Video: Afrikaanse sanger sing op Kersvlug

Elvis Blue sing ’n Kerslied vir sy medepassasiers op ’n Mango-vlug van Johannesburg af Kaap toe.

ʼn Gewilde Afrikaanse sanger het passasiers op ʼn laekostevlug tussen Johannesburg en die Kaap se Kersdag ekstra spesiaal help maak.

Die kaptein van ʼn Mango-vlug het gehoor Elvis Blue vlieg saam Moederstad toe en besluit om ʼn uitdaging aan hom te rig.

Elvis, oftewel Jan Hoogendyk (38), het nie op hom laat wag nie en vir die eerste keer in sy lewe gesing oor ʼn telefoon, wat sy weergawe van die Kerslied Have yourself a merry little Christmas na die passasiers uitgesaai het.

Die video waarop die Rede om te glo-sanger onbegeleid sing, is al amper 70 000 keer gekyk. Hoogendyk vier Vrydag sy 39ste verjaardag.

Mango Flight Christmas Special with Elvis Blue 2018

The Captain on the Christmas Flymango flight said on the intercom system that he doesn't think I will sing a Christmas Carol. What would you do if someone called you out like that? Check out this video to see what happened next. Merry Christmas everyone. Wishing you and your loved ones only the best.

Posted by Elvis Blue on Monday, December 24, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.