Afrikanerbond sê MRK verloor ‘alle geloofwaardigheid’ in saak teen Etzebeth

Die Afrikanerbond (AB) sê dit lyk of daar geen sprake is dat ʼn billike en regverdige proses gevolg word om die Springbok Eben Etzebeth te probeer vervolg nie.

Dit volg ná die Menseregtekommissie (MRK) in Augustus ʼn klag ontvang het oor ʼn beweerde bakleiery buite ʼn kroeg in Langebaan aan die Weskus. ʼn Man beweer hy is deur ʼn groep mans aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou. Etzebeth was glo hierby betrokke.

Hy het vroeër al ontken dat hy enigiemand aangerand of rassistiese aanmerkings toegesnou het tydens die voorval.

Jan Bosman, voorsitter van die AB, het Vrydag gesê wat ook al op die betrokke aand in Langebaan gebeur het, moet objektief en regverdig beoordeel word. “Indien enige kwetsende taal gebruik is, moet dit met bewyse gestaaf word en moet die reg sy verloop neem,” het Bosman gesê.

“Die kern is egter dat feite objektief en regverdig beoordeel moet word. Dit word al hoe meer duidelik dat Etzebeth die spilpunt van die perfekte storm geword het, aangeblaas deur ʼn klomp individue wat later betrokke geraak het. Van ʼn regverdige en billike hantering deur die MRK is daar nie sprake nie en indien enige persoon dalk nog getwyfel het oor balans en konsekwentheid by die kommissie en optrede binne hulle mandaat, moet dié geval enige twyfel uit die weg ruim.”

Bosman het gesê selfs Beauty Dlulane, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport, kuns en kultuur, het krities gereageer.

Dlulane het gesê die saak is sensitief en moet met sorg hanteer word. “Die saak kon baie anders hanteer word en SA Rugby en die MRK moet die manier hoe hulle hierdie tipe sake hanteer, verbeter. Die benadering om hierdie sake te hanteer moet korrektief van aard wees, en nie ʼn vernedering in die media van mnr. Etzebeth nie en nie die aandag aftrek van Suid-Afrika se deelname aan die Wêreldbeker nie.”

Bosman het gesê die MRK se optrede getuig nie van konsekwentheid nie.

“Die afgelope paar jaar het die MRK duidelik gedemonstreer dat dié grondwetlike instelling nie in staat is om sy grondwetlike pligte na te kom en af te dwing nie. In sommige gevalle is die MRK baie vinnig om uitsprake te lewer ten opsigte van regte wat geskend is, maar wanneer dit polities riskant is, kan individue woer-woer speel met die MRK. Die SAMRK het homself uitgerangeer as saakmakende instelling op die terrein van die handhawing en bevordering van menseregte en het reeds alle geloofwaardigheid verloor,” het Bosman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Ruiklont ·

Dit is duidelik dat die regering en sy bondgenote al wat blank is uit die kand wil jaag. Die trawante doen omtrent net wat hul wil, (staatskaping as voorbeeld met “ons sal jul nie nou al dood maak nie”) as maar net twee voorbeelde. CR moet begin wys of hy wel in beheer is en of hy wel wil hê die blankes moet deel wees van die toekoms van SA en begin optreë

Hartseer ·

As jy blank, bekend en geld her waarvoor jy hard gewerk het, bly uit commin bakleiery uit, bly uit die openbare oog waar mense voordeel uit jou kan trek. Mense raak desperaat om op maklike maniere geld te bekom, want hulle wil nie eerlike werk daarvoor doen nie, en die MRK val so reg in hul hande om as pionne gebruik te word. Die klomp by die MRK is te dom om dit agter te kom. Mense, dink voor julle reageer in die openbaar, op tweets en ander sosiale media of oor die foon. Ons word uitgelok en dan op getrap. Moenie ‘n slagoffer van hierdie commin goed word nie. Draai om en stap weg, sit die foon neer en scroll verby.

Fred ·

Stem Saam…net geld en polities gewin….maak n rassistiese klag en sit agteroor….die MRK en andere Sal die klag vir jou gratis verder vat…..dit is n Sirkus…..

At ·

MRK is soos sy meester…hul wil SA so ongemaklik as moontlik vir blankes maak. Al is Eben onskuldig, sal die eensydige MRK en sy meester vir Eben skuldig bevind. MRK is soos die KGB…net ‘n marionette.

Spook op thaba ·

Netnou op die radio gehoor die beweerde slagoffer eis glo n miljoen rand van Eben E. Dit gaan nou net oor geld. Ek glo glad nie dat Eben E skuldig is nie

JV ·

Dit is nou al deur en deur bewys dat hulle n rassistiese instelling is. Niks word aan die eff, blf, ens, ens gedoen nie. Ek het zero vertroue in die MRK

Apie ·

Stem 10000% saam met Mnr. Bosman in die berig. Die MRK behoort ontbind te word.

Winx ·

Ja nee… die skippie van hul “geloofwaardigheid” het al lankal geseil en julle skrik nou eers wakker. Wil al vir my voorkom of blankes in dié land nie as “mense” met “regte” beskou word nie. Waar is die burgerregte organisasies? Waar is die VN ? Ek kan aan vele punte van my menseregte as wit landsburger dink wat geskend word… ook onder ons sogenaamde Grondwet… en as belastingbetalers is ons defnitief nie die ANC se prostitute uit wie net geld gemelk kan word tot hulle voordeel en plesier nie.

Philip ·

Snaaks dat die afrikaner of ou broederbond nou kla, hulle was van die voorbokke met die verraad teen die Afrikaner.

B ·

Inderdaad Philip, hulle het die tiertjie met die hand grootgemaak, en nou?

Dink die AB se geloofwaardigheid is op dieselfde vlak as die van die MRK, die geskiedenis beoordeel julle alreeds.

Die tirannie gaan nog toeneem, ons moet ons veiligheidsgordels maar styf vasmaak vir die rit.

Werner ·

Ja hulle het ons veraai sonder om n oog te knip hulle geloofwaardigheid is lankal in die drein af

Koos de Meyer. ·

Wie is die mrk nou eintlik. Eensydigheid soos dit vir my wil voorkom. Hulle is gou om teen blank op te tree. Maar die ander kan sê net wat hulle wil, rassistiese uitsprake, haat aan blaas en daar word niks aan gedoen nie. Hulle geloofwaardigheid laat veel te wense oor. Hulle gaan op hoor sê en vat ‘n klomp medelandsburgers wat self gekuier het se woord. Die hele storie is siek.

Msp ·

Die mrk is die grootste rassistiese organiesasie in Suid Afrika en moet ontbind word. Hulle is net so erg soos die blf en eff.

Wettoepasser ·

Vuilwerk om geld teen Etsebeth te eis. Deesdae se wette word maklik gebuig en misbruik deur jammergatte. SA se wette kan nooit regverdig toepas nie. MRK = MeerRotteKommissie

Ib ·

Dit was nie eers rasisme nie. Dis wet in Suid-afrika dat enige klagte van wit man teen swart moet rasistiese klagte wees. Enige iets anders om is net aanranding

Snuffels ·

Sien gou n kans om n Paar rand te maak. As dit nie oor die geld gaan nie, skenk Dan die geld aan liefdadigheid.

aj ·

Leer die MRK ‘n LES!

Hulle is ‘magsDRONK’ en kort ‘n ‘reality check’!

1. Kla die SA MRK aan by die internasionale MRK vir rassisme!

2. Smeer hulle met ‘Crimen Injuria’ eise vir ‘karaktermoord’ op Etsebeth!

Hierdie geveg gaan interessant raak!

JR ·

Soos ek die storie lees sê die ou wat die klag gelê het hy is deur n GROEP aangeval maar hy klae net vir Eben aan nou Eben is nie n groep nie hy is een dit wys jou die ou se storie maak nie sin nie hy soek niks anders as geld nie en toe taken hy vir Eben

Heinrich van Zyl ·

Die MRK het eers onlangs geloofwaardigheid verloor.
Die Broederbond het al geloofwaardigheid verloor nog voordat die MRK bestaan het.

JohanL ·

Die berig gaan oor Afrikanerbond – nie die Broederbond nie.

Die Afrikanerbond het opgestaan vir die Afrikaanssprekende maw ‘n bepaalde groep. Net soos die PAC vir die swartman opgestaan het. Die MRK is veronderstel om objektief te wees en hy is dit nie. Die Jones vent – ek hoop indien EE wel onskuldig bevind word, wil ek hom persoonlik se ek VRA ook net vir ‘n verskoning.

Roelf v Niekerk ·

Wat my dwars in die krop steek is dat daar ABSOLUUT niks teen die BLF en EFF se haatspraak gedoen word nie Die MRK ondersteun haatspraak soos dit hulle pas Haatspraak is SLEGS vir wit teenoor swart en kleurlinge en gladnie andersom nie WORD ASB BAIE VINNIG WAKKER MRK en doen julle werk reg

Linda ·

Tyd dat Rassie Erasmus vir Etzebeth huistoe stuur om die gemors waarin hy is hier te kom uitsorteer, asook vir Mapimpi huistoe stuur omdat hy in Japan sy rassisme wys !!!

Susan vl ·

Daars hy skuldig nog voor n hofsaak gehou word.
Nou is dit al ń klomp wat saam geldgierig raak.
Rerig.. rerig….
Siek.

A ·

Volgens die media is dit ‘n hawelose. Nou wat het hy by die yacht club gesoek in die eerste plek. Het hy die moeilkheid vetrorsaak

Adam ·

Die AB maak net een fout en dit is dat die MRK nie sy geloofwaardigheid verloor nie, Dit het nog nooit enige geloofwaardigheid gehad nie.

Kolskoot ·

Sekere mense wil n geldjie maak vir n braai belaglik siek verby laat ons saamstaan hul moet versigtig wees Eben kan dalk n eis indien vir naam skending jy vat nie die Ysterbeds aan sonder handskoene nie

Cillie ·

Ek stem absoluut saam MRK is hand op die blaas met die eisers oor die geld. Iemand moet n ordentlike prokureur kry wat die gemors kan uitsorteer

JJ ·

Wanneer daar n bravo in jou huis kom vloek jou “white pig” we will murder you tonight. Skiet die boere. Wat doen die MRK. Moet net nie een n H of K noem nie. Maar hy kom in jou huis en vat jou Mense Regte weg. DIE MRK moet nou verduidelik wat is ons mense regte. Blankes wat in hulle huise vermoor word omdat hulle blank is.

Frik ·

Die klomp wat agter hierdie heksejag sit, is die tipes wat rassisme probeer tart uit ander. Skoorsoekend, soos n brak wat heeltyd aan jou hakstene byt.

Anoniem ·

Ons Vader in die Hemel gaan die Regter wees want iets is net nie pluis nie !

JV ·

Boang Jones se aanval op Etsebeth gelees waar hy die gemeenskap van Langebaan toespreek. Hy sweep die gemeenskap op, saai verdeeldheid tussen rasse. Hy vra die gemeenskap om met plakkate by die hof op te daag. Die man is n erge rassis. Hy vind Etsebeth al klaar skuldig vir poging tot moord.

AndrewL ·

Dit wil voorkom asof kick-backs al beter word, dus moet sake vermeerder.

wiehan ·

Ek sien gisteraand op die nuus dat elke eiser wil he Etsebeth moet hul elk oor die R1miljoen skade vergoeding betaal. DUS, dit gaan oor vinnig geld maak uit ‘n persoon wat geld het, dit is hoekom hul so aangaan oor etsebeth en niks se oor die ander mense nie.
BELAGLIK

GL ·

Hy is onskuldig en hier kom n groot geveg. Terloops wat van daai mandela vroumens wat gese het alle Blanke Suid Afrikaanse Mans is verkragters, hoekom word sy nie gestraf nie.

Rm ·

Ongelukkig kan verstand nie gekoop word nie, daarom lyk afrika soos hy lyk

Michael P ·

Die wat hom so aanval moet aangekla word vir valse rassehaat. Is dit nie wat nou die dag op M M gese was oor die Poliesie nie? En is die Jones dan nie deel van die MRK wat regverdig moet op tree nie. Kyk hoe klink hy op tv nou die aand soos Malema en Andele.( GROOT RASSIS) nou hoe kan so n persoon by die MRK werk.

Hannetjie ·

Ja die MRK is ook ‘n enorme vreter van geld uit staatskas….blankes word geboelie.Tyd dat hulle ook reggesien word

koos ·

Die media word toegegooi met hierdie soort van aanval teen die blanke. Wat “n wonderlike geleentheid vir die Afrikanerbond tesame met die FW de Klerk Stigting en voeg daarby Roef Meyer, om hierdie saak te gaan onderhandel. Die kanse dat hul gaan wen is ongelooflik goed, hul het die blanke uit hul posisie onderhandel so hier is hul kans om Etsebeth uit sy probleem te kry.

Swart Piet ·

As die MRK so fluks is met Die BLF, EFF en ANC se rassistiese houdings en uitsprake dan sal hulle houding nou dalk verskaan word, maar nee dis mos ni wit man wat kwansuis gefouteer het.
SPUL TWEEGAT JAKKALSE!!!!!

Tante ·

Eben bly weg van hierdie land en vasteland hier gaan hulle jou nie laat gaan ooit hul sal jou skuldig vind of jy skuldig is of nie jy het n wit vel en so sal hul almal met wit velle uitroei hier. Paddas wat se water stadig warm gemaak word todat dit te laat is

Gesiggie ·

Ja ou Eben, die ou het n kans gesien en hy het dit gevat? ek glo nie jy is so n soort persoon. Die man is agter die geld aan, hoop die saak kry gou einde sodat jy ook kan aangaan met jou lewe… plaas baie druk onder jou. Sterkte

Bondeloos ·

Die Afrikanerbond (‘n geheime organisasie) is die ou Broederbond met ‘n nuwe naam. Die Afrikanerbond is nou “geloofwaardig”………??

Verkeerd ·

Die Afrikanerbond is in 1879 deur “Onze Jan” Hofmeyr in die Kaap gestig en die Afrikaner Broederbond is in 1918 in Johannesburg gestig. In 1929 het dit ‘n geheime organisasie geword en was toe bekend as Broederbond. Die FAK het die openbare vleuel geword van die organisasie. So die Afrikanerbond is NIE die ou Broederbond nie.

Toe Nie ·

@Verkeerd

Jy het vergeet om te noem dat die twee organisasies intussen lankal (in die geheim) saamgesmelt het. Lede het oorgeloop en beide was toe gekompartementeer binne die BB/AB, wat van die begin af (heimlik) binne die VM gekompartementeer was sonder dat enige lid daarvan geweet het (ook omdat die BB en die VM in die openbaar kwansuis as “vyande” van mekaar geklassifiseer was). Alles werk op die beginsel van: Geheime organisasies bínne geheime organisasies – alles op die ou einde deel van die VM, en op sy beurt weer (gekompartementeer) binne die Illuminati.

Leon ·

Ai geloofwaardig vanwaar Gehasi! Die selfde wolwe in die gewaad van bedrog

Mathys ·

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (South African Human Rights Commission), moet hulle naam verander na Die Suid-Afrikaanse sekere mense regtekommissie (South African certain human rights commission), want net sekere mense het mos regte in hierdie Orwelliese gekaapte staat? Wanneer ‘n woordjie, deur diegene sonder mense regte ‘n woordjie uiter, dan word daar spoedig opgetree om ‘n ou tannie, wat die slagoffer van misdaad was, wat weer ‘n slagoffer van die mees onbekwame persoon se weiering om haar te help, terwyl hy haar lankal as ‘n rassis uitgekreit het, wat natuurlik sy regverdiging was om haar nie te help nie en van wie sy dan ‘n verdere slagoffer geword het, toe hierdie tannie uiteindelik in wanhoop en frustrasie so woedend was, soos die bybelse ou (kannie onthou nie) wat sy klere geskeer het (wie kan onthou?) en toe eenkeer, net een dingetjie se, toe sterf sy agter tralies!!! Wanneer diegene, wat dan nou duidelik nie regte het nie, die slagoffers is van materieel omskrewe misdrywe, dan is hierdie sisteem, wat blitsvinnig te werke gesien was, niet bestaande! So ‘n minnie bureaukrasie van ‘n administrasie waar een instelling die R-woord mense vervolg en die ander ene weier om te vervolg en kriminele help, instaatstel en toelaat om dwelms aan R-woord mense se R-woord kinders te verkoop (Pretoria noudiedag, 2 SAPD lede?), alles in die naam van gelykheid en ander deugtes, wat deur die sosiale geregtigheidssoldate namens mensies, wat nie self hulle lot kan bepaal nie, van stapel gestuur word.

Mathys ·

Skuus vir die herhalings en so daar in my woede, maar ek het nou aan ‘n grappie gedink, wat is die verskil tussen die menseregtekommissie en ‘n hottentotsgod? Die een word deur voorheen benadeelde individue aanbid en die ander is net ‘n onskuldige gogga. Wat snaaks is, is dat dit die Engelse is wat diskriminasie aan ons nasie voorgeskryf het in die Engelse reg wat hulle hier laat geld het, met die engelse wette, wat op die Engelse reg handboeke geskrywe staan, wat voorgeskryf word aan studente van die Engelse reg in Suid-Afrika! Die allesomvattende (PR) Publieke verhoudings en media veldtogte wat hulle moes koop, teen watter bedrae? Om die Afrikaner die slagoffer (Scape goat (nie victim)), die straf te laat ontvang vir hulle afskuwelikke boosheid, is verregaande, dit kraai ter hemele!

Hans ·

Stem saam met skrywer. Die MRK moet indringend deur ‘n onafhanklike Kommissie ondersoek word.

stoney ·

Dit help ni om kommentaar op hierdie blad te lewer nie. Sommige mense laat my dink aan die MRK!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.