AfriSake gereed om grondgrype in Brits stop te sit

Argieffoto

Argieffoto

Die sakewaghond AfriSake het Maandag sy regspan en partye van Brits ontmoet wie se eiendom die afgelope naweek onwettig beset is.

“Hoewel die partye wat hierdeur geraak word die polisie genader het, was dié pogings tevergeefs en het hulle AfriSake as laaste uitweg genader om hul eiendom te beskerm,” het Armand Greyling, woordvoerder van die organisasie, gesê. “Die organisasie gaan die hof nou met ’n dringende aansoek nader om die onwettige oorname en besetting van dié eiendomme te verbied.”

Greyling het verduidelik AfriSake het in April vanjaar sukses behaal in ’n soortgelyke saak in Bronkhorstspruit toe onwettige grondvergrype die eiendomsregte van ’n boer en ’n sake-eienaar bedreig het. “AfriSake het daarin geslaag om ’n tussentydse interdik binne drie dae te bekom. Die organisasie sal daarom probeer om ’n interdik in die Brits-geval met dieselfde haas te bekom,” het hy bygevoeg.

“Al meer grondvergrype vind plaas namate ons nader aan die Augustus-verkiesing kom. Dit is jammer dat geen ander organisasies skynbaar daarin belang stel om slagoffers van dié grondvergrype te help nie. AfriSake sal egter aanhou om slagoffers van grondvergrype met alle hulpbronne tot sy beskikking te help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Dankie. Hoe help ons om die kostes te dek?

Yolie

VF+ het wel gehelp. Elsa Lourens van VF+ en die polisie het die grond besetters laat verwyder. Dit het toe besluit om die naweek weer hulle linte te span en grond te beset.

Kaspaas

Malema se dan openlik alle oop stukke grond moet beset word. Openlikke Revolusie maar daar is mos meer belangrikke dinge soos om blankes te vervolg wat vermoedelik rasisties is

Andrea

Wat sou ons sonder hierdie organisasies gedoen het? Baie dankie!

Celia Tjaden

Baie dankie Vryheidsfront Plus. Mag die Here julle seen.
Mense,sluit aan by AgriForum wat so vir ons veg.
En stem hierdie verkiesing vir die regte party, die Vryheidsfront Plus.