Afslaer steel munisipaliteit se geld

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn Afslaer wat aangestel is om bates namens die Lekwa-Teemane- plaaslike munisipaliteit in Noordwes op te veil, het meer as R1,5 miljoen van dié geld uiteindelik in sy eie sak gesteek.

Die munisipaliteit bedien dorpe soos Christiana en Bloemhof.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê die Mmabatho-landdroshof het Masilo Tumisang Molefe (38) Woensdag skuldig bevind op twee aanklagte van diefstal.

Molefe, ʼn afslaer, het wel die bates opgeveil en verkoop, maar sowat R1,5 miljoen daarvan het in sy eie sak beland.

Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het die ondersoek gelei.

“Hy is gevonnis tot vyf jaar direkte tronkstraf vir die eerste aanklag van diefstal en drie jaar tronkstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is, vir die tweede aanklag van diefstal. Hy sal dus ʼn effektiewe vonnis van vyf jaar tronkstraf uitdien,” het Rikhotso gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hennie J ·

Die afslaer is in die eerste plek aangestel deur middel van n tenderproses wat daarop dui dat die munisipale kaders nie hulle navorsing (vetting) werk na behore gedoen het nie OF dat dit die gekose afslaer was want hy was bereid om met andere te deel.

Tanja ·

Maar hy’t lig daarvan af gekom, in 5 jaar loop daai 1,5 miljoen baie rente en hy kry ń 5 jaar sabbatical.

Louwrens ·

Ek verstaan net nie, waar geld is vat HULLE dit net !!!!!

tweeling ·

Hulle antwoord sal wees, tydens apartheid was daar nie die kans nie maar nou is dit daar en hulle gryp dit aan. Dis wat die gewese kommissaris van polisie vir genl johan booysen ‘n tyd terug gesê het

Misky ·

Ek is bly name en vanne word deesdae bekend gemaak, want dit bevestig net wat ons almal weet en die meeste sondebokke is. Ai, HULLE kan hom net nie los nie en soos n blink dingetjie vir n kraai…..

Persheks Adri ·

Die vonnis regverdig nie die bedrag geld nie! Niks skrik hulle af nie, want kyk hoe lank kry hulle pffft tsssk

Nozi ·

Darem kan hy die geldjies hou en laat rente loop vir 5 jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.