Afrikaanse sanger, vrou stukkend ná baba se stilgeboorte

Ricky en Tanya Faber (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse sanger Ricky Faber en sy vrou, Tanya, is in rou gedompel nadat hulle dogtertjie die afgelope naweek stilgebore is.

Tanya was 40 weke swanger en sou volgens die dokters vandeesweek gekraam het.

Die egpaar het in ʼn verklaring gesê hulle is Sondagaand hospitaal toe nadat Tanya skielik begin sleg voel het.

Die dokter het hulle egter verseker dat hulle babatjie se hartklop nog reg is, en dat dit te vroeg is vir ʼn keisersnee omdat haar koppie “te hoog in die baarmoeder was”.

Die egpaar is 04:00 Maandag weer na die hospitaal waarna dokters die verdoemende nuus met hulle gedeel het.

“ʼn Keisersnee is gedoen, waarna Ricky én Tanya tyd gegun was om hulle dogtertjie vas te hou en te kon groet. Die dokter het hulle met diep hartseer meegedeel dat hy nie met sekerheid vir hulle kan inlig wat die werklike oorsaak van die doodgeboorte was nie, en dat hy nog nooit so ʼn geval teëgekom het op ʼn swangerskap van 40 weke nie,” het ʼn verklaring vanaf Faber se reklame-agent, Lydia Wynchester, gelui.

Faber het hom intussen tot sosiale media gewend om aanhangers te bedank vir hulle ondersteuning. Hy het ook sy hartseer in ʼn ope brief uitgespreek.

“My getuienis is al wat ek het en ek weet U plan is groter as my begeertes en verstand. Milanè, pappa het jou lief en sien uit na die dag wat ek jou kan ontmoet daar by God in die hemel. Lekker speel sonder hartseer en pyn, my kind. Dankie vir al die vriende se oproepe en boodskappe.

“Wat sê mens vir ʼn ouer wat ʼn kind verloor het? Ek dink nie daar is woorde of genoeg comfort in die wêreld om so ʼn leemte te kan vul nie. Nou het ek net nog meer rede om nader aan U te leef sodat ek weet ek kan eendag saam met my klein prinses speel en rondhardloop in die Hemel. RIV Milanè Faber. Ons sal jou altyd liefhê.”

Tanya het ook in ʼn hartroerende Facebook-inskrywing oor hul hartseer gepraat. “Milané, my kleine meisiekind, jy moet lekker speel saam die ander engeltjies, ek sal my beurt afwag om saam jou te kan speel en lag… Ek sal jou nooit vergeet nie en jou altyd liefhê!
Rus sag my engel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

AMANDA ·

So jammer om te hoor!!! Ek as Ouma ken daardie pyn en hartseer – is ook daardeur – hou net vas aan God se hand Hy sal julle deurdra – Die wonder en die verlange gaan nooit weg nie, glo my, maar eendag sien jy haar by Jesus se voete. Sterkte julle!!

Lettie ·

Stem saam. Baie jammer vir die egpaar. Dit is hartverskeurend. Baie sterkte

Sarie ·

Ek is sò jammer om dit te hoor… STERKTE vir julle in hierdie hartseer tyd…

charlene ·

Jou geloof is wonderbaarlik en jou geloof gaan nulle nog dra. Na my miskraam in 2010 was ek kwaad vir God. Ek het baklei en skree… dit het my gebreuk maar ek moet ook noem voor dit he ek 6 mense aan die dood afgestaan en ek was aangerand bybdie werk alles in 1 jaar. My EIE liggaam het my baba dood gemaak. Drs het dit net mooier gestel en gese my liggaam het die fetus verwerp en toe is ek ingelig dat omdat my niere nie reg werk nie ek nie kan swanger raak nie… Die miskraam, my kaboutertjie was net een te veek. Maar die Here is my nie verlaat nie… hy het my die wonderlikste dogtertjie gegee. Ek en sy was gesond… Mybwoorde wat se dit raak beter. Dis nog seer maar dit raak beter gaan niks beteken want dis seer. Dis seerder as seer…. maar God sal julle dra en eendag sal ons almal verstaan hoekom….. maar hou jounpragtige vrpu vas. Vertel haar elke dag hoe lief jy haar het. Stekte en ek dra julle op aan God.

Andrea ·

My hart bloei vir julle.

Ek aou dit wel verder gevat het opsoek na antwoorde al weet ek dit sal niemand niks in die sak bring nie.

Mvs ·

Mens verstaan nie! Iemand in beheer! Baie sterkte vir di groot gemis en verlang!

Graaitjie ·

My hart gaan uit na Ricky en Tanya se hartseer. Dit is seer seker die grootste seer wat ‘n ouer kan deur gaan. Ek bid vir hulle en elkeen in die familie wat saam met hulle die seer en pyn verduur.

Liza ·

Sterkte julle twee, dis baie seer ek weet om ‘n kind te verloor is geen grap nie…..Maar wees verseker met God se krag en genade sal Hy julle dra deur alles, al wat ek kan doen elke dag is om aan ons Pappa Vader vas te klou Hy ken ons seer en verlange……Rus saggies Milane…..

Kotie Labuschagne ·

God gee sterkte. Ek wèèt hoe julle voel. Die Genade van die Here sal jul omring.’ n Mens kom nòòit daarOOR nie,maar Sy Liefde dra jul daarDEUR. Dink aan julle in gebed.

Anisca ·

Ek huil saam julle.
Baie sterkte.
Ekt in 2014 n miskraam gehad
Daai seer raak nie minder jy leer net om daarmee saam te leer.
Eks bly julle hou aan God was. Ek dink aan julle en bid dat God jul styf sal toevou.

Louise ·

Baie sterkte julle…

Die seer raak oor die hare dalk minder maar die wonder oor how sy sou lyk ens, word meer.

Mag God elke tree saam jul stap en jul dra wanneer dit nodig is.

Sterkte!

Nien ·

Dit is ‘n pad wat ek nie my naaste toe wens nie, maar met die liewe vader se genade en liefde kom jy stap vir stap daar deur. Survival kicks in en die lewe gaan ongelukkig aan. 3 Mei 15 jaar terug is ons engel pop ook op voltermyn stilgebore en die dokter kon ook nie se waarom dit gebeur het nie. Baie baie sterkte aan die ouer paar my hart huil saam met julle.

liza ·

Sjoe, baie sterkte julle. Maar ek wonder of dit nie dalk nalatigheid van die hospitaal en dokter was nie. Moes hulle haar nie daar gehou het en die baba se hartklop gemonitor het nie, veral omdat sy hospitaal toe is omdat sy sleg gevoel het.

Bea ·

Ek is op 32 weke opgeneem en ons prinses is vir 4 weke lank 4 x ‘n dag gemonitor, en pragtig gesond op 36 weke gebore. My ongelooflike dr is ook een van daardie wat geeeeeeen kanse vat nie. Hy laat neem jou op en monitor sodat hul dadelik kan optel indien daar fout is.
Omdat sy amper vol termyn was en drs met 1ste hospitaal besoek niks opgetel het nie het hul seker goedgedink om haar te laat gaan … maar ja ek sou bly wonder of dit anders kon wees as hul baba bly monitor het :(
Sterkte aan almal wat klaar was vir hierdie mensie … om te dink als het reggestaan om vir haar te wag … ek kan myself nie indink nie !

Bea ·

Ag en dan lees ek my eie kommentaar en slaan dit my koud … ons (altans ek in die geval) sit so baie goed in mense se hande, terwyl ons Hemelpappa die een is wat besluit watter pad ons stap…
Al kon daai drs haar opneem – het Hy klaar besluit. En HY het my lieflyfie gesond vir my gestuur … nie drs nie xx

VanAfrika ·

My innigste meegevoel want ek verstaan. Mag die Here julle dra want dis moeilik en die moeilikste kom nog. Ek rou saam met julle

Geen troos woorde ·

Ricky & Tanya, na byna 26 jaar werk nog steeds geen trooswoorde, maar ek wil hê jul moet weet jul is op die regte pad, net by die Vader is daar troos. Verder leef om eendag by haar te wees, maar belangrikste leef vir mekaar en jul eersteling, moenie vergeet van die 2 komponente in elkeen se lewe nie. Ek het vir ‘n rukkie en nog meer trane en hartseer later besef hoe bevoorreg ek eintlik was om nog die ander 2 komponente te hê en ek is na ‘n paar jaar geseën en wat ‘n lekker ongelooflike blessing was dit nie, blessing is al 23 en ek is positief dat dit vir julle ook so beskik gaan wees. Dit is nie leë trooswoorde nie, die harde werklikheid. O ja en gee asb leefspasie vir eersteling, die arme kind het 1ste paar jare net gespartel uit my versmoring… van liefde en daar wees.

Pieter ·

Dit is só hartseer, en vir my onverstaanbaar, maar ek wéét dat ons krag kry om weer aan te gaan – as ons OPkyk en VORENTOE beur! Ek glo daardie meisiekind is in die hemel en dat sy die engele en haar Vader kan sien. Ons word egter nie engele as ons sterf nie. Engele is ánder wesens, as engele geskep. Sy is ‘n mens, maar nou ‘n verhéérlikte mens!

Wou net se ·

My innige meegevoel my hart gaan uit na julle toe en ek sal vir julle baie diep in gebed tree – maar soos van die vorige skrywers gese het – ek sal dit nie hier los nie. my dogter se baba was op 23 weke gebore omdat sy infeksie gehad het en die dr het dit nie opgetel nie – die dag nadat sy by hom was – die baba het net 23 dae geleef en ek het gesien wat dit aan my dogter en skoon seun gedoen het – die dr het nie eers die ordentlikheid gehad om te se sorry nie hulle was 11 uur die nag by die hospital nadat sy in kraam gegaan het en hy het eers 13h00 die volgende dag opgedaag want hy was siek met verkoue – en die hospital het hom nie weer gebel nie. hulle foute word net begrawe en die mense wag agterbly is stukkend. Stop die drs wat nie hulle werk reg doen nie. – ek is nie kwaad vir God nie – nooit maar die nalatigheid van die dr – maak my blind van woede – wou net se

monica ·

Baie jammer oor die hartseer nuus,my opinie…nalatigheid van hospitaal se kant af..by die staatshosp word jy al van 38 weke af geboek vir n keiser en ook gemonitor…elke 4ure, vraag is hoe stuur hulle haar huistoe?

Jessica ·

i strongly believe its what god wanted to take this little angel , but for this doctor i don’t think you knew what you were doing it was not to early to delivery this little girl, my daughter had a c-section at 6 months and the babies are just fine and will be 3 this year, i say she could have been alive today if the DR. did his job, its never to early to deliver a baby.
‘im sorry for the couple my god be with you in this very sad time

Sonja ·

Om ‘n kind te verloor is een van die moeilikste dinge om te verstaan , jy sal nooit oor dit kom nie ,maar wel deur dit . Vandag ses maande terug is ons baba dogtertjie oorlede . Geen woorde kan beskryf hoe mens voel nie , sal jul dra in ons gebede.

Ouma ·

Ag shame! ek voel so jammer vir julle! Ons verstaan amper jou pyn. Ons dogter se eerste baba is ook op 40 weke stil gebore. Al het ons met tye gevoel om die dokter te verwyt wat nie vroeër ‘n keiser nodig geag het nie, het ons besef, niks sal die baba kan terugbring, en die pyn wegvat nie. Geen dokter sal dit aspris doen nie. Hy het gedoen ook wat hy gedink op daardie oomblik reg was vir die baba. In retrospeksie sou mens baie dinge anders gedoen het. Raak gou weer swanger, al gaan dit moeilik wees omdat jy bang bly vir herhaling…. My dogter het van ginekoloog verander (‘n engel wat haar vrees verstaan het); nie omdat sy die vorige Dr verkwalik het nie, maar omdat sy gevoel het sy kon nie sy oordeel 100% vertrou nie. En onthou: as; was; kon; wou ; sou ; en moes…..moenie daardie vrae vra nie. Vra die Here om julle te help om nie bitter te word nie en by hierdie woorde stil te staan nie. Later is ons geseën 2 hiperaktiewe!! kinders kort na mekaar. Die stil geboorte het van my dogter ‘n beter, meer geduldige ma gemaak om hierdie twee wat so woelig! is, te kan hanteer. Die seer word later sagter, maar jy vergeet nooit. Sterkte vir julle. Mag die Here julle vertroos en berusting b ring.

Geen troos woorde ·

Liewe Ricky & Tanya, volg liewer jul eie raad en lees maar oor wat Ouma ook sê. Verwyte en skuld gee maak jou mal en gaan nie jul Poppie terugbring nie, fokus liewer op die voorreg om as haar ouers uitgekies te wees en dat jul as gesin weer eendag saam sal wees. Met oë gerig op die regte plek, Hemelse Vader soos julle doen, dit is genoeg, ek weier om anders te glo en ek oorleef al meer as 26 jaar.

Liza ·

Ek is nou so ontsteld. Hoe kan dit te vroeg wees om ‘n keiser te doen.Keisers word dan gewoonlik op 38 weke gedoen en in hierdie geval was die swangerskap al gevorder op 40 weke.Hoe kan iemand wat sleg voel net huis toe gestuur word.Jy moet mos opgeneem word vir observasie.Ek verstaan glad nie.Ek is kwaad en seer vir die egpaar se onthalwe.

Aniki ·

Ek huil uit my hart uit saam. Net God weet watse droefheid die ouers dra. Ek kan net bid en vra dat die Here julle sal Dra.

Verward ·

Ek verstaan nie hoe is 40weke swanger te vroeg vir ‘n keiser nie… ‘n beplande keiser word dan op 38 weke gedoen????

Hoekom?? ·

My hart breuk vir julle. Daar is nie woorde nie. Ek kan net se ek dink aan julle…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.