Afrikaanse rots nou in US se visier

Die granietrots op die Universiteit Stellenbosch se Tygerberg- mediese kampus. (Foto: Facebook)

Die Universiteit Stellenbosch (US) wil wegdoen met ’n uittreksel van die bekende Afrikaanse gedig “Die Beiteltjie” deur NP van Wyk Louw, wat byna vyf dekades gelede op ’n granietrots op die Tygerberg- mediese kampus aangebring is.

Dié gediguittreksel op die granietrots voor die kliniese gebou lui sedert 1974: “’n beitel moet kan klip breek as hy ’n beitel is”. Die US wil egter nou dié bekende uittreksel vervang met woorde wat “al Suid-Afrika se amptelike tale” sal verteenwoordig.

“Dit sou belaglik gewees het, as dit nie so tragies was nie,” meen dr. Leon Schreiber, parlementslid en lid van die raad van die Universiteit Stellenbosch.

Schreiber sê die US se planne met die rots spreek van die universiteit se ingesteldheid dat sommige slegs ingesluit kan word deur ander uit te sluit. “In hierdie geval wil hulle Afrikaans uitsluit in die naam van inklusiwiteit. Die boodskap wat dit uitstuur, is egter dat Afrikaans in geen openbare ruimte selfstandig mag bestaan nie.”

Luidens ’n verklaring op die US se webblad is die rots al jare lank reeds ’n besprekingspunt by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Die fakulteit het egter nou onlangs ’n interaktiewe sessie aangebied met die oog daarop om met die proses te begin om die granietrots se voorkoms te hersien.

Daar is toe einde verlede maand met die hersieningsproses begin, deur eers die rots van 3,1 ton te weeg, terwyl meer as 100 frases, gesegdes, metafore en uittreksels uit gedigte uit verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale tale van personeellede, studente en alumni reeds ingesamel is.

Kommentaar van personeellede, studente en alumni is ook gedurende Augustus en September deur middel van ’n reeks fokusgroepe, besprekings, stemboodskappe en e-posvraelyste ingewin.

“Ek verstaan nie die idioom op die rots nie, en dit voel uitsluitend omdat dit nie vertaal word nie,” lui een van die kommentare. “Dit is misplaas in vandag se samelewing,” lui ’n ander.

Die granietrots op die Universiteit Stellenbosch se Tygerberg- mediese kampus. (Foto: Facebook)

“Hoekom dit verwyder?” wil een egter weet.

“Dit is ’n stukkie geskiedenis en moet onaangeraak gelaat word,” wys ’n ander daarop. Sommige het ook aangedui dat die rots stabiliteit, krag en juis transformasie verteenwoordig.

Prof. Elmi Muller, die fakulteitsdekaan wat die proses fasiliteer, sê dit is duidelik uit die kommentaar wat ontvang is dat die hersiening van die rots ’n noodsaaklike en welkome verandering is. “Die Tygerberg-kampus is nie ’n eiland nie en ons verwelkom die nuwe skuif in beklemtoning met die fokus op taal.”

Schreiber sê egter hy sal as lid van die universiteitsraad aandring op antwoorde oor “waarom hulle geld spandeer, ek neem aan derduisende rand, op iets so absurd soos hierdie?”

  • Die visuele regstellingstaakspan, personeellede sowel as studente word genooi om tussen November 2022 en Februarie 2023 deel te neem aan werkswinkels om die finale frases en gesegdes vir die rots te finaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Suzette ·

Die belaglikheid het nie woorde om dit te beskryf nie!!!!!!!
As dit dan nou so uitsluitend is – sit nog ‘n klip op en sê A chisel must be able to break stone if he is a chisel – of in watter taal ookal. Werklik wat ‘n sirkus!!!!!!!

SwartBees ·

Briljant, vertaal dit in Fanagalo en sit dit onderaan die bestaande bord.

marius ·

Dat jy deur ‘n Afrikaanse digter so bedreig voel dat jy nie eers die taal kan verstaan nie . Gaan haal die klip en sit dit op iemand se plaas . Hierdie hool verdien niks van die Afrikaner se erfenis nie .

Corne ·

Net so, dis lagwekkend hoe “insecure” sommige mense kan wees.

KatjieDeKat ·

Waarom so verskriklik bedreig voel deur ieder en elke Afrikaanse ding? Weet jy as enige blanke verby n klip loop, n standbeeld, n ornament of wat ook al, met n inskripsie in net n swart taal, gaan dit ons Niks pla nie. Waarom sou dit? Dis immers een vd landstale. Ons land het probleme n miljoen maal meer dringend en ernstig. Hierdie is So kleinlik en so n mors van tyd. Rig dan dinge op wat inskripsies net in swart tale het, en al 11 tale, en selfs 10 tale op sommige, met Afrikaans heeltemal uitgesluit op daardie. Ek BELOWE julle, Afrikaners sal dit oorleef sonder om te ween en te sanik. Die land is besig om ten gronde te gaan maar mense konsentreer op hierdie Beuselagtighede!! Waar is die volwassenes in hierdie kamer?!?

John ·

Dit is as gevolg van sulke sieninge soos die dat ons is waar ons is. Jy het geen trots in jou nie. Jy is maar net nog ñ “JA BROER” wat net sal sê wat jy dink en hoop die ander mense wil hoor.

Gaitsigubib ·

n Muis vat klein happies dan vreet hy later ‘n hele 5kg kaas op. Jy is oud en wys genoeg om te verstaan wat ek jou se.

Gaitsigubib ·

Mens moet net bietjie vir bietjie prys gee tot niks oor is nie, die paddas moet lekker stadig kook dan kom hulle niks agter nie.

Frederik C ·

Gee die klip vir Akademia. Hulle sal dit waardeer. Ek glo Akademia het ook ‘n beter slaagsyfer as US.

Elma ·

Dis lankal tyd dat al die Afrikaners wat destyds by US studeer het, ophou om hulle Afrikaanse kinders daarheen te stuur. US soek nie ons kinders nie! Dit maak hulle baie duidelik.
Die Afrikaner nasie het die US gebou tot waar hy is (of eerder, WAS) en nou doen hulle weg met elke komma en punt wat Afrikaans is.
US is elke kort kort in die nuus en die dinge wat hulle doen, is elke keer meer absurd.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners se ou probleem: bou, deel, gee weg, bou, deel, gee weg. So sal dit bly.

Koos 100 ·

Afbreek en nie opbou nie is al wat die “in beheer” doen. Hulle is nie in staat om enige iets positief te doen nie, en daarom is dit soveel makliker om die rol as onderdrukker te speel!

Twallie ·

Dis duidelik dat US ‘n diepe weersin het in Afrikaans en heeltemal daarmee wil wegdoen.

Die feit dat dit stil stil gedoen word en stukkie vir stukkie spreek boekdele. Hulle hou hulself ook dikvellig en doof vir enige kritiek daaroor. Gee duidelik nie om nie.

Hulle wil duidelik nie Afrikaanse studente daar hê nie, so hulle behoort geboikot te word deur Afrikaans sprekendes. Afrikaners wat in hul moedertaal onderrig wil ontvang gaan moet begin kyk na alternatiewe.

Dieselfde gebeur in die VSA met al die woke nonsens. Die universiteite forseer dit af en voel niks.

Ek is so bly ek is nie ‘n jongmens in vandag se wêreld nie, waar niemand meer ‘n identiteit mag hê as jy konserwatief is of in ons geval Afrikaans is nie. Baie hartseer.

Dup ·

Die regering se allesomvattende doelwit is om alles wat tot en met 1994 tot stand gebring is,te vernietig.Die probleem is egter dat hulle niks in plek daarvan kan skep nie.Daarom stort alles om ons in duie!

MakersMark ·

Ha ha hoe meer en verder SA “transformeer” hoe verder verval dit in ‘n “failed state”. Gaan maar aan.

Bertie ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n paar Afrikaanse woorde op ‘n klip iemand kan uitsluit? Moes dit liewer uit hout gekerf wees? Die meeste van hierdie mense wat so gepla is oor Afrikaans, het dit as tweede taal op skool gehad. Dis nie dat hulle nie Afrikaans verstaan nie, hulle haat Afrikaans om geen rasionele rede nie.

Pieter ·

Sit op die rots” If a chisel can’t break this rock give it to the ANC, they can destroy anything”

Vexed ·

Wel natuurlik, as jy nie ‘n beitel is nie gooi jy maar liewer die klip weg sodat niemand dit opmerk nie. Maar, ons sien…

Catherina ·

Skrap alles Afrikaans en kry klaar. ….gaan tog een of ander tyd gebeur. Soooooo bedreig deur Afrikaans en hul waardes…… U.S my aluminum….how sad…sad…sad

KAIROS ·

Mag ons dan vra dat Orania dit vir ons kan bewaar. Hopenlik kan daar fondse beskikbaar gemaak word om dit daarheen te vervoer

wildtuin ·

Ek is met absolute weersin vervul! Afrikaners het die universiteit gebring waar hy nou is, nou word ons uitge-
werk. Ons moet ons nou maar distansieer van hulle.

AW ·

Eerder daardie granite klip , veilig bewaar op n ander plek, as wat dit opsetlik beskadig Sal word.

Marianna ·

Kom ons wees nou maar eerlik, Afrikaans is in die pad en moet orals uitgewerk word. Ons maak nie ons eie nie, ons verwoes dit waarvan ons nie hou nie. Inklusiwiteit??? Afrikaans gaan nooit deel daarvan wees nie want dit laat hulle tog so hartseer voel. Nou wonder ek hoe hartseer moet ek voel as ek nou gesegdes gaan sien in Xhosa, Zulu ens wat my mense uitmoor.

miavos ·

Die mense ly aan ‘n intense minderwaardigheidskompleks. Hulle het dringend sielkundige behandeling nodig. Dis eenvoudig verregaande, hierdie kinderagtigheid.

Fanie ·

Ek het op Ander nuus webwerf die volgende geplaas – en ek is te lui om weer oor te tik:
Het julle nie beter dinge om julle fondse op te spandeer nie? Is hierdie ook ‘n R100miljoen landsvlag?
En soos ek ding sien sal Afrikaans nie op die hersiende weergawe wees nie – die inklusiwiteit gaan nie Afrikaans insluit nie, of hoe Universiteit Stellenbosch?.En seker beslis nie die oorspronklike frase nie Dat julle reeds spul frases het spreek boekdele – julle het klaar besluit. Hou op om geskiedenis uit te vee – bou eerder iets nuuts – maak meer geskiedenis. Die konstate verandering van wat was, na iets anders, verwyder kleur uit die spektrum van geskiedenis. Dit is so goed jy – as dit so moontlik wees- verwyder rooi uit die kleurspektrum. Later is daar niemand wat weet hoe rooi gelyk het nie, en eendag loop die mensdom oor ‘n rooilig en word plat gery – om Douglas Adams te parafrasseer. Hoe kan mens weet waarheen om te gaan as jy nie weet waar jy vandaan kom nie?

Louis ·

Maak wat jul wil. Onthou net Afrikaans en die afrikaner is in die land om te bly. Niks wat jul doen kan of gaan dit verander nie. Trots suid afrikaner.

JohanR ·

Miskien kan die vervang word met “kill the boer. kill the farmeer” of @VoertsakANC!

Andrew ·

As jy soentoe gaan dan is jy nie n voorstaander van jou volk of kultuur nie en is jy ook aangepas in die nuwe “inclusive” samelewing strukture . Dan mag jy nie kla as dinge verander en jou kinders uitgesluit voel nie. Is dit nie ironies dat op die tydstip Sol-Tech en Academia vinnige groei toon, net in tyd vir die totale verval van Afrikaanse regte op vorige hoofstroom Afrikaanse univesiviteite. Gaan sit die beeld by die in die ingang van Academia op of by n Orania Mediese Akademiese Hospitaal . Jammer maar gaan net vererger, skole is vol in die visier.

Madelein ·

Ag, haal net die plaatjie met NP van Wyk Louw se woorde van die rots af, los die klip dan net so, sonder enige taal wat iemand aanstoot kan gee – gougou sal iemand wel iets absurds daarop grafitti – regtig, dis belaglik.. Nee wat, ek se verder niks ….

PieterJ ·

Dis reg, verwyder eerder Afrikaans sodat dit nie aan die vervalle land gekoppel kan word nie.

gatgogga ·

De Klerk het hierdie klip aan die rol gesit, en die US bou so voort.

Nettie ·

Wanneer ek iets nie verstaan nie, dan “google” ek dit. Mens sou verwag dat studente aan die Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe fakulteit die nodige vermoëns sal besit om dit ook te kan doen!

Hoekom ·

Die verwydering van ‘n kultuur met sy geskiedenis, tradisies en so meer. Dit is kolonialisering op sy beste…

AmY ·

Hulle sal nie ophou voor daar niks Afrikaans oor is nie.
Hulle verstom my elke dag net meer en meer.
Volgende gaan ons seker nie eens meer Afrikaans met mekaar in ‘n winkel mag praat nie, want dan sluit ons hulle uit…

Republikein in die Wes Kaap ·

Skryf Stellenbosch af. Vergeet van die plek. Breek jou bande en beweeg aan.

Jasmyn ·

Ek het nog nooit van hierdie woorde by US gehoor nie, maar toe ek dit nou vir die eerste keer lees besef ek hoe diep treffend en betekenisvol dit werklik is. Ek glo NP van Wyk Louw het iets soos die volgende hiermee bedoel: Dat studente (wat beitels genoem word) moet hard werk sodat hul hul grade kan bekom en daarna ń positiewe bydrae in die samelewing kan maak (met ander woorde hulle moet gaan “klip breek”, dus Suid-Afrika vorentoe neem). Ek beskou hierdie as ń ongelooflike mooi en toepaslike slagspreuk vir alle studente, nie net aan US nie, maar regoor SA. Vertaal hierdie slagspreuk in die 11 landstale, maar behou dit asb tog net. Ons studente is tog nie te dom om NP van Wyk Louw se dieper betekenis raak te sien nie…

Oljetter ·

So rol die Afrikaner maar net om, en om, en nogmaals om.

flutterby ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie…regtig!! Los dit soos wat julle dit gekry het. Spandeer die geld en doen iets anders. Bou julle ‘n brug en kom daaroor. Ek het nog nie iets teegekom wat julle gebou het nie. Afbreek wel. Daar is ‘n gebou in PTA CBD wat hoeveel gekos het, wat nou leeg staan al vir jare – hoekom?? Want die tender, ry en bly – laat ek eerder my gedagtes agter tralies hou…

Roek ·

Waar kan ek uitvind vir die tender om die klip te verwyder, dan kan hulle geld maak, ek geldmaak en aan Afriforum skenk !

Fritz ·

Ongelooflik dat daar energie en geld gespandeer word om dit wat vir ‘n groot komponent van die bevolking na aan die hart lê te vernietig. Dit is nie kwetsend nie en benadeel geen ander groep nie. Ongelukkig is dit altyd ons eie mense wat dié veranderinge dryf.

Jacobus ·

My voorstel, vervang die graniet rots met ‘n vrag 20mm crusher klip, met ‘n blikplaat, met die volgende inskripsie: “This was a 3ton granite rock, till the ANC got hold of it”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.