Afrikaanse seun word man saam met boesemvriend by besnydenisskool

Estiaan Swanepoel (17) en Ndibulele Soboyisi (17) tydens 'n seremonie ná die besnydenisskool. Foto: Verskaf

Estiaan Swanepoel (17) en Ndibulele Soboyisi (17) tydens ‘n seremonie ná die besnydenisskool. Foto: Verskaf

“Ek was vooraf bang, maar nooit spyt daaroor nie. Dit is ʼn seëning van God wat my lewe verander het.” Só beskryf Estiaan Swanepoel sy drie weke lange tradisionele rite tot manwees saam met sy boesemvriend, Ndibulele Soboyisi, by ʼn besnydenisskool in die Oos-Kaap.

Die twee seuns, albei graad 11-leerlinge aan Hudson Park High School in Oos-Londen, is al van kleintyd af vriende. Hulle het aan mekaar belowe om, wanneer hulle oud genoeg is, saam “bos toe te gaan” vir ʼn tradisionele Xhosa-besnydenis. “Ons het saam grootgeword en wedersydse respek vir mekaar se kultuur ontwikkel,” het Swanepoel Woensdag aan Maroela Media gesê. “Omdat manwees ʼn groot deel van elkeen se lewe is, het die praatjies veral in ons hoërskooljare begin vorm aanneem.”

Soboyisi se pa, Zwelinzima, het deur die jare sy seun se vriend as een van sy eie seuns aanvaar en het vir albei 17-jariges toegang tot die besnydenisskool in Centane gereël en daarvoor betaal. Hul rite tot manwees het op 20 Junie begin.

“Weens kulturele redes is daar baie goed waaroor ons nie mag praat nie, veral wat die besnydenis self behels. Daar moet ʼn mate van geheimhouding wees, want volgens die Xhosa-kultuur mag ʼn vrou nie van al die prosesse weet nie.”

Hy het beklemtoon dat die skool waar hy was volgens Christelike waardes bestuur word en dat hulle niks mag gerook of gedrink het tydens hul verblyf by die skool nie. “Ons het elke dag om 17:00 kerk gehou. Die mense het ons regtig goed behandel en ons is nie een keer geslaan soos wat by sommige ander besnydenisskole die geval is nie.”

Die besnydenis self is vroeg ná hul aankoms gedoen en hy beskryf die prosedure as vinnig en pynloos. “Agterna het dit begin seer word, maar niks wat ʼn man nie kan hanteer nie. Ons is op ʼn daaglikse grondslag ondersoek vir enige komplikasies. Ons wonde is met natuurlike plante behandel.”

Hy het gesê tydens die herstelproses het hulle slegs basiese kossoorte gekry soos rys, aartappels, bone en stampmielies. “Teen die agtste dag mag ons vleis begin eet het om die proses te vier. Daar is vir ons ʼn regte feesmaal voorberei.”

Die res van die tyd het die seuns hul tyd deurgebring deur “rond te lê”, met mekaar te gesels en ook takies te verrig soos om hout in die bos te gaan optel. “Daar was mense van oor die land en verskeie ouderdomme. ʼn Mens vorm ʼn hegte band met almal en jy leer die mens agter elkeen ken. Die hele tyd wat ons daar was, het almal gelag en grappe gemaak. Ek was nooit ongelukkig nie.”

Hy het gesê die hele ervaring het van hom ʼn verantwoordeliker mens gemaak. “Dit was die beste ervaring ooit. ʼn Mens leer om klein dinge te waardeer – die dinge wat regtig belangrik is in die lewe soos ʼn bed om op te slaap, ʼn dak oor jou kop, kos om te eet en jou familie.”

Swanepoel se pa is ses jaar gelede oorlede. Sy ma, Esta, was aanvanklik jare lank teen die idee gekant en het gedink die vriende maak net ʼn grap. “Sy het gedink ek maak inbreuk op ʼn kultuur wat nie myne is nie. Sy het egter gesien ons is ernstig en ons vriendskap het gegroei. Sy het die afgelope jaar vrede met ons besluit geneem.”

Esta het gesê soos enige ma was sy bekommerd al het sy geweet hy was in goeie hande, maar dat hy wel met haar seëning gegaan het. “Ek is baie bly dat hy terug en gesond is,” het sy gesê.

Albei maats gaan ná matriek studeer en het onderneem om vir hul families te sorg wat hulle tot nou toe versorg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Dankie tog vir n bietjie goeie nuus in die land. Meeste media het vergeet om die alewige slegte nuus met die min positiewe te balanseer, daarom dat ons so negatief is

Gwen ·

Die vent se ouers moet bietjie herbesin oor die waardes wat hulle aan hulle kinders oordra.

zahn ·

Is jy op dieselfde blad as ons ander? Vent? Ouer(s)? herbesin? Waardes aan kinders oordra? Ek hoop van harte jy het nie kinders nie, dit klink my jy kan maar besny word, uit hierdie artikel uit in elk geval.

Gwen ·

Vir wat verwyder die moderator hier my kommentaar? Het ek dalk die beleid oortree of hou julle net nie daarvan om verskillende opinies te publiseer nie? Julle is regtig uiters swak.

Ek dog Naspers is erg maar magtig, Maroela vat die koek.

zahn ·

Maroela, lees asb jul eie beleid hierbo. Soos julle deesdae sensuur toepas, is julle self besig om in die oom of tannie te verander waarvan niemand hou nie. Julle verwyder kommentaar en weier om te plaas links en regs, dit herinner sterk aan die ou jare toe die koerante net mag publiseer het wat die regering toegelaat het. Nee wat, julle suck. Ek gaan nou maar die R99 per maand betaal en Die Burger lees, waar daar darem nog vryheid van spraak is. Dis tyd dat julle die ploeg neersit en opkyk en aanbeweeg, ons is lankal verby die ossewa stadium. Julle moet byhou met die tyd, nie sensuur toepas soos julle tans toepas nie. Dis outyds en verkramp.

Gwen ·

Dankie zahn. As die kommentaarmoderator aandui waar ek enige van die volgende oortree het sal ek berus: rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike aanmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.

Indien daar geen bewys voor is nie eis ek ’n verskoning op hierdie blad.

Julle is heeltemal te gedienstig aan die sg. “wêreldklas grondwet” wat Christenskap en die Afrikaner daarmee saam onderdruk.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gwen en Zahn

Ons het jul kommentaar heroorweeg en teruggeplaas op die artikel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

That is, what true friends are for. Prepared to unselfishly share in one anothers customs. Thanks, for being such a trend setters of what the new South Africa, should be like Estiaan, God bless.

HEVW ·

Ek wil nou nie die negatiewe een wees nie, maar as ek die berig so lees, kry ek die indruk dit is deur een of ander linkse element heelwat aangedik. Jammer ek sien deur alles.

Narike ·

Ag, dis seker bietjie nodig dat hulle ‘n positiewe berig plaas na al die verskriklike gevalle waarvan mens hoor…? Dit bly maar ‘n doring in die vlees…

Chris ·

Ek wonder wat gaan die vriend doen om sy respek vir die blanke ou se kultuur te toon. Hierdie was darem n groot opoffering gewees.

Takkie Takuuza ·

My God gaan dit nie seën as ek deelneem aan heidense gebruike nie en rituele nie. Dis nou maar hoe Hy is.

Christo ·

Ek kan nie glo dat ons blanke Afrikaners sulke volksvreemde gebruike kan goedpraat nie.Die vyande van ons Afrikaners sal hierdie aksies verwelkom.So word ons volkstrots opgeoffer vir ander volke se tradisies en dit lyk vir my dit word goedgepraat

Gwen ·

Suné, dankie dat die kommentaar teruggesit is. Wat my egter steeds pla is dat geen redes verskaf word vir waarom dit in die eerste plek verwyder is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.