AfriSake kap Black First Land First se dreigemente oor grond

Black First Land First (BLF)-ondersteuners by die optog. Foto: Jonisayi Maromo / ANA

Black First Land First (BLF)-ondersteuners by die optog. Foto: Jonisayi Maromo / ANA

Die organisasie Black First Land First (BLF) wat dreig om grond in Suid-Afrika af te neem soos wat Robert Mugabe dit in Zimbabwe gedoen het, is ’n leë dop wat met die harde kant van die gereg te doen moet kry.

Só meen Stefan Pieterse, woordvoerder van die sakeregtewaghond AfriSake.

AfriSake het gereageer op die uitsprake van Andile Mngxitama, leier van BLF, wat gesê het grond in Suid-Afrika moet met geweld teruggevat word soos wat Mugabe dit gedoen het.

Hy en van sy volgelinge het vandeesweek na die kantoor van adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, in Pretoria opgeruk nadat sy glo geweier het om ’n verslag te ondersoek waarin beweer is dat sowat R26 miljard tydens die apartheidsjare uit die Reserwebank getap is.

Mngxitama beweer dié geld is deur wit mense gesteel en moet teruggegee word sodat onder meer gratis onderwys daarmee gefinansier kan word. Hy is in Julie vanjaar deur die polisie by Madonsela se kantoor gearresteer toe hy en sowat 22 lede moeilikheid daar gemaak het.

Pieterse het met verwysing na die BLF se dreigemente gesê AfriSake het vanjaar in samewerking met die polisie, die balju’s en die Rooimiere reeds talle onwettige grondgrypers in verskeie provinsies in Suid-Afrika laat verwyder.

“Ons sal nie dié groep se dreigemente duld nie. Hulle oortree die wet en sal met die volle mag van die gereg te doen kry. Ons het verskeie hofsake suksesvol afgehandel om onwettige grondgrype af te weer en sal dit weer doen om ons lede se regte te beskerm,” sê Pieterse.

AfriSake moedig die publiek aan om enige onwettige grondgrype dadelik aan te meld.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

vermeende ·

Volle mag van die gereg???
Wat n joke. Dit is juis ondat die gereg ontbreek en die wil ontbreek om optetree dat ons land lyk soos hy lyk.
Vervolg eers vir No1 en Malema en werk daarvan af onder toe dan sal die publiek se geloofwaardigheid herstel in die gereg anders word dit maar net gesien as goedkoop politiekery.

Izzy ·

Dankie weereens aan Afriforum(AfriSake) wat opstaan vir ons regte.

JC ·

Ek kan maar net beaam wat jy se Izzy!
Weereens baie baie dankie aan Afriforum en Afrisake wat nooit ‘n tree terugstaan om te verg vir ons regte nie.
HOU SO AAN JULLE OUENS ASB!!

Anne ·

Dis nou jammer ons het nie amal ‘n deeltjie vd R26 miljard gekry nie.

Piet ·

Wil iemand net net vir hulle duidelik maak dat, voor 1994 , die swartes nie belasing betaal het nie. Dus is die 26 miljard van die wittes gesteel en as dit terugkon, moet dit vir die wittes gaan.

Dup du Plessis ·

…..wil een van die landbou ekonome tog nie syfers vrystel van hoeveel keer RSA se landbou grond al verhandel het nie ( m.a.w. GEKOOP is en nie gesteel is nie ). Elke plaas in die land is al verskeie kere gekoop en verkoop, elke keer is daar inkomstes verdien waarop belasting betaal is wat staatskas toe is. Dis buiten belasting op toegevoegde waarde, die ekonomie wat die plaas bydra ens. Sodra ‘n plaas nie meer kommersieel funksioneer nie is daardie inkomste na die staatskas vir ALTYD verlore…..dus ‘n geval van: ” cut your nose to spite your face”……as die sogenaamde gesteelde geld opgebruik is binne ‘n paar jaar – waar kom die volgendes vandaan, en onthou die inwoners op herverdeelde grond betaal nie belasting nie a.g.v. geen ekonomiese aktiwiteite op die plase….persoonlik dink ek RSA is al ‘n paar keer gekoop ……weet nie van ‘n plaas wat sedert 1652 nog aan een eienaar behoort nie – hy/sy sou so oud soos Moses moes word.

snoefie ·

ek is seker die intellegente nasie laat buite rekening dat hulle ten eerste gronddiewe in suid afrika was. dit is hoekom hulle outomaties almal ook as gronddiewe sien. die grond was gkoop tatie andile. of dit vir een skaap,vaatjie wyn om meter koperdraad was, was n gretige verkoper, gewillige koper.

Pieter ·

So gaan haal dan nou maar daardie R26 miljoen by oom FW en Pik en Roelf. Ek is seker hy sal dit alles daar kan opspoor.

Martin ·

Pieter, jou doring! Ek sit nou en dink presies dieselfde toe ek hierdie artikel lees! Dit is net jammer dat ou FW nie van daardie geld aangewend het om sy neus te laat regmaak nie!

humor ·

Pieter jy is op die regte spoor behalwe, dat dit nie 26 miljoen is nie maar miljard . Dalk moet dit sommer die eerste opdrag aan die nuwe OB WEES,

Grassie ·

AfriSake is ‘n bietjie stadig. Ek het daardie Mugabe-dissipel gister al hier op hierdie blad “gekap” maar die moderator-gestapo het my beskeie bydrae beetgekry, op die grond neergegooi en tot snuif getrap sodat die wind dit kon wegwaai. Ai tog.

Grond ·

Die Wat my gaan wil vermoor, wees gewaarsku, julle gaan baie baie seer kry want ek gaan nie stilsit as julle my wil vermoor nie. Die wit zimbabwe mane was min en het plek gehad om na te vlug, maar waar been gaan ek? Daarop sal ek veg tot die dood vir my lewe en ek het baie selfverdedigingskrag.

Jan maak n plan ·

My een vraag is, waar kom die BLF aan die storie dat daar R26 miljard uit die reserwe bank gesteel is. Sulke stories as dit waar is sou al lankal in die pers gewees het. En ek wonder ook hoe braaf hierdie mense enitlik is. Gaan hulle stil staan as die skote om hulle begin klap as hulle begin grond vat.

Bruinman ·

Die bruin mense was eerste hier, nie die swart mense nie. Witmense is niks meer “setlaars” as wartmense nie.

M'Lady ·

Die Khoikhoi was eerste hier. Nie die wit, bruin of swartmense nie.

Ben Prinsloo ·

BLF jy met jou gepeupel, PLEASE BRING IT ON AND MAKE MY DAY!!!!!!!

Die Afrikaner-Boer ·

Een ding moet hierdie groep maar weet – die boere gaan nie net hulle grond laat vat nie. As dit moet sal ons dit verdedig met die geweld wat dit verg. Ons grond is gekoop met die duurste geldeenheid wat al ooit in hierdie land verhandel is; daardie geldeenheid is die bloed, sweet en moedertaal van die Afrikanervolk.

John ·

Daar wag verrassings op grondgrypers. Sosialisme is net ‘n wagwoord vir die’ wat die meeste wil gryp. Die’ wat droom oor witgrond is legio en strek tot in die verre ooste. ANC-anties en hul voorgenome piepstem-leier het ook sulke kwekke gekwek. Groot baklei en bloed voor plaashekke is seker. Boere maak video’s vir hof/tv van sirkusgangers wat tente vol geoefende olifante en leeus sonder kaartjies wil betree. Dobermans/poedels is goue beleggings en klein bordjies van pofadders en pienkoog-brakkies.

Dirk Bosman ·

Kom ons vervul hulle aspirasies.Gee hulle n gat 7 voetx3voetx6voet

Melanie ·

Net my opinie,as hul nie slaag met hul grond gryping nie wat dan, hulle se mos land or death,hoekom word daar so baie blankes veral plaas boere vermoor? Solank as daar vertel word die wittes het van hulle gesteel wat ‘n leun is,sal hulle aanhou om grond teontein van blankes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.