ʼn Afslaer wat aangestel is om bates namens die Lekwa-Teemane- plaaslike munisipaliteit in Noordwes op te veil, het meer as R1,5 miljoen van dié geld uiteindelik in sy eie sak gesteek.
Die munisipaliteit bedien dorpe soos Christiana en Bloemhof.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê die Mmabatho-landdroshof het Masilo Tumisang Molefe (38) Woensdag skuldig bevind op twee aanklagte van diefstal.
Molefe, ʼn afslaer, het wel die bates opgeveil en verkoop, maar sowat R1,5 miljoen daarvan het in sy eie sak beland.
Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het die ondersoek gelei.
“Hy is gevonnis tot vyf jaar direkte tronkstraf vir die eerste aanklag van diefstal en drie jaar tronkstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is, vir die tweede aanklag van diefstal. Hy sal dus ʼn effektiewe vonnis van vyf jaar tronkstraf uitdien,” het Rikhotso gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Wat is dit met HULLE en geld?
Mooi.
Die afslaer is in die eerste plek aangestel deur middel van n tenderproses wat daarop dui dat die munisipale kaders nie hulle navorsing (vetting) werk na behore gedoen het nie OF dat dit die gekose afslaer was want hy was bereid om met andere te deel.
Maar hy’t lig daarvan af gekom, in 5 jaar loop daai 1,5 miljoen baie rente en hy kry ń 5 jaar sabbatical.
Ek verstaan net nie, waar geld is vat HULLE dit net !!!!!