AfriSake verwelkom besluit oor BLF grondgryp-uitsprake

Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF). Foto: Jonisayi Maromo / ANA

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Woensdag ʼn interdik toegestaan wat Black First Land First (BLF), sy leier Andile Mngxitama, en Zanele Lwana, die organisasie se woordvoerder, verhoed om die publiek aan te hits om onwettig grond te beset.

 AfriSake het die hofaansoek gebring om ’n interdik teen BLF te bekom om hulle te verbied om mense aan te hits om die misdade van betreding en massa- onwettige grondbesetting te pleeg.

Die hof het die interdik toegestaan en BLF ook beveel om die koste op prokureur-en-kliënt skaal (insluitend die koste van twee advokate) van AfriSake se aansoek te betaal.

Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake, het die hof se besluit verwelkom. “Ons is baie tevrede dat die hof die interdik toegestaan het en sal voortgaan om organisasies wat hulself aan soortgelyke onwettige handelinge van aanhitsing skuldig maak, verantwoordbaar te hou,” het hy gesê.

“Ons het dieselfde roete met die EFF gestap wat soortgelyke uitlatings oor grondgrype gemaak het. Die boodskap moet daarom duidelik wees: Ongeag wie jy is of waarvoor jou organisasie staan, jy sal verantwoordelik gehou word vir dit wat jy in die publiek kwytraak.”

Greyling het gesê AfriSake het die hof vir ’n interdik genader nadat die sakeregtewaghond bewus geword het van mediaberigte oor en uitlatings deur BLF wat mense aanhits om grond onwettig te betree en te beset.

“Die sogenaamde Land Now Declaration wat die BLF op 27 Mei 2017 in Soweto bekendgestel het, het byvoorbeeld ’n rassistiese ondertoon en sluit af met die woorde ‘Take back the land! Land or Death!’. In Junie 2017 tydens ’n onderhoud op Radio Sonder Grense (RSG) het Lwana op die lug ’n beroep vir massagrondbesettings gedoen,” het hy gesê.

“BLF het verder aangevoer dat die organisasie in Januarie 2018 massagrondbesettings sal fasiliteer, wat AfriSake met geen ander keuse gelaat het as om in te gryp ten einde grondwetlike eiendomsregte te beskerm nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eish ·

Verblydende nuus, veral ook dat BLF (Gupta) kapitaal die regskoste moet vereffen.

Casper Labuschagne ·

Nie bloot Gupta kapitaal nie, maar eintlik afkomstig uit die honderdmiljoen wat ‘n Afrikaanse mediagroep se satellietdiens vir die ANN7 nuusdiens aan die Guptas betaal het. So volgende keer wat jy jou gunsteling Afrikaanse koerant of tydskrif koop, betaal jy dus indirek vir die BLF se regskostes – veels geluk!

Hennie Venter ·

Ek wil net weet wat van die samekoms waar Zuma die liedjie gesing het: “Ons sal hul afmaai met masjiengewere….die boere….”……. Is hy gevrywaar omrede hy president is. Hierdie mense behoort vir my aangekla te word van poging tot moord want hoeveel plaasaanvalle en ander is deur hul uitlatings en aanvuring geinspireer? Wats die verskil tussen wat hul doen en wat ouens wat swart man in kis gesit het?

Cornelia ·

Dankie Afrisake. Dankie dat u die gees van anargie in bedwang hou deur dit tot rekenskap te roep. Dankie dat u daadkrag, baie beskerm wat “verslae” swyg. Mag u positiewe optredes geseënde vrug lewer.

Cornelia ·

Dankie Afrisake. Dankie dat u optree teen organisasies wat anargie aanspoor. Mag u daadkrag geseën word met die positiewe gees wat dit verdien.

Andre ·

Ons moet begin opstaan, hulle kan nie so voort gaan nie.
Baie dankie aan AfriSake, ten minste iemand wat iets doen!

Ben ·

Uitstekende Nuus. Sou ons sulke onwettige grondbesetings toelaat dan is ons klaar ‘n Simbabwe. As ons bellegers wil kry om in ons land te bele dan moet ons, ander se eiendom respekteer. In Suid Afrika is daar geen rede vir onwettige gondbesetings nie aagesien daar baie grond te koop is. Sou jy wou grond gehad het, kan jy doorvoor werk of wat van kry jou vriende om saam geld by te sit soos bv Skare Bevondsing – “Crowd Funding”.

Jakalas ·

Ek sien baie mense vuur hierdie oorwinning. Weet hulle dat geweld aanhitsing (wat grond grypings in sluit) is al klaar ‘n misdaad in Suid Afrika. Dink julle hulle gaan hierdie interdik gehoorsaam? Malema het nog nooit syne gehoorsaam nie. Wanner gaan mense besef die wet gaan ons nie meer gaan beskerm nie.

Blommie ·

Ek dink ook nie dit gaan hulle keer nie. Hulle doen dit in elk geval so hulle gaan net voort gaan

Dirk01 ·

Goeie nuus gedra jou , as n tv kamera naby is dan word roekelose uitlatings gemaak en opgeneem . Die tyd vir politisie om radikale uitlatings te maak vir aandag is verby . Die uitdaging aan hulle is kom met sin volle ekonomiese oplossings en niks van maak , breek en vat nie .

Chris Ws ·

Waars die lig?Wag en kyk maar,’n penlig flits in die nag beteken niks,

Penellope Jones ·

Goeie nuus en baie dankie!

Al wat mens hinder is in watter mate BLF “ondergronds” gaan aanhits?
Mens kan hulle nie onderskat nie.

Oom Piet ·

My swanesang vir Afrisake word gerugsteun deur my maandelikse debiet order, aan die organisasie.
“Talk is cheep”
Dankie, doe so voort, ‘n pensioenaris wat daadwerlik omgee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.