Afrikanerbond vra vuurwapenwysigings moet teruggetrek word

(Foto: Unsplash)

Die Afrikanerbond meen die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet moet in sy geheel teruggetrek word.

Jan Bosman, hoofsekretaris van die organisasie, sê die Afrikanerbond se omvattende ontleding en kommentaar op die konsepwetsontwerp is Sondag by die Burgerlike Sekretariaat vir die Polisiediens ingedien.

Die voorgestelde wysigingswet verander verskeie gevestigde regte van vuurwapeneienaars en beperk sekere regte en kriteria om ʼn vuurwapen te besit. Verskeie van hierdie regte wat aangetas word, word in die Grondwet beskerm. Die wysigings behels onder andere:

  • dat selfverdediging nie meer as rede aangevoer kan word waarom ʼn vuurwapenlisensie aan ʼn persoon toegeken behoort te word nie;
  • minder vuurwapens vir toegewyde jagters;
  • geen privaat versameling van vuurwapens word toegelaat nie; en
  • geen herlaai van ammunisie word toegelaat nie.

“Die Afrikanerbond is ʼn Afrikanerbelange organisasie met lede in alle vertakkinge van die samelewing en verspreid reg oor die land,” voeg Bosman by. “Vuurwapens is ʼn integrale deel van die uitlewing van ons kultuur, of dit nou is vir die doeleindes van jag, skyfskiet, selfverdediging of vir die versameling van erfenisstukke is. Dit is in dié konteks waarom ons graag reageer op die voorgestelde Vuurwapenbeheer Wysigingswetsontwerp.”

Bosman sê die Vuurwapenbeheer-konsepwetgewing word gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg en in die geval is dit vuurwapenonteiening van Suid-Afrikaanse burgers. “Wanneer enige eiendomsreg bedreig word hetsy dit grond of vuurwapens is, moet dit op dringende basis hanteer word.”

Volgens Bosman word vuurwapens, meestal onwettig, ook gebruik tydens plaasaanvalle, huisbetredings, motorkapings en onder andere moord op vroue en kinders. “Met ‘n disfunksionele polisiemag wat effektiewelik deur al meer privaat sekuriteitsmaatskappye vervang is, het die siviele bevolking ʼn groot behoefte om hulself te verdedig  en wil hulle wettig vuurwapens besit om dit wel te kan doen.

Bosman meen die proses van die voorgestelde Vuurwapenbeheer-konsepwetgewing ontwapen wettige eienaars en maak hulle doelbewus die prooi van onwettige vuurwapen hanteerders en misdadigers wat hulle nie steur aan die wetgewing nie. “Die grootskaalse ontwapening van wetsgehoorsame burgers kan nie gebeur in ʼn omgewing waarin misdaad floreer nie. Die staat sal eers sy eie huis in orde moet kry alvorens daar gedink kan word aan enige wetsontwerp wat vuurwapenbesit en beheer inperk.”

Die organisasie het ook op 26 Julie die polisieminister skriftelike genader en versoek dat die voorgestelde wetgewing in sy geheel onttrek moet word. “Ons het nog nie ʼn reaksie op die skrywe ontvang nie.”

Klik hier om die Afrikanerbond se kommentaar en korrespondensie te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Hierdie gewysigde stupid wet moes in die 1ste plek nie eers opgekom het nie! Hoed, ons is meer bekwaam as jy of jou nuwe “wannabe rambo’s” om onsself te beskerm! Misdadigers kom eet nie koek of drink tee nie hulle wil ons vrouens en kinders verkrag en vermoor! Laat jy gaan met die wet! Ek gaan nie ‘n krimineel word vir jou nie oor die vertraagde wet nie!

annie ·

Ons weet mos hoekom dié wetsontwerp en die een oor grondonteiening-sonder-vergoeding saam voor die wa volgelaai met wit eiendom ingespan word. Die VN het juis ook ‘n afdeling gestig wat die verontregting van swart Afrikane moet ondersoek. Nou wil ons mooi briewe skryf en besoeke aflê om ons gevoelentes, regte en bedreigings te verduidelik. Bloed en rooi ligte skyn rooi. Wat het in Natal gebeur? Het Cele toe gaan keer? Nee. Hy het by sy ou vriend Zuma besoek afgelê wat CR goedkeur.

Werner ·

Wel as hulle nie in Natal gesien het hulle is nie bevoeg om ons wapens te kan vat nie.Gaan dit n baie duur les wees.

Persheks Adri ·

Stem saam Werner! Daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie!

Anoniem ·

Cele wil nie hê ons moet ons self beskem nie. Hy probeer ‘n lafhartige manier om vinnig van ons ontslae te raak. Die wiel neem partykeer lank om te draai maar hy sal moet wakker slaap

Jack ·

Die anc het nog nooit na advies wat goeie gronde het geluister nie veral komende van die wit instansies. Die vlak van onwettige vuurwapens gaan bloot vermeerder ons word gedwing in daardie rigting weens stygende misdaad en swak regering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.