Afrikaanse sanger, vrou stukkend ná baba se stilgeboorte

Ricky en Tanya Faber (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse sanger Ricky Faber en sy vrou, Tanya, is in rou gedompel nadat hulle dogtertjie die afgelope naweek stilgebore is.

Tanya was 40 weke swanger en sou volgens die dokters vandeesweek gekraam het.

Die egpaar het in ʼn verklaring gesê hulle is Sondagaand hospitaal toe nadat Tanya skielik begin sleg voel het.

Die dokter het hulle egter verseker dat hulle babatjie se hartklop nog reg is, en dat dit te vroeg is vir ʼn keisersnee omdat haar koppie “te hoog in die baarmoeder was”.

Die egpaar is 04:00 Maandag weer na die hospitaal waarna dokters die verdoemende nuus met hulle gedeel het.

“ʼn Keisersnee is gedoen, waarna Ricky én Tanya tyd gegun was om hulle dogtertjie vas te hou en te kon groet. Die dokter het hulle met diep hartseer meegedeel dat hy nie met sekerheid vir hulle kan inlig wat die werklike oorsaak van die doodgeboorte was nie, en dat hy nog nooit so ʼn geval teëgekom het op ʼn swangerskap van 40 weke nie,” het ʼn verklaring vanaf Faber se reklame-agent, Lydia Wynchester, gelui.

Faber het hom intussen tot sosiale media gewend om aanhangers te bedank vir hulle ondersteuning. Hy het ook sy hartseer in ʼn ope brief uitgespreek.

“My getuienis is al wat ek het en ek weet U plan is groter as my begeertes en verstand. Milanè, pappa het jou lief en sien uit na die dag wat ek jou kan ontmoet daar by God in die hemel. Lekker speel sonder hartseer en pyn, my kind. Dankie vir al die vriende se oproepe en boodskappe.

“Wat sê mens vir ʼn ouer wat ʼn kind verloor het? Ek dink nie daar is woorde of genoeg comfort in die wêreld om so ʼn leemte te kan vul nie. Nou het ek net nog meer rede om nader aan U te leef sodat ek weet ek kan eendag saam met my klein prinses speel en rondhardloop in die Hemel. RIV Milanè Faber. Ons sal jou altyd liefhê.”

Tanya het ook in ʼn hartroerende Facebook-inskrywing oor hul hartseer gepraat. “Milané, my kleine meisiekind, jy moet lekker speel saam die ander engeltjies, ek sal my beurt afwag om saam jou te kan speel en lag… Ek sal jou nooit vergeet nie en jou altyd liefhê!
Rus sag my engel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
AMANDA

So jammer om te hoor!!! Ek as Ouma ken daardie pyn en hartseer – is ook daardeur – hou net vas aan God se hand Hy sal julle deurdra – Die wonder en die verlange gaan nooit weg nie, glo my, maar eendag sien jy haar by Jesus se voete. Sterkte julle!!

Sarie

Ek is sò jammer om dit te hoor… STERKTE vir julle in hierdie hartseer tyd…

charlene

Jou geloof is wonderbaarlik en jou geloof gaan nulle nog dra. Na my miskraam in 2010 was ek kwaad vir God. Ek het baklei en skree… dit het my gebreuk maar ek moet ook noem voor dit he ek 6 mense aan die dood afgestaan en ek was aangerand bybdie werk alles in 1 jaar. My EIE liggaam het my baba dood gemaak. Drs het dit net mooier gestel en gese my liggaam het die fetus verwerp en toe is ek ingelig dat omdat my niere nie reg werk nie ek nie kan swanger raak nie… Die miskraam, my kaboutertjie… Lees meer »

Frannie

Ai, baie sterkte.

Andrea

My hart bloei vir julle.

Ek aou dit wel verder gevat het opsoek na antwoorde al weet ek dit sal niemand niks in die sak bring nie.