Afsondering: 50% van ondernemings dalk binne maande bankrot

(Foto: Henk Kruger/ANA)

Die organisasie Sakeliga sê meer as 50% van die 706 deelnemers wat in die eerste gedeelte van dié maand aan sy jongste Covid-19-ondernemingsimpakpeiling deelgeneem het, se ondernemings gaan binne drie maande bankrot wees as die huidige afsonderingsituasie voortduur.

Sakeliga sê verder verwag meer as agt uit elke 10 van die respondente reusedalings in hul onderneming se omset. Byna 82% van diegene wat deelgeneem het, verwag dalings van 25% of meer vir 2020.

Sowat 48% van respondente sê ook dat weinig gedoen kan word om die skade te beperk.

Altesaam 706 respondente het aan Sakeliga se derde Covid-19-peiling deelgeneem. Die vraelys is per e-pos onder Sakeliga se ledebasis en breër netwerk versprei en die meeste van die respondente was vanuit Gauteng en die Wes-Kaap. Omtrent sewe uit elke 10 respondente was van klein ondernemings met minder as 10 mense in diens. Meer as nege uit elke 10 respondente was van ondernemings met minder as 50 mense in diens.

Hoewel afsonderingsmaatreëls van vlak 5 na vlak 4 verslap is, het die peiling getoon byna vyf uit elke 10 ondernemings kan steeds nie hul bedrywighede hervat nie.

Agt uit 10 van diegene wat aan die opname deelgeneem het en wat wél tans sake doen, het aangedui dat insette die afgelope maand moeiliker was om te bekom as wat die geval was voordat die beperkings ingestel is.

“Die ekonomie is ’n geheel met inmekaargeweefde kettings van diensbaarheid en interafhanklikheid. Soos ons vanuit die staanspoor verwag het, bemoeilik die huidige afsonderingsreëls, wat die omstrede permit- en lisensiëringsvoorwaardes insluit, selfs die bedrywighede van die sogenaamde noodsaaklike en ander pas toegelate ondernemings,” sê Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die organisasie se hooggeregshofsaak word binnekort aangehoor. Die organisasie vra dat ’n wye verskeidenheid lisensiëringsvoorwaardes tersyde gestel word, asook dat ondernemings, organisasies sonder winsoogmerk en werkers beskerm word teen onregmatige belemmering en inhegtenisneming.

Sakeliga sê nie net het die meeste deelnemers aan die peiling ’n akute verswakking in hul onmiddellike saketoestande teenoor ’n voorafgaande sewe dae aangedui nie, maar meer as ’n derde (36%) van die respondente verwag dat vooruitsigte nie oor die komende 12 maande sal verbeter nie.

Dit staan teenoor minder as 22% wat dink dat vooruitsigte oor 12 maande sal verbeter.

Sakeliga sê daar is boonop groot onsekerheid oor die toekoms onder die respondente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rodger17 ·

Hierdie anc regime van cyril is besig om die wittes met besighede te elimineer van die ekonomie.Hy en sy people wil mos nou n swart ekonomie peobeer skep om die wittes uit te sluit.Slegte nuus vir cyril,die witmense gaan hulle nie laat onder kry deur hul kommunistiese ideologie nie.Hul moet net pasop,hul planne gaan in hul gesigte ontplof en dan vat china die belê land oor!Anc speel vir tyd om hul doelwitte te probeer bereik,maar dit gaan boemerang en dan is dit te laat!

Jaco ·

ek wil graag weet, as so n besigheid wat nie BEE is nie nou nie vou nie, maar net afskaal en ‘n swart werker word afgedank. wat gaan die CCMA maak as die besigheid se verweer dan is dat hulle weens inperking en geen hulp weens geen BEE moes afskaal en dus nie vir die werker sy werk kan teruggee nie? Daar gaan mos duisende sulke sake wees. Weet die CCMA wat op hulle wag>?
As dit die Staat, waarvan CCMA tog deel is, se “skuld” was dat die besigheid moes afskaal, dan is die besigheid mos nie skuldig aan ‘n lnregverdige afdanking nie.

pokkel ·

En daar’s reuse dele van land met 0.00 infeksies tot op hede, maar geen haas om selfs dié dele oop te maak, wat in my opinie weke terug al kon oopmaak. Dit is belaglik hoe die hele land dieselfde hanteer word as bv. Kaapstad.

capie ·

Ek is in ‘n gelukkige posisie dat ek moontlik my bedrywighede binnekort kan hervat. Die probleem is, het my kliënte die geld om my te betaal. baie van hulle het ook nie inkomste gekry nie en sekerlik is daar wat nie meer werk het nie, of self hulle besighede gesluit het. Vir seker gaan ek minder omset hê. Bygesê, ek werk al skelm.

Erica ·

Ek kan vir jou se wat gaan gebeur. 1. Jy stuur emails en bel hulle oor hul rek. 2. Hulle gaan jou vra vir die pods (dit is om vir tyd te speel) . 3. Dan gaan hulle vir jou n brief skryf dat hulle jou nie nou kan betaal asgv die lockdown. Dis wat ons kry. Nou bel jou krediteure en demand geld so dan gaan jy weer dit doen met hulle en ook n brief stuur. En so sal dit gaan tot ons weer kan besigheid kan doen.

Janc ·

Italie was 10 weke onder lockdown gewees en het hulle ekonomie nou oopgemaak sodat hulle kan herstel. Suid-Afrika is nou 9 weke onder lockdown en daar is geen sprake van wanneer ons daaruit gaan kom nie. Ons is nie juis ‘n land wat dit kan bekostig nie. Ons raak nou moeg en ongeduldig met hierdie lockdown en hulle sal maar moet oopmaak sodat ons weer kan lewe!

Francois ·

Onthou Italie het nie n korrupte magsbehepte rasistiese regering nie. Dit is juis die regering se plan dat sls moet vou en dan kan hulle als oorvat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.