AfriSake keer betaling van dermiljoene vir slimkragmeters

Argieffoto.

Argieffoto.

Die sakeregte-waghond AfriSake het die Tshwane-metroraad Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria met ʼn dringende hofaansoek gekeer om ʼn betaling van dermiljoene aan die diensverskaffer PEU Capital te betaal.

Die bedrag is ʼn R950 miljoen-infrastruktuurtbetaling vir ʼn slimkragmeterkontrak. Dit volg nadat die stadsraad sy kontrak met PEU Capital, wat die installering van sowat 800 000 slimkragmeters in en om Pretoria behels het, in Mei 2015 gekanselleer het omdat die projek glo te duur geword het. Volgens die kontrak moes PEU Capital 19,5c vir elke rand verbruikte krag ontvang het.

Volgens Stefan Pieterse, woordvoerder van AfriSake, het die stadsraad nie in sy begroting voorsiening gemaak vir dié projek nie.

Teen die tyd wat die stadsraad die kontrak gekanselleer het en met ʼn nuwe tenderproses begin het, het die diensverskaffer reeds 12 700 slimkragmeters geïnstalleer wat hulle steeds in stand moes hou en bestuur. Hiervoor het die diensverskaffer 9,5c vir elke rand verbruikte elektrisiteit gekry.

Volgens Pieterse het die nasionale tesourie sowel as Pravin Gordhan, toe minister van samewerkende regering, in November 2015 ʼn brief aan die stadsraad geskryf en versoek dat die kontrak met PEU Capital ondersoek moet word, omdat die maatskappy se dienstarief van 19,5c nie ooreenstem met normale markverwante tariewe, wat tussen 7c en 9,5c wissel, nie.

“Dié saak gaan oor ʼn maatskappy wat hopeloos te veel geld vra vir ʼn diens wat die munisipaliteit self baie goedkoper kan lewer,” het Pieterse gesê.

Die hof het verder beslis dat die oorspronklike kontrak tussen die stadsraad en PEU Capital, die evalueringsverslag asook die munisipaliteit se begroting aan AfriSake oorhandig moet word sodat die hersieningsaansoek kan voortgaan.

Die hof het Dinsdag beveel dat ʼn voorkeurhofdatum oor wanneer die hersieningsaansoek aangehoor moet word, binne drie weke bepaal moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lance ·

Weereens mense aan die stuur wat onbevoek is en nou het dit maar net WEER op n krisis uitgeloop ….gaan die mense OOIT leer uit hulle foute ….dis n groot gemors die meters …kon geld gebruik het om minste die strate te vee …maar nee ek dra n bril en dit maak mens mos bevoeg …intussen het jy nog nooit met jou slim bril n kontrak onder oe gehad nie ….daar het jy dit nou !

Anoniem ·

“…omdat die projek te duur geword het”. Ek word sommer kwaad! As daar ordentlike beplanning gedoen is, sou die stadsraad mos vooraf geweet het wat die finansiële implikasies van die projek sal wees? Of kan hulle nie somme doen met soveel nulle nie? Hulle ogies het dalk oormekruis gekyk van pure opgewondenheid, want ek glo vas daar was mense wat ‘n ou ietsie onderdeur die tafel ontvang het vir hierdie kontrak.

Gavin ·

AWESOME Afrisake (AfriForum) iemand sit nou en groot trane stort. Shame, belastigbetallers se gelde word darem bietjie gespaar vir ander doeleindes

Gavin ·

AWESOME Afrisake (AfriForum) iemand sit nou en groot trane stort, ek voel so jammer vir hulle, hahaha. belastingbetallers se gelde word darem bietjie gespaar vir ander doeleindes

Jan maak n Plan ·

Hulle wou seker maar gou gou betaal want ek glo nie hulle is self seker of hulle na die verkiesing nog aan bewind gaan wees nie. Sodoende kon hulle seker nog hulle kick back kry, maar nou kry hulle niks.

Patrys ·

Doodreg @Jan maak ‘n plan! Hulle het die kontrak gekry vir die “kick back”. Dis mos hoe die gebroeders werk. “Ek kyk na jou, jy kyk na my”!!!

Willie smartmeter hê nie ·

Kan julle nie GROOOOOT asseblief ons help om van hierdie verpestelike smartmeters wat hulle sonder ons toestemming kom installeer het, ontslae te raak nie?? Ons betaal ongelooflik baie vir elektrisiteit, die onbevoegde klomp vergeet baie keer gerieflikheidshalwe om geld wat oorbetaal is te allokeer. Tans gebruik ons, sonder dat daar bedags mense by huis is en geysers afgeskakel word, ongeveer R100 per dag. Regtig belaglik!!

maroela ·

Jy is reg Willie smartmeter he nie . Hier in Vereeniging ondervind ons dieselfde probleem . Buitensporige R waarde gebruik word daagliks deur die meter aangedui . Probeer nou reeds 4 weke om iemand te kry om ondersoek te kom doen . Niemand daag op nie . Die groot baas van die meters kontrateer namens die stads raad is in China . Geen eenhede word gewys nie , net R waarde . Dit is n hopelose situasie met niemand wat aangespreek kan word nie .

Snoefie ·

Een kw, een prys, of jy nou in 10 in Mamelodi of 1000 in Montana gekoop het.

RiaM ·

Maroela, die koste werk R2.00 per khw. Ek het ook Vereeniging se munisipale owerheid geskakel +- 6 weke terug , met geen terugvoering. Jy praat met n muur. Verlede week het die munisipale kantore geen fone gehad wat gewerk het nie , hulke rekenaars was af want hulle telefoon rekening was nie betaal nie. Dit is hoe wonderlik dit nou hier gaan. Maar wat anders kan ons verwag waar die ANC inbeheer is gaan dit so. Alles tuimel inmekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.