“Afrikaners is in rou”

Annie Erickson

Annie Erickson

In haar interaksie met Afrikaners het sy, tot haar eie verbasing, agtergekom dat Afrikaners eintlik in rou is. Só sê Annie Erickson, ʼn Amerikaner wat die afgelope sewe jaar in Suid-Afrika woon.

In ‘n brief aan Maroela Media het Erickson gebieg dat sy, weens die prentjie wat die Amerikaanse media van Suid-Afrika geskets het, nog altyd gedink het Afrikaners is die “bad guys” wat vir apartheid verantwoordelik was. Maar, sê sy, haar interaksie met Afrikaners het haar tot ander insigte gebring in die afgelope sewe jaar.

Erikcson, wat navorsing doen oor gemarginaliseerde vorms van rou, sê sy het besef Afrikaners is ‘n gemeenskap wat in rou is.

“Daar is ‘n jong geslag wat die ‘sondes van hul vaders’ dra, ʼn middelgeslag wat hul werk verloor het as gevolg van regstellende aksie, en ʼn ouer geslag wat bitter is omdat hulle verraai voel deur ‘hulle’ regering,” sê sy. Hierdie gemeenskap ly as ‘t ware aan ‘n vorm van post-traumatiese stres, maar die politieke klimaat gee hulle nie die ruimte om te rou oor hul verlies nie.

Sowat ses maande nadat sy na Suid-Afrika getrek het, het sy tot die besef gekom dat almal in Suid-Afrika die “bad guy” en die “good guy” is, sê sy.

Erickson het die volgende twee jaar elke boek wat sy kon, gelees oor Suid-Afrika. “Aan die einde van die twee jaar het ek berou gehad vir die feit dat ek aan die begin so arrogant was. Ek weet nou genoeg om te verstaan dat ek baie min geweet het, indien enigiets.”

Erickson doen ook navorsing oor spirituele leiding, en is daarop toegespits om ruimte te bied aan mense om hul verliese te betreur in gemeenskappe wat nie die nodigheid daarvan insien nie.

“Ek sien ʼn groep mense wat stadig uitgedruk word. Ek sien ʼn groep mense met geen politieke verteenwoordiging nie. Ek sien ʼn groep mense wat op hul beste oorleef, wat op die ergste nie kan byhou nie, maar selde floreer soos hulle moet. Ek sien ‘n groep mense wat in groot getalle emigreer. In kort, sien ek ‘n kulturele krisis onder die Afrikaners, sowel as ‘n groot stryd om te behoort en in hul eie land aanvaar te word. En dit grief my.”

Klik hier om Erickson se volledige brief te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

carel ·

ja en hier gaan een buitelander se ou oop…… net jammer dis nogal n bietjie laat….. maar laat ek jou net eending vertel mev – ons is nog steeds trots afrikaans en ons is nie skaam nie – die nuwe regering bewys maar net dat al on voorvaders se besluite en handelinge gegrond was en dat die nuwe groep meer rasisties is as wat ons afrikaners ooit was…..net jammer al die slim mense wat nog altyd oor ons praat het nie n idee waarvan hulle praat nie…

Rina Pretorius ·

Ek haat dit as hulle verwys na die sondes van die vaders, ek wil jou een ding vertel, ons voorvaders en vaders was mense van sterk oortuigings en hoe standaarde wat nog diep gelowig was, hulle was die mense wat die land begin bou het. Daardie tye was ons God nog in tel. Wat het verkeerd gegaan met die huidige geslag. Ek dink dekades later kan daar wel gese word die sondes van die vaders. Ons ken God nie meer nie so die sondes begin eintlik in ons huidige samelewing. Proof me wrong please.

Dirk Jansen van Rensburg ·

Rina,

Ons voorvaders was gelowiges, ja. Hulle het vriendelike ooreenkomste met baie van die ander bevolkingsgroepe gehad. Daar was selfbeskikking vir almal en geen onderdrukking van een groep nie.

Toe kom die ABO, waarin die Boere hulle ooreenkomste met, o.a. die Tswanas, geëer het en hulle gehelp het om hulle besigheidsregte in Mafikeng te behou.

Maar dit was verlore. Die Engelse het oorwin en hulle wil op ons afgedwing. Een van die Boere se versoeke tydens die vredesonderhandelings, was stemreg vir die swart bevolkingsgroepe. Dit is deur die Engelse van die hand gewys.

Toe kom die periode, waar ons onder Engelse beheer hier gewoon het. En ons het by hulle geleer haat. Geleer om te verdruk en te gebruik. So goed het ons daarmee geword, dat ons die Bybel begin gebruik het om dit te regverdig.

Daar het ons ons onskuld verloor. As jy enige plek in die Woord kan wys, waar die Messias die onderdrukking van iemand anders goedkeur, verander ek van opinie.

Ons moet nou deur die gevolge van daardie haat leef. Dit is die sondes van die vaders.

Chris Greyling ·

“Die sondes van die vaders” se resultaat was die juweel van Afrika in terme van infrastruktuur, paaie, damme, JSE, Sasol en Yskor en so 50 ander soortgelyke prestatsies. Sonder hierdie ‘vaders” sou hierdie juweel nooit ontstaan het nie.

boer ·

Ek het onlangs op n groot projek gewerk waar daar baie mense van europa werk,en ek sal vir jou se:
met hulle aankoms hier, dink hulle ons mede landsburgers is hierdie arme onderdrukte groep mense,
wat te na gekom is in aprtheid. Na so 6 maande hier, dan sing hulle n totale ander storie,en vrae het kan ons met hulle saam leef, en self n klop se hulle kan sien hoekom daar apartheid was.

Dis slegs na 6 maande hier,wat van ons wat die afgelope 20 jaar gebuk gaan onder hulle?
Ons mag dalk in rou wees, maar ons is soos daai leeu in die sirkus, wat die heeltyd met n sweep gelaan en geslaan word,dat ons nie weet watter kant toe nie. Ek weet een ding en dit is dat die leeu se gedult op raak vir hierdie marteling waardeur hy tans gaan

Burger ·

Die kinders wat dra aan die sondes van die verlede is seker die hartseerste. Wie gaan hulle lei dat hulle bo -alles kan opstaan en uitstaan en oorleef ? Beslis nie die regering of kerk nie .

Elke ouer moet seker die vraag vra , hoe lyk die invloed wat ek my kind se lewe het ? Gee ek hom vryheid of maak ek my bagasie aan hom vas .

Die toekoms van hierdie land le in uitsonderlike ouers oor kleur grense heen, wie hulle kinders se toekoms eerste stel. Die grootste onreg teenoor n kind is om hom te vergiftig . Dit gebeur van swart tot wit en dan word dit nog onder die vaandel van geloof geregverdig. Dit sien ons nog so elke dag .

Deon Fourie ·

Al is ons by verre in die minderheid, moet ons nie moed verloor nie, maar terugkeer na die God van ons voorgeslagte. Bely ons sondes en keer terug na die voorskrifte van die Woord, dan sal die minderheid ‘n meerderheid wees saam met God.

Viv ·

Ai jakoos, dan hoef jy mos nie verder te worry nie ou swaer, dan’s daar mos net niks. Maar jy’s darem baie seker van jou saak ou maat- dis vir my altyd so verblydend van ongelowiges – hulle is so seker van hulleself. Hulle weet soveel beter as die arme ou gelowiges. Maar dis goed, want ons kan nie verloor nie – is daar n God, is ons gered. Is daar nie een nie, rus ons in vrede in die grond en vergaan tot stof terwyl die wurms ons eet. No problem.

Trippie ·

Ai ou jakoos. Jy het mos nou ‘n lekker lewe man! Wat worry jy nou? Of is jy bekommerd dat daar dalk tog wel ‘n God is?

andrea van vuren ·

Jakoos, dis mense soos jy wat opregte hardwerkende Christen gelowiges die harnas in te jaag ! Is jy doelbewus besig om tweedrag te saai? Hou op!

Henry ·

Baie dankie Annie Erickson!

Dat jy die moed van jou oortuiging het om die werklikhede wat die Afrikaner in besonder ervaar, waar te neem en uit te spreek.

Dat jy verby en deur die politiek korrekte Afrikaners en andere se snert kyk en eerstehands sien wat werklik in hierdie droewe land aan’t gebeur is.

‘n Regering en al sy kornuite wat nie eers die vermoëns of toewyding het om ‘n slaggat te herstel nie, sal ook ‘n staat en sy mense van een slaggat na die ander ‘bestuur’.

Is maar hoe dit is…

Illa Conradie ·

Ek stem 100% saam met Afriforum dat ons nie ‘n beter verlede kan maak nie, maar wel ‘n beter toekoms. Dis ‘n feit dat daar enorme kultuurverskille was tussen die inheemse bevolking en die destydse koloniste uit Europa, wat grotendeels steeds bestaan het in my grootwordjare op die Oos-Kaapse platteland in die 1950’s en 1960’s. Ek het dus nooit apartheid bevraagteken nie. Die fout wat apartheid gemaak het, presies soos segregasie oral in die res van die wêreld, was om die kultuurverskille net aan ras toe te skryf en dus onveranderlik te maak. Nou weet ons kultuurverskille is ‘n veranderlike en mense kan beweeg van een kultuur na ‘n ander, indien hulle rolmodelle het en bereid is om die moeite te doen. Ek het saam met my huishulp in die ry gestaan om te stem in 1994, maar was skaars terug by die werk toe ons firma begin “transformeer” het en ek het soos letterlik duisende ander my werk verloor en uiteindelik in groot mate my gesondheid van die stres. Ek maak my nie moeg met gevoelens van skuld of woede oor gedane sake nie. Die vele Afrikaanse kommentators wat gedurig hamer op die Afrikaner se “skuld”, irriteer my net oor dit gewoonlik gaan oor hulle openbare beeld. Ek lees tans Jane Raphaely se outobiografie en sy, soos al die Engelse met wie ek deur die jare saamgewerk het, irriteer my net soveel oor die gesanik oor die Nasionaliste, wat meer voortspruit uit hulle gevoel van meerderwaardigheid teenoor Afrikaners as iets anders, aangesien hulle hartlik geniet het van die voordele van apartheid. Selfs Helen Suzman van die Progge destyds het gekwalifiseerde stemreg bepleit, daar was nêrens ‘n een-man-een-stem-alternatief vir apartheid nie. Ek is en bly ‘n trotse Afrikaner en ek sal in vrede saamleef met elke persoon wat die Westerse kultuur met sy werksetiek en morele waardes nastreef, ongeag hulle kleur of geloof (tensy laasgenoemde ‘n verskoning is vir onaanvaarbare gedrag van watter aard ook al). Dit gaan vir my eerstens oor ‘n kultuur en leefstyl wat ‘n Westerse samelewing en ekonomie ondersteun, enigiets anders is gewoon nie haalbaar in die hier en nou nie. Ja, ek voel dikwels fisiek bedreig omdat ons huidige regering weer verval het in aanvaarding van ‘n soort barbaarsheid wat uit hulle vroeër kultuur voortspruit en waaruit baie van hulle ondersteuners nog nie ontsnap het nie. Maar ek het die volste vertroue dat die Afrikaner homself sal aanhou handhaaf en uiteindelik weer trots sal staan en ander ontvang wat onder sy bekwame vlerk wil inkruip, soos nog altyd gebeur het. Maar ek glo ons moet daardie deur oophou.

lillian ·

Ons voorvaders het geen sonde gepleeg nie, ons voorvaders het hierdie land gebou tot waar dit was voor 1994, ‘n pragtige land wat nou liederlik verwoes word deur ‘n groep wat beweer hul het alleenreg op alles in hierdie land, wat ons blankes ook insluit! OM daarmee te maak net wat hul wil!

Soms wens ek dat ons voorvaders NOOIT hierdie punt van Afrika gevind het nie, dat ons in ons lande van herkoms kon bly en nooit hierdie vergaan van ons land in die gesig hoef te staar, en niks daaraan kan doen nie …

Dis ‘n teer punt in my lewe, ek verag dié sulkes wat ons blankes verag, ek verag alles wat onjuis is in my land, my mense wat verkrag word, vermoor, mense wat hul werk verloor omdat hulle “te wit” is, net omdat die stigma steeds kleef dat die “wittes” alles het en niks verdien nie!

Dat die “wittes” verantwoordelik is vir al die verkeerde dinge van verlede.

Hierdie “wittes” werk hard vir wat hul bekom het oor die jare, NIEMAND, het ons “hand outs” gegee nie, en ons het nie gestaak en alles aan die brand gesteek as ons nie ons sin gekry nie!!!!!!!!

Maar my Lewende God slaap nie, Hy sien alles wat gebeur …

Grassie ·

Baie goed uiteengesit, Lillian. Ek wou ook kommentaar lewer maar jy het alles gesê wat ek wou sê.

Profeet ·

Ons Afrikaners moet net ophou om soos ‘n spul patete in ‘n hoekie te gaan sit en wonde lek. Staan op vir dit waarin jy glo! Moenie iets aanvaar wat nie reg is nie! Baklei vir wat jy wil hê, totdat jy dit kry! Nêrens in die bybel staan dit dat ‘n christen ‘n slapgat moet wees nie. Baklei terug. Dis ONS land hierdie!

Stefan ·

After reading Mrs. Erickson’s article I can totally understand her thoughts. I too felt the same way in the beginning but after traveling here several times over the last 18 years, perspectives change. Seeing the beauty South Africa has to offer and the quality of life (from the friendships during from kuiers), I emigrated here from California a few years ago. After studying South African history (yes, from different perspectives) and learned more about the different cultures, I was able to see South Africa through a clearer lens as a local would and not a foreigner…Knowledge is power! One of my favorite parts of this letter is that she learned how to “kuier”, something Americans need to learn. A big “thank you” to Mrs. Erickson and all who support and strengthen the Afrikaners because I feel this will in turn help make my new home of South Africa a better place for everyone.

Dan ·

Dirk Jansen van Rensburg, jy raak in die laaste drie paragrawe van jou skrywe die grootste snert denkbaar kwyt. Miskien moet jy kyk wat Lillian skryf sodat jy perspektief op sake kan kry en nie die snert wat jy deur kommuniste ingepomp word, blindelings glo nie.

Indien die Afrikaner in rou is, soos Erickson beweer, kan dit net ‘n derde van hulle wees. Die ander twee derdes het gestem vir hierdie bedeling en dus moet hul heeltemal tevrede wees met wat hier aan die gang is.

Hanno Visagie ·

Jou verwyt gerig aan die ja-misleides is ook al holrug gery. Ook ek het soos ‘n naiewe vet vis vir FW se teenwigte-gerusstellings geval…

Phillip G ·

@Hanno

Daai wigte en teenwigte van FW blyk toe al die tyd meulstene te wees. Gelukkig was ek van die wat nee gestem het, maar ek wil net vir jou sê welgedaan dat jy jou fout agtergekom het.

En ek stem saam om klippe te gooi na mense wat mislei was help niks. Gooi dit liewer na die misleiers hulle verdien dit, maar selfs dit is ‘n sinnelose daad want gedane sake het geen keur nie. Hierdie sinnelose kilpgooiery wek net gevoelens op in ons volk wat net tot onnodige verdeeldheid lei en boonop vermors dit ‘n enorme hoeveelheid energie wat elders beter aangewend kan word vir die vryheid van ons volk.

martie ·

Daar is nog so baie mense in die duister wat werklik in ons land aan die gebeur is en reeds gebeur het. Deon ek se Amen!!!!! op wat jy se; en jakoos wat kan ek se???? ek voel innig jammer vir jou en ek sal vir jou bid my vriend. Ek glo jy het nie ‘n bybel nie omdat jy nie glo dat daar ‘n God is nie maar elke mens wat op ‘n siek of sterfbed le of in nood is roep God aan, hoe verstaan jy dit!!!!

Google asb, Hosea 4:6 ; My volk gaan ten gronde weens die gebrek aan kennis, omdat jy die kennis verwerp sal Ek jou verwerp (die kennis is die Woord van God)

Hosea 6:1 Kom en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal verbind.

1 Johannes 5:19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wereld in die mag van die Bose le.

Spreuke 8:36 maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.

‘n Gebou is net ‘n aanbiddings plek maar my en jou liggaam is die tempel (kerk) van God, en dan moet ons die vrugte van ‘n christen dra, in 1 Korinthiers 3:17 staan oa, die tempel van God is heilig en dit is julle. (kan ook verder lees). Ek wil nie in die hande van die Lewendige God” val nie.

As daar nou werklik ‘n dag uitgeroep moet word is dit ‘n BID DAG!!!!!

esther coetzee ·

Uitstekende insig in ons situasie. Selfs diegene van ons wat voorspel het dat ons land verwoes gaan word deur die oorgang na die sg ‘demokrasie’ (swart oorheersing), het nie hierdie gemors verwag nie.

Ins Eksteen ·

Ek kon dadelik vereenselwig. ons het in die 80 jare as jong egpaar gaan stem teen apartheid omdat ons wil bou aan n gelyke regte vir almal. min wetend dat ons geslag met al die kennis eendag wanneer ons ouer is moet sukkel om werk te kry en dat daar teen ons kinders gediskrimineer word. Ons oudste kon nie plek kry en haar studies doen agv die veranderde SA nie. Ons jongste wat van 3 jarige ouderdom al n hartdokter wou word is nie toegelaat agv die kwotastelsel nie. Hy doen nou sy 2de graad. in fisioterapie sonder n beurs.
Ja ons glo in gelykheid en om saam te bou maar ons is net in n ander dimensie van apartheid wat gepaardgaan met n gulsige regerende party wat hulleself verryk. Ons is lief vir ons land en sy mense maar mis ons volkseie geskiedenis en kultuur.

Pieter Celliers ·

What a nice read. I will continue in Afrikaans as you would find the Afrikaans probably more learn some and perhaps a little more enjoyable. Dr. Chris Barnard was die eerste kardioloog wat suksesvol ñ menslike hart kon oorplant. Hy was ñ Afrikaner. Hy het Amerika toe verhuis. Die betekenis daarvan is veel dieper as wat dit op die oog af lyk. Afrikaners het ook ñ hartoorplanting ondergaan. Sommiges het in die buiteland gaan aansterk, andere tuis en andere het nie die nuwe hart aangeneem nie en soos mis voor die son weggekwyn en verdwyn. Die wat oorleef, het met ñ Suid-Afrikaanse hart oorleef……..maar nie geleef nie. Nie soos voor die hartoorplanting nie. Die nuwe hart, pols nie meer so sterk en vurig soos die ou hart nie. Die Afrikaner bloed druis nie meer so sterk deur die are nie en ja, die vuur en die vlam het ook maar verdoof. Miskien sal die liggaam van Afrikaners weer sterk word, maar dit sal nie weer met hul Afrikaner hart wees nie…….nee, dit sal wees met ñ Suid-Afrikaanse hart wat vlouer pols as die oue. Die ou hart is dood…….die ou hart is gedaan…….die ou hart is nie meer nie, en ons rou…….want dit was ñ lekker hart. Miskien sal ons die nuwe hart beter oppas en minder drink, minder vet van die vleispotte eet en ons nuwe hart meer oefening gee. De Klerk het ons ou hart uitgeruk, Mandela het die nuwe hart geplant, Mbeki het die borskas toegewerk. I don’t believe Afrikaners are in mourning I do believe they are learning to live with the new heart. The new heart, the foreign heart, the American heart will prolong our inevitable death (for death is certain and comes to us all) and all that remains is but a distant memory of what once were and never will be again. We will need Americans like yourself to come and teach us how to live with this foreign heart because live we must and live we will. Chris Barnard transplanted the first heart and then moved to America. We have lost our heart doctor we will need a new one

Peter Rossfour ·

Ek dink Maroela is tipies soos die “nuwe” voorheen-bevoorregte Suid-Afrikaner, te bang om sy sê te sê, te bang om aanstoot te gee.

EISH!

Henry ·

Ge-oordeel aan jou laaaang poging hieronder, het ek by voorbaat baie simpatie met arme Jakoos wat vir sy straf jou boek moet lees!!!

:-))

Peter Rossfour ·

Die kommentaar op Annie Erickson se brief is amper net so insiggewend soos haar brief self.
Jammer dat jakoos voel God bestaan nie, maar dis veronderstel om n vry land te wees, so jakoos is geregtig op sy opinie.
Ek besef dat ek, net so min as jakoos kan bewys daar is nie n god nie, nie kan “bewys” daar is wel n god nie. Maar wat beteken ‘bewys”? Kan ons werklik in die lewe enigiets bewys? Elkeen van ons sien die “werklikheid” deur die tronkmure van ons eie psige. Ons is almal, sonder uitsondering, gevangenes van ons gene, in watter bevolkings groep ons gebore is, wat met ons as kinders gebeur het, en hoe ons die aanslag van die lewe verwerk en beheer het, en vele meer faktore wat daartoe bygedra het om ons die ‘mens’ te maak wat ons op hierdie oomblik is.

Ek glo waar n groot deel van ons land se probleme op die oomblik vandaan kom is dat ons die fout gemaak het om in hierdie land die norm, ‘One man, one vote” toe te pas. Die blote verskil in rasgroep getalle het die land se toekoms onherroeplik geseel tot die van die res van Afrika.

Geskiedenis het bewys dat wanneer die “have-nots” (n uitstekende voorbeeld is die Franse rewolusie) nie meer kan nie, die “haves” dit bitter gaan berou (die Franse valbyl het oortyd gewerk).

Die dag in 1994 toe die sogenaamde “Rainbow Nation” gebore is, is die “nation” se doodsvonnis ook onderteken. Hoe kon enige een verwag dat dit nie die geval gaan wees nie. Dis soos wat gebeur wanneer jy n doos vol lekkers in n kleuterskool neersit sonder die nodige verantwoordelike toesig.

Hier was n land wat sterk gestaan het internasionaal, ekonomies gesond, vooruitstrewend, gebou deur sweet en harde werk, nie korrupsie en sieklike gulsigheid en nepotisme nie, en jy gee dit sonder toesig oor aan n groep wat nog nooit n land regeer het nie, wat nie eens die vaagste benul van die konsep van logiese verantwoordelikhied het nie, en oornag is hulle die mense wat die toon aangee, wette maak, en die reg moet handhaaf.
Nou kom die argument dat tradisioneel die “Wittes” alles gehad het, dit op n skinkbord aan hulle gegee is.Ja, dis waar. tradisioneel was die algemene blanke baie beter daaraan toe as die algemene swarte. Maar elke blanke wat iets bereik het, het bloed gesweet om daar te kom. En hier kom ons nou by die kern van ons argument, en dis seker hier waar ons van die “sondes” van ons voorvaders kan praat. Pope het gesê “Tis educaton forms the common mind. Just as the twig is bent, the tree’s inclined.”. Die Franse filosoof, Claude-Adrien Helvetius het geskryf, “Education made us what we are.”, en die Britse skrywer, G.K. Chesterton het gesê, “Education is simply the soul of society as it passes from one generation to another.”

Net so min as wat Annie Erickson verantwoordelik gehou kan word vir die onmenslike, verskriklike onregte wat haar voovaders aan die Rooi Indiane (Red Indians) gedoen het, kan ons van vandag, ek en jy, geblameer word vir die ongelooflike dom besluit om die basiese reg van onderwys van die swart bevolking van ons land te ontneem. Ja, dis waar dat tot vandag toe, onder ons sogenaamde demokrasie, n “vreedsame” optog in onsinnige verwoesting en plunder verval, maar as ons dit op die keper beskou, kom dit weer neer op die enkele feit dat ons voorsate besluit het die beste manier om die swart meerderheid te onderdruk is om hulle “dom” te hou.

Maar, aai Annie, ek stem saam, Afrikaans is soos jy dit stel, “With words like “spookasem”, “stofsuier” and “trapsuutjies”, how can one not love Afrikaans? It is a young language, it does not have a large vocabulary, but it is marvellously expressive and inventive.” n taal wat n ding kan sê . Wat ek nou wil sê is dat met die besluit om die massas dom te hou, het “Slim sy baas gevang”!

Ons het vir ons eie agterwêreld n stywe kweper lat gepluk. En dis hierdie lat wat ons Afrikaners nou laat les opsê. ons kinders uit ons universiteite uit hou, en van universiteite gepraat, toelaat dat eens trotse bakens van verdere onderwys soos Kovsies, en Tuks, en PUK, in skadubeelde van wat hulle eens was verval.

Dirk Jansen van Rensburg skryf hier bo, “Toe kom die periode, waar ons onder Engelse beheer hier gewoon het. En ons het by hulle geleer haat. Geleer om te verdruk en te gebruik. So goed het ons daarmee geword, dat ons die Bybel begin gebruik het om dit te regverdig.”

Toegegee ons as Afrikaners is deur die Engelse oorheers, maar ons kan nie ons eie vergrype op hulle blameer nie. Jy kan nie as jy besluit om jouself aan alkohol misbruik oor te gee, die wynboere blameer nie. Dis JOU besluit, niemand het jou daarin gedwing nie. Net so was dit ons voorsate se besluit. Wat dit natuurlik ver erger gemaak het was toe Malan dit “Apartheid” gedoop het, n woord wat internasionaal negatiewe reaksie uitgelok het.

Ons sou ver beter gevaar het as ons die Engelse wysheid nageboots het. Die Britse akademikus en skrywer het in sy boek, “Culture and Society”, geskryf, “A very large part of English middle class education is devoted to the training of servants …. In so far as it is, by definition, the training of upper servants, it includes, of course, the instilling of that kind of confidence which will enable the upper servants to supervise and direct the lower servants.”

Nou voor almal n hart aanval kry, ek sê nie ons moes die massas geleer het om bediendes te wees nie, wat ek wil stel is dat as ons die massas n gevoel van self-waarde gegee het, ons tans n meer gebalanseerde en minder haatdraende rassistiese samelewing sou beleef het.

Die pad vorentoe? Ek wens ek het geweet. Wat ek wel weet is dat n nasie wat God nie meer erken nie, n gedoemde nasie is, en Suid Afrika is amptelik beslis nie meer God-vresend nie.

Die kommentaar op Annie Erickson se brief is amper net so insiggewend soos haar brief self.
Maar voor ek begin wil ek net vir jakoos sê ek voel regtig jammer vir hom, want eendag, wanneer hy dit die minste verwag, gaan hy voor God te staan kom en dan wonder ek hoe welsprekend hy dan gaan wees.

Ek besef dat ek, net so min as jakoos kan bewys daar is nie n god nie, nie kan “bewys” daar is wel n god nie. Maar wat beteken ‘bewys”? Kan ons werklik in die lewe enigiets bewys? Elkeen van ons sien die “werklikheid” deur die tronkmure van ons eie psige. Ons is almal, sonder uitsondering, gevangenes van ons gene, in watter bevolkings groep ons gebore is, wat met ons as kinders gebeur het, en hoe ons die aanslag van die lewe verwerk en beheer het, en vele meer faktore wat daartoe bygedra het om ons die ‘mens’ te maak wat ons op hierdie oomblik is.

Ek glo waar n groot deel van ons land se probleme op die oomblik vandaan kom is dat ons die fout gemaak het om in hierdie land die norm, ‘One man, one vote” toe te pas. Ons weet almal, en ek is nie rassisties as ek dit sê nie, dat die blanke, van watter bevolkings groep ookal, Afrikaans, Engels, Duits, Hollands, Grieks, “Joods”, hierdie land gebou het tot waar dit was tot en met 1994, toe ons dit, oorweldig deur die onmoontlike meerderheid stemme, aan die ANC moes oorgee.

Net iemand wat met sy kop in die sand staan, soos die spreekwoordelike volstruis, gaan nie toegee dat die land en sy mense, vandaar af aan, net een pad geloop het, en dis afdraande. Suid Afrika staan op die vooraand van n enorme ramp, ekonomies so wel as sosialisties. Geskiedenis het bewys dat wanneer die “have-nots” (n uitstekende voorbeeld is die Franse rewolusie) nie meer kan nie, die “haves” dit bitter gaan berou (die Franse valbyl het oortyd gewerk).

Die dag in 1994 toe die sogenaamde “Rainbow Nation” gebore is, is die “nation” se doodsvonnis ook onderteken. Hoe kon enige een verwag dat dit nie die geval gaan wees nie. Dis soos wat gebeur wanneer jy n doos vol lekkers in n kleuterskool neersit sonder die nodige verantwoordelike toesig.

Hier was n land wat sterk gestaan het internasionaal, ekonomies gesond, vooruitstrewend, gebou deur sweet en harde werk, nie korrupsie en sieklike gulsigheid en nepotisme nie, en jy gee dit sonder toesig oor aan n groep wat nog nooit n land regeer het nie, wat nie eens die vaagste benul van die konsep van logiese verantwoordelikhied het nie, en oornag is hulle die mense wat die toon aangee, wette maak, en die reg moet handhaaf. Onder Mandela en toe Mbeki het dit nog meer of min beskaaf gebly, alhoewel ons al die afdraandes bereik het, maar die dag toe ons, tot op daardie oomblik beproefde, regstelsel verkrag is om Zuma uit die tronk te hou en nog boonop die president van die land te maak, is die doodsvonnis oor ons land en sy mense uitgespreek.

Nou kom die argument dat tradisioneel die “Wittes” alles gehad het, dit op n skinkbord aan hulle gegee is.Ja, dis waar. tradisioneel was die algemene blanke baie beter daaraan toe as die algemene swarte. Maar elke blanke wat iets bereik het, het bloed gesweet om daar te kom. En hier kom ons nou by die kern van ons argument, en dis seker hier waar ons van die “sondes” van ons voorvaders kan praat. Pope het gesê “Tis educaton forms the common mind. Just as the twig is bent, the tree’s inclined.”. Die Franse filosoof, Claude-Adrien Helvetius het geskryf, “Education made us what we are.”, en die Britse skrywer, G.K. Chesterton het gesê, “Education is simply the soul of society as it passes from one generation to another.”

Net so min as wat Annie Erickson verantwoordelik gehou kan word vir die onmenslike, verskriklike onregte wat haar voovaders aan die Rooi Indiane (Red Indians) gedoen het, kan ons van vandag, ek en jy, geblameer word vir die ongelooflike dom besluit om die basiese reg van onderwys van die swart bevolking van ons land te ontneem. Ja, ek hoor, hulle het skole gehad maar hulle het verjkies om dit af te brand, en ja, ek weet hulle het klinieke aan die brand gesteek, en ja, dis waar dat tot vandag toe, onder ons sogenaamde demokrasie, n “vreedsame” optog in onsinnige verwoesting en plunder verval, maar as ons dit op die keper beskou, kom dit weer neer op die enkele feit dat ons voorsate besluit het die beste manier om die swart meerderheid te onderdruk is om hulle “dom” te hou.

Maar, aai Annie, ek stem saam, Afrikaans is soos jy dit stel, “With words like “spookasem”, “stofsuier” and “trapsuutjies”, how can one not love Afrikaans? It is a young language, it does not have a large vocabulary, but it is marvellously expressive and inventive.” n taal wat n ding kan sê soos, “Kyk, ek is darem nou gatvol!”. Wat ek wil sê is dat met die besluit om die massas dom te hou, het “Slim sy baas gevang”!

Ons het vir ons eie agterwêreld n stywe kweper lat gepluk. En dis hierdie lat wat ons Afrikaners nou laat les opsê. ons kinders uit ons universiteite uit hou, en van universiteite gepraat, toelaat dat eens trotse bakens van verdere onderwys soos Kovsies, en Tuks, en PUK, in skadubeelde van wat hulle eens was verval.

Dirk Jansen van Rensburg skryf hier bo, “Toe kom die periode, waar ons onder Engelse beheer hier gewoon het. En ons het by hulle geleer haat. Geleer om te verdruk en te gebruik. So goed het ons daarmee geword, dat ons die Bybel begin gebruik het om dit te regverdig.”

Toegegee ons as Afrikaners is deur die Engelse oorheers, maar ons kan nie ons eie vergrype op hulle blameer nie. Jy kan nie as jy besluit om jouself aan alkohol misbruik oor te gee, die wynboere blameer nie. Dis JOU besluit, niemand het jou daarin gedwing nie. Net so was dit ons voorsate se besluit. Wat dit natuurlik ver erger gemaak het was toe Malan dit “Apartheid” gedoop het, n woord wat internasionaal negatiewe reaksie uitgelok het.

Ons sou ver beter gevaar het as ons die Engelse wysheid nageboots het. Die Britse akademikus en skrywer het in sy boek, “Culture and Society”, geskryf, “A very large part of English middle class education is devoted to the training of servants …. In so far as it is, by definition, the training of upper servants, it includes, of course, the instilling of that kind of confidence which will enable the upper servants to supervise and direct the lower servants.”

Nou voor almal n hart aanval kry, ek sê nie ons moes die massas geleer het om bediendes te wees nie, wat ek wil stel is dat as ons die massas n gevoel van self-waarde gegee het, ons tans n meer gebalanseerde en minder haatdraende rassistiese samelewing sou beleef het.

Maar dis nou wensdenkery, die feit bly staan, die Afrikaner en ons kultuur word wel met opset en stelselmatig onderdruk – ek stem saam met Annie, die Afrikaner is beslis in rou. Hoe kan dit dan anders? Ons word vreemdelinge in ons eie land. My oudste seun is nou al twaalf jaar lank in Australia, my oudste dogter en haar man en gesin is op pad soontoe. Ek het nie n argument wat hulle hier kan hou nie.
Die pad vorentoe? Ek wens ek het geweet. Wat ek wel weet is dat n nasie wat God nie meer erken nie, n gedoemde nasie is, en Suid Afrika is amptelik beslis nie meer God-vresend nie.
Ten slotte, jakoos, lees gerus my boek, “The Jesus Parallel” – jy kan dit op Amazon kry, miskien bring dit jou tot nader insigte.

Danie Smit ·

PIETER EK GAAN JOU BOEK LEES , EK WENS NET EK KON SO OBJEKTIEF BLY IN MY WOEDE SOOS JY MY OU.

Annie Pretorius ·

Gepraat oor sonde van die voorvaders. Ek het onlangs ‘n boek gelees: ” Oes die Storm”, deur iemand wat navorsing gedoen het oor ons voorvaders. Baie interessante lees. Het iemand anders dit dalk ook te lese gekry? Ek kan nie nou die skrywer se naam onthou nie.

Danie Smit ·

Ek wil graag in engels my skrywe rig want oor die algemeen is die lib’s te arrogant om die transleer knoppie te druk.To all your liberals out there. I hate you for destroying our nation.I hate you for meddling in a country …no a Continent of witch you had no clue how it functions.You are a arrogant bunch of crap and I hope when you lay on your deathbed the horror of the genocide of my nation will haunt you into eternity. It is to late now to say sorry . The blood of all this is on your hands. This is not hate speech ,it will not make my nation kill and attack you lib’s and international media dissension makers. Your hate speech however cased thousands of Afrikaners to be slaughtered mutilated and killed in horror merely course they speak Afrikaans or they are white. You made your living on our blood and anguish all your liberal story and media writers .YOU DID THIS WITHOUT EVEN KNOWING US!
Danie Smit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.