AfriSake doen regstappe oor SEB-regulasies

Rob Davies, minister van handel en nywerheid. Foto: Departement van handel en nywerheid

Rob Davies, minister van handel en nywerheid. Foto: Departement van handel en nywerheid

AfriSake het sy regspan opdrag gegee om Rob Davies, minister van handel en nywerheid, se besluit om nie die openbaredeelnameproses vir die regulasies oor Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) te verleng nie, op hersiening te neem ingevolge die Wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (Paja).

AfriSake het in April vanjaar ʼn brief aan Davies gestuur waarin die sakeregtewaghond hom versoek om die 30-dae periode wat hy toegestaan het vir ʼn openbaredeelnameproses oor die BBSEB-regulasies, met nóg 60 of 90 dae te verleng. Davies het hierdie versoek afgekeur.

Volgens Stefan Pieterse, woordvoerder vir AfriSake, is 21 werksdae nie naastenby genoeg tyd vir ʼn voldoende openbare deelnameproses aan ʼn baie tegniese konsepregulasie van byna 80 bladsye nie.

“Slegs 21 voorleggings kon binne die gestelde dae ingedien word, wat bietjie meer as twee per provinsie is. Dié regulasies gaan ʼn enorme invloed op Suid-Afrikaanse ondernemings hê en dus is dit ondenkbaar dat so min tyd gegun is vir reaksie hierop,” het Pieterse gesê.

Hy het gesê indien die BBSEB-regulasies nie weer hersien word nie, sal dit verreikende gevolge vir Suid-Afrikaanse ondernemings inhou.

Volgens Pieterse is die hofstukke reeds opgestel en word dit nou deur ʼn senior advokaat afgeteken voordat dit uitgereik sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JC ·

NS: Ons wag ook net angstig vir die verslag van die VN, en wat dit gaan se oor onder andere hierdie “rubbish” en dan is dit ekstra ammunisie wat Afrisake en Afriforum kan gebruik!
Die “SA” “regering” MOET gehoor gee daaraan i.g. die GW! Dus sal hul dan in ‘n hoek gedruk wees met hulle lawwe SEB stories, en sal AFRIFORUM EN AFRISAKE HUL KAN BRAAI IN DIE HOWE, ONS HOOP NET DIE VN SIT DAAD BY WOORD!! Hierdie is in my opinie die doodsnikke van “regstellende” aksie. Wat dit in elke geval “regstel” of wil “regstel” weet nugter alleen!

Jakes ·

Regte optrede…maar vooruitsigte?
HOEVEEL is deur die howe en OB onbevoegd en korrupt bewys…nét om herontplooi te word.irrelivant hier dalk, neem net die hofuitspraak teen Transnet aangaande pensioenvonds….Valke hoof….SAL direksie…SAUK…

Wit staatsmanne ·

Witmense in die ANC is die mees vyandigste rugstekers wat jy kan kry.

Jakes ·

Korrek.
Maar toe FW gesigkoop en die land weggee…hy is wit? Thuli ‘n swartvrou met integriteit! So klas jy mense op velkleur?

Jan maak n plan ·

Ron Davies gee mos nie om nie, hyt n soustrein wat na hom omsien. Maar hyt vergeet die wiel draai al draai dit stadig draai dit – pasop.

John ·

Snaakse omie, die Rob Davis. Hoekom is die ANC so lief vir hom? Hou hulle van sy mooi snor?

peter ·

IRBA maak ook toe dus bly slegs SANAs oor vir die uitreiking van BEE sertifikate. Ek verneem dat DTI baie sosialisties optree teenoor blanke besighede. IRBA wou nie hul bully taktiek vat nie aangesien DTI jou wil verplig om hul interpretasie van die BEE wetgewing te implimenteer.
Op die stadium is DTI so bankrot dat hul alle gelde wat vir die Social Upliftment betaal is, gevat het.Gelukkig is daar ‘n spul brawe prokureurs wat die BEE saga hof toe vat. Tans besig met litigasie.

Waarheid seëvier ·

Praat van…Rob moet maar as hy vandag of more in spieël kyk vir homself afvra IS EK EERLIK MET MYSELF. Woorde soos ek sien te veel gebleikte gesigte in dié besigheidsforum, (kleur belangriker as sake van belang en werkskepping)….dreigend, as ek weer kom moet dit baie anders lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.