Afrikaanse regisseur, veteraanakteur sterf

Paul-Eilers-Chriskras

Paul Eilers. (Foto: Kknk.co.za)

Talle mense het Vrydag met skok gereageer op die nuus dat die gevierde akteur en regisseur, Paul Eilers, gesterf het.

Die radiopersoonlikheid Margot Luyt het die nuus van Eilers se dood op Facebook bekendgemaak. “Piet de Jager het nou laat weet Paul (Polla of Die uil) Eilers is vanmiddag oorlede. Hartaanval,” het sy geskryf.

Die rolprentmaker en resensent Leon van Nierop het ook op sy Facebook-profiel geskryf dat Eilers oorlede is. “Hy was ‘n gewaardeerde vriend en kollega van my wat my ook eintlik opgelei het as omroeper en regisseur. Ek het jare lank in radiodramas vir hom gespeel, en hy was ook ‘n mede-omroeper (wat my baie poetse voor die mikrofoon gebak het) toe ek by die SAUK begin het in 1975,” het Van Nierop geskryf.

“Hy het onlangs veral as regisseur naam gemaak met Stuur groete aan Mannetjies Roux, Verraaiers en natuurlik die pragtige Roepman.”

Eilers het veral in kykers se harte ingekruip met sy rolle in TV-reekse soos Sonkring, Vyfster en Die dood van Elmien Adler. Hy was meer onlangs te sien in die rol van At in Dominee Tienie.

Die Oudtshoorn Courant het berig Eilers en sy vrou, Marina, was reeds die afgelope aantal jare inwoners van Oudtshoorn. Nog ‘n plaaslike koerant in die Klein Karoo-dorp, Die Hoorn, het ook Eilers se dood bevestig. “’n Reus van Oudtshoorn is nie meer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Michael P ·

Rest in vrede ou grote jy gaan gemis word vir jou super rolle sterkte aan die famielie.

Patat ·

Dit is bitter hartseer. ‘n groot reus het gaan rus. Sterkte vir die familie.

Elsabie ·

Rus in vrede Skollie!! Sterkte aan die familie en vriende.

OWO ·

George Ballot het skollie gespeel.Paul Eilers was ‘n radio legende.Rus in vrede.

Karline Kruger ·

Die kinders van Avontuur LB Primer gaan Oom Paul, as Skillie Skilpad in sy en Tannie Marina, se opvoedkundige poppekas stukke vir die plattelande skole mis!
Personeel en kinders.

Danie ·

Ons innige meegevoel met die afsterwe van Paul. Ons dink aan die familie.

Danie ·

Ons innege simpatie met die familie. Rus in vrede ou grote.

Rencia Janse van Rensburg ·

Rencia – Middelburg MP

Paul Eilers was ‘n uitstekende akteur en radiopersooonlikheid en sy heengaan is so tragies. Sterkte aan sy vrou, Marina en al sy familie en vriende in hierdie hartseertyd.

Johann M van Heerden ·

‘n Seder het geval. Laat groot leemte, maar dit is die verloop van die lewe. Sy spel, dramas en films het baie mense groot plesier verskaf. Vir my inkluis.

René van Hermanus ·

RIV Paul. Jy was my geliefkoosde akteur en radio held. Jou stem leef voort.

Danie ·

Baie hartseer!! Rus sag OU GROTE. Dankie vir wat jy vir ons gedoen het. Mag GOD jou koester. Vaarwel!!

Stephnie Paul ·

jy was vir my persoonlik baie na aan my hart.! Rus sag Ek beny jou!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.