Afrikaanse sanger, oud-Bok deel van vanjaar se Strictly Come Dancing

Karlien van Jaarsveld. Foto: Facebook

Karlien van Jaarsveld. Foto: Facebook

ʼn Afrikaanse sanger en ʼn oud-Springbokrugbyspeler is onder die tien bekendes wat aan vanjaar se seisoen van die TV-reeks Strictly Come Dancing deelneem.

Die sanger Karlien van Jaarsveld en oud-rugbyspeler Gary Botha neem aan die 8ste seisoen van die gewilde program deel. Die nuwe seisoen begin Vrydag 5 Junie om 19:30 op SABC3.

Die ander deelnemers is Nkululeko Tshirambula van Muvhango; die kletsrymer Siya “Slikour” Metane; die sokkerspeler Stanton Fredricks; akteur en komediant Jason Goliath; die radio-omroeper Pearl Modiadie; die 5FM-radiopersoonlikheid Sureshnie Rider; die Espresso-aanbieder Leigh-Anne Williams en die bekende TV-aanbieder Bridget Masinga.

Katlego Maboe en Roxy Burger is vanjaar se aanbieders terwyl Michael Wentink, Tebogo Kgobokoe en Samantha Peo die dansers sal beoordeel.

 

Bekende:Dansmaat
Pearl ModiadieGrant Louis Esterhuizen
Sureshnie RiderObed Mokokodi Mofoleng
Leigh-Anne WilliamsJohannes Radebe
Karlien Van JaarsveldDevon Leigh Snell
Bridget MasingaDennis Sifiso Maseko
Nkululeko TshirambulaNombulelo Hlathi
Gary BothaJeanné Michelle Swart
Siya “Slikour” MetaneMichelle Leigh Oppenshaw
Stanton FredricksErin Musson
Jason GoliathSamantha Bele Viana

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.