA het nie gehuiwer om enige leuen, in enige vorm aan die buiteland op te dis nie.
In sy boek “my Beloved country” skryf oud Senator Thomas Boydell oor dieselfde probleem met die Engelse Pers.
Sy boek is gepubliseer in 1959—sowat 15 jaar VOOR die inigting skandaal.

Wat ek weersinswekkend vind, as dat mense nog steeds na soveel jare wyle dr Mulder moet bysleep om iets negatiefs op te dis oor die Mulder Broers

Gaan die stryd oor die ANC of nie ? Indien nie, waaroor dan ?

Henry ·

Dankie david ras!
Die sg inligtingskandaal was inderwaarheid die werktuig wat aangewens is om die eerste bloedlose coup d’ etat in Suid Afrika van stapel te stuur.

Mike ·

Ja ek lag so lekker indien RSG aankondig hulle “gaan vanoggend ‘n vuurwarm debat hê”. ‘n debat met hulleself ja.

Johann Smith ·

Van nou af luister ek nie meer na RSG nie. Lankal geweet dit is ‘n stasie wat deur die ANC beheer word, maar hul leiers se Afrikaans is nie goed genoeg dan sou hul lankal meer ingemeng het Wat bedoel hul met ‘n gemeenskap stasie Ha Ha.!!!

Pieter Smit ·

Ja tiepies ANC. Stem saam Dr Mulder se kwalifikasies is in elk geval baie hoët as die ANC boetie hlaudi motsoenen’tjie Dr Mulder altyd praat sence. Bai…Baai RSG ek luister eerder Radiokansel. Ek kry tenmiste hier die Waarheid.

Izzy ·

En daar gaan die RSG by die agterdeur uit…….totsiens RSG.

Boeremeisie ·

Ek sal graag net Pretoria FM wil luister. Maar hoe nou gemaak met opvangs. Sien nie kans om anti Afrikaners ryk te maak deur ‘n DSTV subskripsie nie. Wens ons kon hul so opvang soos die nuwe RSM..

Anna-Mari Kriel ·

Afgesien van RSG se duidelike kant kies teen partye met integriteit, is ek nou lankal keelvol vir hulle goor keuse van musiek. Op die tye wat eintlik slegs ouer persone wat nie meer werk nie, kan luister, is daar chronies ‘n gesanik en geblêr vir musiek. Julle het geen smaak nie!
Hier vertrek nog ‘ n getroue luisteraar wat maar probeer uithou het. Hou maar dop hoe julle luistertal kwyn
Vaarwel RSG!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.