Afslag op e-tolskuld ʼn ‘klug’

Argieffoto

Argieffoto

Die 60%-afslag wat aangebied word op e-tolskuld is ’n klug en verander niks nie, het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) gesê.

“Ons is nog altyd van mening dat die toepassing van afpersing en strafmaatreëltariewe nooit ’n doeltreffende taktiek vir Sanral [Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap] sou wees om in die eerste plek toe te pas nie,” het Outa in ’n verklaring gesê.

“Die meerderheid van die publiek het die skema verwerp, nie as gevolg van die tariewe nie, maar omdat die skema onregverdig en irrasioneel is. As Gauteng se motoriste in die eerste plek die skema aanvaar het, sou hulle e-tolskyfies gekoop het om van die begin af afslag te geniet.”

Volgens Outa verander die verminderde maandelikse beperking nie die buitensporige koste van insameling en verryking van buitelandse maatskappye nie.

“Ons glo dat ’n paar mense deur Sanral se nuwe wortel aan die neus gelei kan word, maar dit sal nie die huidige 25%-nakomingvlak opstoot na veel meer as 40% nie, en op dié vlak is die skema steeds ’n reusemislukking as gebruikerbetaal-meganisme.”

Outa hou nog altyd vol dat die e-tolstelsel onwettig ingestel is en dat die publiek die volste reg het om nie e-tol te betaal vir die gebruik van Gautengse snelweë nie. “60%-afslag op nul rand wat geskuld word, bly nul sover dit ons betref,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, gesê.

Outa het intussen ook ʼn nuwe veldtog bekend gestel wat daarop gemik is om regsondersteuning aan sy betalende lede te bied indien daar regsaksie teen hulle geneem word vir die versuim om e-tol te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

Dink tog net ‘n bietjie. Sover ek weet sê die “A&C” se krediet-wet dat kredietverskaffers eers die mense aan wie hulle krediet wil toestaan moet ondersoek om te bepaal of hulle daardie krediet kan terugbetaal. Dit beteken SANRAL moet elke padgebruiker eers laat “Credit Check” voordat hulle “krediet” aan die motoris toestaan. Het hulle dit gedoen? Nie sover ek weet nie. Dus kan ek nie verantwoordelik gehou word vir my SANRAL rekening nie….ek kan dit nie bekostig nie. Amen.

Johann Marx ·

Dink tog net bietjie. Volgens die A&C se eie kredietwet moet ‘n kredietverskaffer sy voornemende kliënte se finansies ondersoek om te bepaal of hulle daardie krediet kan terug betaal alvorens dit toegestaan word. Dit beteken SANRAL moes elke motoris eers laat “Credit Check” het voordat hulle “krediet” toegestaan het. Sover ek weet is dit nie gedoen nie, wat eenvoudig beteken ek neem geen verantwoordelikheid vir daai SANRAL rekening nie. Ek kan dit nie bekostig nie….Amen.

Swanna ·

Dankie Outa ons sal jou ondersteun en van jou dienste gebruik maak. Jy voel presies soos ons oor die saak. Baie dankie.

JoeV ·

Outa vir President! daar is nie nastenby genoeg klem op die werklik perk van R500 per maand nie, dit is PER TOL HEK. Die 23000 rand rekening in die mandjie by die huis getuig daarvan. Ek bly en werk reeds een jaar nie meer in Johannesburg nie, die rekening is opgebou van die instelling van die tol tot November 2014.
Dan wil ek nóg ‘n stuipe kry oor almal maar net aanvaar dat 70% van die tolgeld na die buiteland gaan, wdh man!

ig ·

Joe,jy moet sien hoe lekker steek daai koeverte n braaivleisvuur aan.

Gertjie ·

As hulle my 60% afslag gee beteken dit hulle skuld my nou 40%. Mooi man…

Ockert ·

Ek het my met die rekening probeer afvee maar dit vlek ‘n mens se boude

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.