Afsondering: 21 Gautengse skole reeds deurgeloop

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Altesaam 18 skole reg oor Gauteng het reeds onder inbrekers of vandale deurgeloop sedert die algehele landwye afsondering verlede maand ingestel is. Drie skole in Soshanguve in die noorde van Pretoria is ook vermoedelik aan die brand gesteek.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag in ’n verklaring gesê toerusting en die kruideniersware van skole se voedingsprogramme is gesteel gedurende die inbrake.

“Die departement is bewus van kriminele aktiwiteite by 21 verskillende skole wat dui op ’n neiging deur misdadigers om voordeel te trek uit die 21 dae van afsondering deur skole te beroof en te vernietig,” het Lesufi gesê. “Dit is ontstellend as ʼn mens in ag neem dat ons nou eers by dag 12 van die afsonderingtydperk trek. ’n Mens wonder hoe die prentjie na hierdie tydperk gaan lyk.”

‘n Gedeelte van die Amogelang Secondary School in Soshanguve het Maandagoggend afgebrand. (Foto: Verskaf)

Lesufi het egter daarop gewys dat skole ook gedurende skoolvakansies deurloop. Skole word gesien as sagte teikens wanneer daar geen bedrywighede is nie, het die LUR verduidelik.

Die departement doen ’n beroep op die publiek om nie gesteelde kruideniersware te koop nie en enige inligting rakende die voorvalle by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael 1 ·

Ek stem saam maar as die skole weer open word daardie kinders met regering gesubsidieerde taxis aangery na funksionele skole wat reeds oorvol is en dan word daar aangedring dat daar plek gemaak word vir hulle so wie is die verloorders dan.

Sakkie ·

Ja en môre staak hulle weer want hulle het nie skole nie.

Bets ·

Mense hou op plunder en brand ons in n tyd van nood staan liewers saam DAT ons die virus dood kry en laat ons weer kan normaal met ons lewens kan aan gaan kom ons probeer ASB

Die Wolf ·

Bets, Die wat so plunder lees nie Maroela nie. Ek wonder maar wie staan en wie is saam. Ek ondersteun egter jou pleidooi.

Michael 1 ·

Ons moet n onafhanklike tuisland kry waar almal wit en swart wat nie hierdie anargie en onbevoegde regering meer kan verdra nie n nuwe opbouende lewe kan leef.

Nie Verbaas ·

En weereens bly ek liewer stil. Net een woord vir ANC, selfondersoek.

Jacobus ·

Die verlies kan ons in die land nie bekostig nie. Wil mr Cele liewer maar die skole beskerm wat ons in die toekoms gaan nodig kry vir die opbou proses. Hou op om goeie burgers te intimideer en beledig en konsentreer op beskeming van noodsaaklikhede – of het mr Lesufi wéér ‘n ander plan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.