Afrikaanssprekendes ‘huiwerig’ om inenting te kry

Foto ter illustrasie. (Foto:
Hakan Nural/Unsplash)

Navorsing wat die breër Suid-Afrikaanse bevolking insluit dui daarop dat amper die helfte (42%) van Afrikaanssprekendes huiwerig is om die Covid-19-entstof te ontvang. Dit is veel meer as dié in ander taalgroepe wat teen die inenting gekant is.

Dit is van die bevindings wat in die jongste verslag van die nasionale studie oor inkomste-dinamika en mobiele koronavirus- opname (NIDS-CRAM), bekendgemaak is. Dié bevindings is Woensdag bekendgemaak.

Meeste van die respondente (van alle taalgroepe) wat onwillig is om ingeënt te word, is in die Wes-Kaap (42%) en Noord-Kaap (41%) woonagtig. Afrikaans is veral prominent in dié provinsies. Dit word gevolg deur 29% in Mpumalanga, 28% in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Gauteng asook 26% in Noordwes en 22% in Limpopo.

Die nasionale gemiddeld van Suid-Afrikaners wat nie ingeënt wil word nie, is 29%, dus baie laer as die 42% van Afrikaanssprekendes.

Sowat 35% Sesotho- en 32% Engelssprekendes is daarteen gekant om ingeënt te word, terwyl 28% van Tsongasprekendes en 30% van Setswana- en Siswati-sprekendes gekant is teen die entstof. Respondente wie se huistaal Tshivenda, Ndebele, Xhosa, Zoeloe en Sepedi is, het ʼn laer huiweringskoers van onderskeidelik 18%, 19% en 25%.

“Onder die 29% wat nie ingeënt wil word nie, is 16% hewig gekant daarteen en 8% matig gekant daarteen. Minder as 6% het aangedui dat hulle onseker is of hulle die entstof sou aanvaar, indien dit aan hulle beskikbaar gestel word,” lui die NIDS-CRAM verslag.

Dís hoekom mense nie ingeënt wil word nie

Meeste van dié wat nie ingeënt wil word nie (31%) is bekommerd oor die newe-effekte van die entstof, terwyl 21% twyfel oor die effektiwiteit daarvan en 18% glad nie die entstof vertrou nie.

“Slegs 8% van die respondente wat nie die entstof wil ontvang nie, sê dit is omdat hulle ʼn lae risiko is om Covid-19 op te doen.”

Uit die verslag blyk dit dat diegene met slegs laerskoolopleiding, jeugdiges en diegene wat sosialemedia as ʼn betroubare bron van inligting ag, meer geneig is om nie ingeënt te wil word nie.

“Diegene wat ouer is as 60 of chroniese siektes soos diabetes het, is egter minder geneig om huiwerig oor die entstof te wees. Ras is ook nie ʼn beduidende faktor wanneer dit kom by die huiweringskoers nie.”

Die hoeveelheid respondente in Suid-Afrika wat bereid is om die entstof te ontvang, is hoër as die beramings wat onlangs in die VSA en Frankryk gedoen is. Dit wil egter voorkom of minder mense in Suid-Afrika bereid is om die entstof te kry as in lande soos China, Brasilië en Brittanje.

Bron: NIDS-CRAM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Pierre ·

Ons het net baie vrae wat nie antwoorde kry nie en of van nature net hardkoppig

Adri ·

Behalwe as ons gedwing word om dit te ontvang, soos om nie toegelaat te word om kos te koop as jy nie ingeënt is nie. Dan het ons groot probleme!

Patch ·

Ek dink met jou stelling gaan haal jy die bobbejaan agter die bult. Ek glo nie vir een oomblik dat jy ooit geweier sal word om kos te koop nie. Wat my wel laat dink, is dat daar miskien lande gaan wees wat nie visums sal toestaan sonder die inenting nie, soos sommige lande wat ‘n geelkoors inenting verplig. Dis nou natuurlik as jy iemand is wat baie na buurlande of die buiteland reis.

Irma ·

Ek het familie wat in Tanzanie bly en hulle moes die Geelkoors inenting ontvang.

Dirk Mostert ·

Entstowwe soos vir geelkoors bevat verswakte kieme/virusse waarteen jou liggaam weerstand opbou. Covid-entstowwe gebruik RNA om jou DNA te programmeer om teenliggaampies te skep. Die probleem is dat die entstowwe slegs ‘n paar maande getoets is. Ek is nie bereid om deel van ‘n eksperiment te wees nie.

Marianna ·

Dankie tog vir al die open minded mense. Julle is nie skape nie. Julle dink vir julle self.

Potifar ·

Dit gee die staat die reg om n “inentings pasboekie” uit te lewer.

Wilhelm ·

Wel, of jy dit wil neem of nie wil neem nie is jou keuse, maar in Suid Afrika gaan jy lank wag voor jy die uiteindelik die keuse moet maak! Miskien so teen die jaar 2041, dalk.

Ywerigekoerantlesertjie ·

ook maar goed so dn dat ons nog hier woon…

jzjz05 ·

Afrikaans vertrou nie regering nie.paar keer die storie dan daardie storie dan koop hulle entstof van kuba dan verkoop ander entstof aan Afrika wat glo nie reg was vir ons nie Net nou spuit hulle jou met die verkeerde entstof. Toe hulle alleen reg wil hê op die entstof het mense kaar begin dink hier is alweer n slang in die gras.

Tubac ·

Maak seker dat hulle vir jou wys watter enstof hulle gebruik. Indien dit nie die entstof van J&J en of Pfizer wat bestem is vir inenting, weier toediening. Dring daarop aan vir inenting van genoemde, of staan op en loop.

capie ·

Ek is goed oor 60, maar ek weier die inenting omdat ek nie die regeing en sy inenters vertrou nie. Sal dit laat doen as dit deur privaat instansie ingevoer en toegedien word

Samuel ·

Dit is goed om te weet daar is mense (Afrikaanse mense) wat vir hulle self dink en nie soos skape agter die inenters aanloop nie!!

Hendrik ·

Solank mense “wat vir hulle self dink” net hulle besluite op feite grond, is dit reg. Maar ongelukkig diegene wat teen die inentings is navolgers van samesweringsteorieë

Johan ·

Natuurlik is dit jou keuse…net soos om ‘n masker te dra.

Noels244 ·

Teen hierdie tempo gaan ek 50 wees teen die tyd wat ek dit kan kry

tweeling ·

So hoe lyk die steek proef. 10 000 mense uit 1 miljoen gevra? Is julle nommers op feite gebaseer of aannames? die persentasies sê vir my niks as dit nie teen die totale hoeveelheid van betrokke taal groepe opgeweeg word nie. sekerlik is daar baie minder afrikaans sprekende mense as xhosa, maar 35% van die totale xhosa is baie meer as 42% van die totale afrikaans sprekend.

Jacobus ·

Sien op die grafika dat Engels nie ver agter is nie. Die stereotipering van taal en opleiding is bedenklik. Gebruik seker dieselfde statistiese analise as Mkuze en sy bende!

Fedup ·

Good that south africans don’t want that jab.
Me and my fam will not be taking it.

Hendrik ·

Solank diegene wat weier om ingeênt te word net nie deur ander se mediese fonds bydraes of belasting gesubsidiëer word om in die hospitaal behandel te word as hulle siek word nie, gun ek hulle hulle keuse. As hulle bygeloof in samesweringsteorieë my egter begin geld kos, is dit nie billik teenoor my en ander wat wel bereid is om nie ingeênt te word nie. Byna twee miljoen mense is al in die VSA ingeênt, met byna geen nadelige gevolge nie.

MakersMark ·

Presies ek stem 100% saam. Inentings is so oud soos mediese tegnologie, eerste een in die 1700’s gedoen. En dan is daar die domastrant bende wat die realiteit en impak van CV19 afpraat asof dit net ‘n verkoue is en daarom die dra van maskers en sosiale afstandhouding misken. Mense in die bybelse tyd het melaatses buite die stadsmure gehou. 3000 jr terug was sosiale distansiëring al gesien as ‘n manier om verspreiding van siektes te voorkom. In ‘n tyd waar daar nie sosiale media of elekroniese media was nie en slegs uiterse primitiewe mediese kennis beskikbaar was. In 2021 het ons nog steeds die “gray matter disadvantaged” wat sameswerings teorieë, regerings beheer of enige ander sinister rede gebruik om inentings of CV19 voorkomingsmaatreëls te boikot. Dalk is daar in die toekoms ‘n plek buite die stadsmuur vir hulle.

Dirk Mostert ·

Kyk na die grafiek van sterftes in Indie. Die laagtepunt stem ooreen met die begin van hul inentveldtog en die tempo van sterftes het sedertdien asimptoties gestyg. Tientalle sterftes in ouetehuise in Europese lande kort na entings is seker ook toevallig.

Annatjie ·

So nou is jy ongeletterd omdat jy nie die entstof vertrou nie, wat ‘n belaglike stelling

Tubac ·

Van waar ongeletterd? Hendrik se kommentaar praat glad nie van ongeletterdheid nie. Groot verskil tussen samesweringteoriee en ongeletterdheid

VaalDonkie ·

Is soos die storie met die keiser se klere. Dis mos net dom mense wat dink die ou is kaal.

Jeandre ·

Hulle werk al jare aan n cure vir kanker, HIV en kon dit nog nooit reg kry nie… Nee wat hou maar verby ons sal maar ons bees medisyne drink

Cherokee ·

Ongeletterde mense wil nie geënt word nie en 42% Afrikaassprekendes weier dit.
Klink na ‘n moedswillige teorie. Laat ek dan maar as ‘ongeletterd’ beskou word.
Ons mediese fonds het geleentheid verskaf om daarvoor te registreer,
en ons het dit afgelag.

Adam Adriaan ·

Die spreek woord sê “Time spend on reconnaissance”, is never waisted. Dit is ook ‘n feit dat tyd altyd die waarheid en die leuen, bevestig of weerlê. Ek stel voor dat almal genoegsame feite moet bekom, voordat daar ‘n besluit oor jou lewe en toekom gemaak word. Alle feite is beskikbaar jy moet net besluit wat is waar en wat is fals. Moet nie deur vrees en druk mislei word nie!!! Daar is altyd ‘n alternatief en meeste van die gevalle opsies wat beter werk. Ons lewe in ‘n bose wêreld

Chris ·

Ek vra ‘n slimgeleerde vriend van my, sal daar ooit ‘n teenmiddel wees vir HIV. Hy beantwoord my met, “hoe oud is die mensdom, en is daar ‘n teenmiddel vir ‘n verkoue” . Die Corona Virus is nou reeds 18plus maande in die wêreld. Daar is nou al die derde variant van die virus. Ek vra myself net af, teen watter variant gaan hulle my nou inent. Die eerste, tweede of derde. Ek dink daar is niks sinistêr agter die virus nie, behalwe die farmaseutiese bendes/geldskeppers.

tweeling ·

Chris daar is nou al baie meer variante – daar is sprake van 9 dwarsoor die wêreld

MakersMark ·

Jou “slimgeleerde” vriend het vergeet om jou te sê dat inenting nie ‘n teenmiddel is nie. HIV het ook nie ‘n “teenmiddel” nie maar mediese tegnologie laat wel toe dat mense met HIV dekades langer leef as sonder die anti retrovirale behandeling. Inenting berei jou immuunstelsel voor om die genetiese kode van die virus vinnig te herken en die teenliggame te produseer in ‘n aansienlike korter tyd as sonder inenting. So kanse is nog steeds daar om siek te word, net soos met verkoue en al sy variante, maar die vinnige respons van die immuunsisteem in die geval van inenting verhoed ‘n “weghol” infeksie en die opvolgende cytokine storm wat die geweldige skade aan die longe aanrig en hospitalisasie en dood veroorsaak. So die kans om CV19 te kry na inenting word met 75% verminder en die risiko om daaraan te sterf met 100%. En dit deur navorsing en tegnologie gebring aan die mensdom deur die farmaseutiese bendes en geldskeppers. Vertel dit vir die “minder geleerde” vriend.

Charles ·

Die farmaseutiese bedryf het die mediese wetenskap meer as honderd jaar terug gekaap, voeding is vervang met pille.

MakersMark ·

Jy kan eet wat jy wil elke dag as jy ‘n groot genoeg virale lading inneem sal jy dit kry. Nie noodwendig baie siek wees of doodgaan nie maar genoeg om dit aan ander oor te dra. Weet nie wat pille met inentings uit te waai het nie. Mediese wetenskap sluit die gebruik van farmaseutiese middels onder andere in nie andersom nie.

Roebs ·

werk elke dag met dit “ons” mense gaan dood verstaan dit jou ma, ouma, pa, oupa familie gaan dood…. mense dis hartseer om te sien hoe mense nie by hulle geliefdes kan wees wanneer hulle dood gaan nie. Dis hartseer om te sien. Dit bly jou besluit maar ook jou besluit om te weet jy kon iets doen.

Francois Le Cochon ·

Dis omlat afrikaanssprekendes meer weet as kundiges.

MakersMark ·

99% sal nie verstaan jy is sarkasties nie hul sal saamstem.

Francois Le Cochon ·

Makers Mark vernietig my swak breinselle, dan gee die gesonde breinselle wat oorbly aan my merkwaardige observasie vermoe!

Mariana ·

Ek dink dis ‘n persoonlike keuse. Ek stel nie belang nie,maar my man wel. Ek vertrou die regering met niks, hoekom hulle vertrou met iets soos entstowwe.

gehasie ·

Mense wat dit neem kry nogsteeds C-19 plus hulle moet nogsteeds maskers dra en sosiale afstand hou. Dit van n middel wat glad nie na behore nagevors is nie!

Perdeby ·

Ag asb kry n lewe AFRIKAANSSPRENDES bou n brug en kom daaroor. Ek stel ook nie belang nie….. trots Afrikaans

Danny ·

Huiwerig? Nee, ons gaan net ‘n ding oop-oë in. Nie met oogklappe nie. Die Bybel praat van al die dinge, ek en my gesin weier net eenvoudig.

VaalDonkie ·

Die swartmense waarmeee ek praat is ook nie juis lus vir daai inspuiting nie. En ek blameer hulle nie.

Dirk Mostert ·

Dis seker nie om dowe neute dat Minister Dlamini wetgewing ingedien het om vervaardigers van entstof te vrywaar teen eise weens “beserings” en sterftes nie. As dit so veilig is, kan vervaardigers darem seker die verwagte enkele eise oorleef.

Jack ·

Ek weier dit slegs oor die totale wantroue in die regering en sy meelopers wat die vaksien verskaf. Daar is teveel duisterhede veral omdat die staat die enigste aankoper is en alleen die inentings doen wat hy nie die vermoee het nie. Iets ruik soos n rot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.