‘Afrikaners het genoeg gedoen vir versoening in SA’

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigine. Foto: Verskaf

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigine. Foto: Verskaf

Die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum het in 2016 ʼn meningspeiling gedoen as deel van ʼn nuwe projek om Afrikanerpersepsies en -menings te toets.

Volgens Johan Jansen van Vuuren, woordvoerder van die FAK, het “70% van die respondente gevoel hulle het al genoeg gedoen om versoening in Suid-Afrika te bewerkstellig”.

“Daar het ʼn behoefte by ons ontstaan om te weet wat Afrikaners dink van sekere kwessies in Suid-Afrika. Ons het sekere temas geïdentifiseer waaroor ons Afrikaners se menings wou toets en die eerste resultate word in hierdie verslag gepubliseer,” het hy gesê.

Die volgende terugvoer is onder meer ontvang: 94% van respondente voel Afrikanerorganisasies is nodig om Afrikanerbelange te beskerm; 93% dink die ANC dwing hul vertolking van die geskiedenis op ons af; 65% is bekommerd oor ʼn toekomstige rasse-oorlog; en 24% van manlike “Millennials” (18-35 jaar) is skaam om in die openbaar te sê “Ek is ʼn Afrikaner”.

Die vraelyste wat die sentrum ontvang het, is deur middel van faktoranalise ontleed, waarna sekere temas geïdentifiseer is wat in opvolgstudies verdere aandag sal geniet.

Volgens Van Wyk was die doel van die opname nie om ʼn streng verteenwoordigende deel van die bevolking te betrek nie, maar eerder om relevante temas te identifiseer. Die ontleding van die terugvoer sal ingesluit word in ʼn omvattende opvolgverslag, wat in September 2017 gepubliseer word.

Die huidige verslag word in twee dele beskikbaar gestel.

Deel een kan nou reeds gratis afgelaai word by http://www.npvanwyklouw.org.za/publikasies/np-van-wyk-louw-sentrum-versla .

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris

Ek lees en neem graag kennis van meningsopnames. Ek is maar ook skepties oor die resultaat daarvan maar probeer objektief daarna te kyk. Ek stem met die meningsopname saam. Ons, die Afrikaner het nou genoeg askies gepleit. Eerstens weet ek nie hoekom het ons in die eerste plek askies gevra nie. Ons pleidooie het in elk geval op dowe ore geval.

WitBlits

Interessante bevindings en wat maak die FAK nou daarmee?
‘n Verslag is goeie tydverdryf vir die persoon wat dit uitvoer, maar as die bevindings nie tot lei tot aksiestappe wat geneem word nie is dit vrugteloos!

ME

Soos wat daar jara na die Holocaust steeds soldate in diens van Hitler aangetree was om in die hof te getuig, suksesvol verhoor en gevonnis is, sien ek uit na die dag dat daar in SA ‘n regsman kan opstaan wat Frankryk en Nederland hof toe kan sleep oor die gemors waarin die blanke hom in SA bevind. As Jan van Riebeeck as banneling nie SA toe gestuur was nie, was ons nie nou hier nie en het die belasting las om 5 miljoen mense van noodsaaklike dienste te voorsien nie op die skouers van 5 miljoen belastingbetalers gerus nie.… Lees meer »

Verwonderd

Ek stem saam… Is dit nie maar net die skuldgevoelens van wit mense wat hierdie staat nog laat rond dobber nie. Hulle eis van ons alles en gee niks nie. Nie meer nie. As jy nie werk nie eet jy nie. ‘n Mens loop nie rond en laat mense skuldig voel, sodat hulle jou kos in die hande stop nie. Genoeg is genoeg.

FM

Ons Afrikaanse kultuurmense se hand van versoening is deur die anc weggeklap omdat hulle vere voel vir plaasaanvalle en plaasmoorde.Hoe kan jy n regering vertrou wat hierdie volksmoord toelaat? Zuma sal eerder aanhou met sy retoriek dat witmense die grond gesteel het. Hoe op aarde kan daar rasseharmonie wees met n president wat sulke rassehaatuitsprake maak. n President is veronderstel om die simbool van versoening in die land te wees. Hy en malema het rassepolarisasie veroorsaak. Punt!!!!!!!Ons Afrikaanse kutuurmense moet ophou om nice te wees. Ons was nice, maar ons is ge-ignoreer. Nou stop dit!!!!