Afrikaners: ‘Ons is nie so min soos wat ons gedink het nie’

bevolking-populasie-demografie-lego-mannetjies

Foto: Omar Albeik/Unsplash.com

Die bevolkingsgetalle van Afrikaanssprekende wit mense sal tot 2030 tussen twee en drie miljoen mense wees.

Hoekom is dit belangrik om dit te weet? Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), moet enige organisasie wat oplossings vir ʼn bevolkinggroep wil bied, weet hoeveel mense daar nou is en hoeveel daar in die toekoms sal wees om die nodige beplanning te doen.

Mulder sê dit is die twee vrae waarmee die SNI gestoei het toe hulle ʼn demografieverslag vir die Solidariteit Beweging saamgestel het. Die verslag word Woensdag in Centurion bekendgestel.

Maroela Media het Sondag berig die demografieverslag het talle opspraakwekkende bevindings van die 2011-sensus bevestig. Een daarvan is ʼn geboortegolf wat die Afrikaanse gemeenskap getref het en toon dat bruin en wit Afrikaanssprekendes weer meer kinders kry. Die “babaploffing-kinders” is vanjaar (2018) skoolgaande ouderdom.

“Dit maak die vyandigheid van die regering teenoor Afrikaanse onderrig ʼn nog groter probleem, wat beslis tot op tersiêre vlak hanteer moet word,’ het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, gesê.

Volgens Mulder het daar veral twee positiewe aspekte tydens die navorsing uitgestaan.

“Ons is nie so min soos wat ons gedink het ons is nie. Die getalle van Afrikaanssprekende wit mense is 2,5 miljoen en dit is net soveel soos bevolking van ons buurland Namibië.

“Ons verslag het ʼn geboortegolf bevestig wat die Afrikaanse gemeenskap getref het en die emigrasiesyfer tot en met 2017 is nie so erg soos wat daar aanvanklik geglo is nie.”

Mulder sê die instituut het van die 2011-sensus se syfers gebruik gemaak om die tendense te bevestig saam met Statistiek SA se middeljaarramings van 2002 tot 2017.

“Die statistiek is ook teen sekondêre bronne getoets soos die dope per lidmaatverhouding (in die geval van die babaploffing en die immigrasieverslae van die vyf gewildste lande waarheen Suid-Afrikaners gewoonlik verhuis (in die geval van die emigrasiegetalle).”

Die sensussyfers dui nie spesifiek op wit Afrikaanssprekendes se bevolkinggetalle nie en daarom het hulle wit en Afrikaans as die aanduiders vir die navorsing gebruik.

“Dit is belangrik, want wit Engelssprekendes se demografiese tendense lyk heeltemal anders as Afrikaanssprekendes. Hulle geboortegetalle het negatief gegroei. As hulle emigreer, kom hulle nie maklik na Suid-Afrika terug nie.”

Mulder het gesê die verslag het ook gekyk na bruin Afrikaanssprekendes wat getoon het 2,37 kinders word per vrou gebore.

“Ons navorsing het egter getoon die bruin bevolking is vinnig besig om te verengels.”

Swart Afrikaanssprekendes het volgens die demografieverslag van 4% in 2001 na 8% in 2011 gegroei.

“Ons verklaring hiervoor is dat SEB-wetgewing dit lonend maak vir bruin mense om hulself as swart mense te kategoriseer.”

Mulder glo daar sal steeds ʼn afname in die Afrikanerbevolking wees, maar reken die bevolkingsgetalle sal in 2031 rondom 2,57 miljoen mense stabiliseer.

“Ons is dalk klein in presentasie van die totale bevolking van Suid-Afrika, maar ons is beslis nie min mense nie.”

Hy reken diegene wat tot nou toe nog voorspel het dat Afrikaners teen 2030 minder as ʼn miljoen van die totale Suid-Afrikaanse bevolking sal wees, “super negatief” was.

“Wit Afrikaanssprekendes se vrugbaarheid sal moet afneem en ons bevolkinggroei sal onder dié van Japan moet duik. Daarvoor sal emigrasie ook drasties moet toeneem.”

Hy erken dat daar nou meer belangstelling as ooit te vore is in emigrasie wat moontlik gedryf word deur die ANC se beleidsonsekerheid oor sake soos grondonteiening sonder vergoeding.

“Die immigrasie van ʼn miljoen vlugtelinge het ʼn krisis in Duitsland veroorsaak en as 25% van Afrikaners sou besluit om nou na ʼn land soos Australië te verhuis, sal ons dié land se visumstelsel heeltemal oorlaai.”

Mulder het benadruk die SNI het moeite gedoen om die demografiese verslag metodologies korrek saam te stel.

“Alhoewel daar ʼn geskatte 14,6% ondertelling in die sensus is, is dit die beste grondslag wat ons kon gebruik.

“Dan is daar natuurlik ook die sogenaamde ‘swart swaan’-verskynsels waarvoor ʼn mens nie maklik kan voorsiening maak nie, maar die demografiese vooruitskatting behoort gemaklik tot 2031 reg te wees.”

Hy erken dat indien die ANC sou voortgaan om grondonteiening sonder vergoeding willekeurig toe te pas, of die plaaslike ekonomie gelykstaande aan Venezuela word, kan dit die prentjie heeltemal verander.

Mulder is egter vol vertroue dat tendense lank neem om te verander en die wit Afrikaanssprekende bevolking binne Suid-Afrika vir lank tussen twee en drie miljoen mense sal wees. Die verslag toon ook dat die Afrikaanse mark binne ʼn verhouding van 52% bruin, 8% swart en 39% wit sal bly en tans om en by sewe miljoen mense staan.

Hermann het beklemtoon dat die statistieke wys dat die gemeenskap veel meer verantwoordelikheid aan die dag sal moet lê.

“Die Solidariteit Beweging gaan aktief werk om ʼn behoorlike en wêreldgehalte Afrikaanse onderwysoplossing vanaf kleuterskoolvlak tot op universiteitsvlak te bied. Ons kan nie meer kinders hê en ʼn bevolking van meer as twee miljoen mense wees en nie aan ʼn toekoms vir hulle werk nie.

“Ons geslag se taak is om ʼn toekoms te help bou waarin hierdie mense vry, veilig en voorspoedig kan wees,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Penellope Jones ·

Mens wens amper dat almal wat in die groep val wat nou oorsee woon en werk, kan terugkeer om die getalle hier in SA aan te vul . . . . . . .

Francois ·

Jong mense : Kry meer kinders. Tans kry Afrikaners 1.7 kinders per vrou (volgens die Connie Mulder van SNI vanoggend op Pretoria FM). Jy het 2.1 nodig om jou getalle te handhaaf. 1.7/2.1 = 0.80. Dus is 1.7 amper 20% kleiner as 2.1. Onthou dat vroue 20 jaar het om hulself en hul man te vervang voordat hulle nie meer kinders kan kry nie. Die eindresultaat is dat Aikaners elke 20 jaar met 20% sal krimp. Dus: volgende keer as jy die kerk of paveljoen instap en dit jou opval dat dit net gryskoppe is wat daar sit, vra dan jouself af wat jou bydra is om ‘n verskil te maak. Het jy al meer as 1.7 kinders? Maak jy ‘n verskil?

Graham H ·

2.5 miljoen?? Ek was nog altyd onder die indruk dat ons getalle in die omgewing van 3-4 miljoen was… Voeg daarby dat ons totale bevolking geraam word op ongeveer 56 miljoen, dan besef jy dat ons maar slegs n druppel in die emmer is.

Kom ons wees eerlik, ‘n groter bevolkingsaanwas onder blankes gaan ons nie help. Ons is hopeloos te meen TEENOOR ons ander landsgenote.

bernelle ·

Ek stem saam. Ek is 27, stel GLAD nie belang om my arme wit kinders in die land te moet bring nie, so ek gaam nie kinders he nie. Hul word gebore in ‘n gemors van ‘n land wat die afrikaner wil uitroei en ondermyn. So nee. Dis soos om te poep teen weerlig. Ek is juis opsoek na enige geleentheid oorsee.

Leon ·

2.5 miljoen afrikaners in 2030 is minder as 2% van die geskatte bevolking van Suid Africa!!!!!!

Werner ·

Ja, maar dis 100% van die geskatte bevolking van die onafhanklike Afrikaner-land! Iets om aan te werk…

Richard ·

Nee, Leon. Vir 2.5 miljoen om 2% of minder van die totaal te wees, moet die total 125 miljoen of meer wees. Dit kan eenvoudig nie oor die loop van 12 jaar gebeur nie. Die bevolkingsgroeikoers in totaal in die afgelope klompie jare was maar so 1.5% tot 1.6% per jaar. Teen daai tipe groei sal die totale bevolking in 2030 sowat 70 miljoen wees, nie 125 miljoen nie. Om 125 miljoen te bereik sal die jaarlikse groei skielik tot 6,7% moet spring en daar bly tot 2030. Selfs lande soos Niger en Equatorial Guinea en die Kongo het maar bevolkingsgroeikoerse van so 3% tot 4%.
So nee, jy is heeltemal verkeerd.

John ·

Haai… koeeee…. ANC…. daar is nou 1 en 1/2 vliee in jou salf… we tog! Leer hierdie ou manne nooit en ken hulle nie die woord wysheid nie. Uittart en uitdaag is dommer as dom. Die VF+ kon nog nooit deur die doringdraad klouter nie want die koppe is so groot. Mens wil nie eens uitbrei nie… uit skaamde vir die wyse waarom sommige Afrikaners redeneer. Om ‘n Afrika-olifant met ‘n waaiende hoed uit jou groente-tuin te wil gaan verjaag terwyl jy ‘Daar kom die wa’ sing… so slim is die ooms… presies so slim… en ‘daar gaan die wa’ en met spoed… sonder ‘n hoed….

Natalie ·

Uhm… nee. Nie so eenvoudig. Kinders kos geld. As dit so maklik was het daar waarskynlik heelwat meer blankes met gesinne begin. Om kinders links en regs te he sonder die nodige finansies is dwaas.

Celtis Africana ·

Wat sou die 2.5m Afrikaansprekende Kaukasiërs se getalle ontleding behels?
Hoeveel ouer as 55?
Hoeveel gesinne?
Hoe sien die getalle onder die jeug daaruit?
Voorskools, laerskool, hoërskool, tersiêre onderrig, werkende jongmense, werklose jongmense ens.

Johan ·

Stem. ‘n Uiteensetting van die getal ssal mens ‘n beter prent gee van waar ons staan.
Boonop dink ek 2.5 miljoen is maar MIN….

LouE ·

Wat is die toekoms van al die kinders? Geen werk. Geen plaas. Geen geld. Geen kos. Geen medies. Geen heenkome. Geen vooruitsigte. As ek nog jonk was het ek eerder my heil in ‘n ander land gaan soek. Baie jammer om dit te sê.

Rissiepit ·

Onthou baie Afrikaans sprekendes is in die buiteland en hulle het ook kinders gekry. Daardie kinders word hier glad nie eens “getel” nie. Daardie mense wil met hul kinders baie graag huis toe kom. Die dag wat regstellende aksie eindig is die dag waar baie huis toe kom. Ek is hoopvol.

Karolis ·

Afrikaners kan wees soveel hulle wil maar jy kry nie twee wat kan saamstaan nie en dit maak hulle min.

Gerhard ·

Ai tog ons praat ons self weer deurmekaar. Dit maak nie saak of jy ‘n minderheid van 5 miljoen of 500 duisend is in land waar die meerderheid 60 miljoen is nie. Die plakkerskampe gaan net groter wees.

Jaco ·

2.5 miljoen blanke afrikaners??? Sjo dis min!! Hoekom is blanke mense hier so min? Die VSA wat min of meer net so oud is soos ons met min of meer dieselfde europese samestelling as ons bv Frans, Duits, Hollands ens het oor n honderd miljoen blankes, selfs Australie het omtrent 4 keer meer blankes…. in die vroee 90’s was ons ook min in vergelyking met die VSA en Australie se getalle….wat is die rede daarvoor? Ons het tog ook n “gold rush” gehad soos hulle….

Heiletje ·

Konsentrasiekampe tydens die ABO. Ek vermoed dit is die hoofoorsaak wat ons Afrikanergroei gekortwiek het. So baie dankie aan die Kakies!

Gerhard ·

Die rede is dat Australië en VSA hoofsaaklike werkers van Europa ingevoer het en Afrikaners die maklike keuse gemaak het (soos gewoonlik) en Afrika arbeid gebruik het wat waarskynlik sy einde sal beteken.

jaco ·

net jammer ons is maar apaties as dit by deelname aan verkiesings kom. amper 1 miljoen van ons mense het in 1992 se referendum nee gestem. daardie amper 1 miljoen is af na 425 000 vir die Vryheidsfront in 1994 se verkiesing. en in 2014 se munisipale verkiesing af na skaars 170 000 stemme.
Ek weier om te glo dat amper 600 000 mense tussen 1992 en 1994 dood is, of SA verlaat het of een of ander “lig” gesien het en toe vir ‘n ander party gestem het. Ek weet daars in die 24 jaar sedert 1994 van ons mense oorlede en landuit, maar tog sekerlik nie almal nie? 600 000 stemme vir die VF-Plus klink baie meer realisties, maar nou na, lyk my apatie en ‘n gebrek aan belangstelling en ook onderling verdeeld wees is swak eienskappe van ons mense wat nie wil weggaan nie en wat dan ook aktief ons eie ondergang aanhelp.

Deport ·

Teen 2030 is ons dalk minder. Hang af hoeveel die oorlog vat wat oppad is. Maar hopelik sal die wat dan oorbly die land kan regruk.

Gerhard ·

So die verslag maak die aanname dat grondonteiening sonder vergoeding NIE gaan plaasvind nie. Dit beteken dus as dit wel gebeur beteken die verslag niks nie. Ek is onder die indruk die ANC het reeds besluit om daarmee voort te gaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.