Die sanger Karlien van Jaarsveld en oud-rugbyspeler Gary Botha neem aan die 8ste seisoen van die gewilde program deel. Die nuwe seisoen begin Vrydag 5 Junie om 19:30 op SABC3.
Die ander deelnemers is Nkululeko Tshirambula van Muvhango; die kletsrymer Siya “Slikour” Metane; die sokkerspeler Stanton Fredricks; akteur en komediant Jason Goliath; die radio-omroeper Pearl Modiadie; die 5FM-radiopersoonlikheid Sureshnie Rider; die Espresso-aanbieder Leigh-Anne Williams en die bekende TV-aanbieder Bridget Masinga.
Katlego Maboe en Roxy Burger is vanjaar se aanbieders terwyl Michael Wentink, Tebogo Kgobokoe en Samantha Peo die dansers sal beoordeel.
Bekende: | Dansmaat |
Pearl Modiadie | Grant Louis Esterhuizen |
Sureshnie Rider | Obed Mokokodi Mofoleng |
Leigh-Anne Williams | Johannes Radebe |
Karlien Van Jaarsveld | Devon Leigh Snell |
Bridget Masinga | Dennis Sifiso Maseko |
Nkululeko Tshirambula | Nombulelo Hlathi |
Gary Botha | Jeanné Michelle Swart |
Siya “Slikour” Metane | Michelle Leigh Oppenshaw |
Stanton Fredricks | Erin Musson |
Jason Goliath | Samantha Bele Viana |