Afrikaners soek ook ekonomiese vryheid – EFF

Kim Heller (43). Foto: Werner Beukes/SAPA

Kim Heller (43). Foto: Werner Beukes/SAPA

Volgens die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) glo Afrikaners, waaronder sommige boere, ook in ekonomiese vryheid, het Beeld Woensdag berig.

“Ek glo dat enige Suid-Afrikaner wat ʼn belang in demokrasie het, sal belangstel in die ekonomiese vryheid wat die EFF nastreef,” het Kim Heller, kommunikasie- en mediastrateeg van die party, aan die dagblad gesê.

Volgens die berig het Heller sedert 1994 vir die ANC gestem, maar het sy nou by die EFF aangesluit. “Ek glo die EFF bied ʼn ware alternatief. Ek ondersteun die party ten volle,” het sy gesê. Sy sê al hoe meer witmense ondersteun ook die party.

Heller is op die EFF se nasionale en Gautengse kandidaatlys.

Julius Malema, die leier van die party, het in Februarie witmense genooi om by die party aan te sluit sodat hulle grond kan kry. “Wit mense moet by die stryd oor grondbesit aansluit. Slegs 2% van witmense besit grond. As hulle grond soek, moet hulle by die EFF aansluit,” het Malema gesê. Hy het gesê die EFF is nie teen wittes gekant nie, maar ‘n voorstander vir die werkende klas, wat wit werknemers insluit.

Malema het egter in Oktober gesê die land se grond behoort aand die grondloses en dat wit Suid-Afrikaners steeds huiwer om hul grond, wat hulle “deur diefstal” bekom het, te oorhandig.

“Tot vandag toe is die wittes nie skaam om ons mense dood te maak nie. Hulle wil hê ons moet voor hulle kniel,” het hy destyds gesê. “Ons gaan dit nie doen nie. Ons gaan nie vir grond bedel nie. Ons soek ons grond terug.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sumo ·

Ek maak ten sterkste beswaar Malema, ek verwerp jou aantyging met die minagting wat dit verdien ! My voorouers het met bloed en sweet hul grond bekom, hard gewerk, finansieel het baie boere gesukkel, maar gesteel – JY SIT DIE POT MIS OU PERD.

Johann ·

Hellertjie lyk maar bra skuldig met die kêps op die vakuumgedrewe kop.

AmY ·

Liewe Kim: gaan laat lees asseblief daai mooi blonde koppie van jou. Dis al wat ek te sê het.

Elize ·

Ja Hellertjie,sluit jy by die EFF aan moet die wete om grond te kry.Shame.Jy sal nooit n stukkie grond sien nie.Was Piet Retief nie vir jou n goeie les wat deur wit mense geleer was nie.Jy kan nie met hulle onderhandel nie,want jy kan hulle noooooit vertrou nie.
Hulle gaan julle wittes,eerste uitwerk.Jammer vir jou.

Sumo ·

Ek maak ten sterkste beswaar en verwerp die aantyging met die minagting wat dit verdien
– my voorouers het nie grond gesteel nie, hul bloed en sweet lê in die grond, hulle het ten duurste betaal daarvoor, dus Malema, die grond is nie julle sin nie, mens werk gewoonlik vir bates, roerend, of onroerend.

Wat hierdie Kim Heller aanbetref, sy lyk ten minste 10 jaar ouer as haar 43 lewensjare. Verraaier.

Jasper ·

Kim, my mens, jy is besig om te wals terwyl daar ge-tango word.

Shaun ·

Tot op die bitter end sal jy verraaiers kry! Julias het sy geheime agendas, hys n skelm en ZA benodig nie nog n skelm in bewin nie!!

Kellies ·

Julle moet haar nie bynaampies gee nie, die regte benaming volgens die woordeboeke is “Albino”

j blom ·

Ek kan net se die wittes nie net by EFF nie maar ook die ANC soos hulle se IS HANDSOPPERS en bygese nie regte egte AFRIKANERS nie.Dit lyk ook asof sy NIKS TUSSEN DIE ORE HET NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.