Afrikaanse sangeres deel groot nuus

Foto Via Charlizeberg op Instagram.

Die Afrikaanse sangeres Charlize Berg, ook te sien in die werklikheidsreeks Die Bergs, het opwindende nuus met haar aanhangers gedeel.

“Ons is so opgewonde om hierdie wonderlike nuus met almal te deel! Ek en Warren verwag ons eerste wonderwerkie. Verby opgewonde en onbeskryflik dankbaar.  Alle eer aan God! Jakobus 1:17: Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo,” het sy op haar Instagram-profiel gesê.

Die Bergs is op DStv se Via-kanaal uitgesaai en is tans nog op ShowMax te sien. Dit bied ’n intieme blik op die lewe van Berg en haar familie.

Kykers kan in die verloop van 13 episodes blootgestel word aan die binnekring van die Berg-familie en hulle drome, loopbane, suksesse, avonture, teleurstellings, verhoudings, lief en leed.

Die reeks fokus op Charlize, maar kykers ontmoet ook die res van die familie. Haar tweelingbroer Jaco, ook bekend as Jakes, skryf saam aan liedjies en begelei Charlize op die verhoog, terwyl hy ook kliphard aan sy eie loopbaan werk. Hulle ouers, Ilse en Petrus, sal enige iets doen om hulle kinders se drome te help bewaarheid. Kleinboet Markus en sy meisie Rochelle wys ook gesig in die reeks, en ʼn mens leer ken ook vir Warren Linden, met wie sy op 13 April vanjaar getrou het.

Volgens Charlize gaan die babatjie sy of haar opwagting in April 2018 maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fielies ·

Ag jinne tog. Gaaaaaaaaap. Nog nooit van haar gehoor en wat maak hul babas so spesiaal.

Johnny ·

Wannabee kardashians? Sopas 2 minute van my lewe gemors…..

pieterpan ·

ek het gelukkig een van daai outomatiese Tv’s as die BERGS program opkom dan verander dit self die kanaal (:

zoom zoom ·

Waar is my kommentaaroor die berig. Stem saam met Gatvol en pieterpan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.