Afsondering: Aanbidders in hegtenis

Polisielede op patrollie in Pretoria. (Foto ter illustrasie: SA Polisie)

ʼn Groep mans wat Vrydag vermoedelik byeengekom het om saam te bid, is in hegtenis geneem vir oortredings van die Wet op Rampbestuur.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid was op patrollie in Pretoria toe hulle bedag gemaak is op ʼn groep mense wat bymekaargekom het.

“Die polisielede het gereageer op die klagte en die groep mense in ʼn gebou in Retiefstraat in Pretoria aangetref. Hulle het voorberei vir aanbidding,” het Naidoo gesê.

Die polisie het 17 mans in hegtenis geneem. Hulle bly in aanhouding tot die departement van binnelandse sake hul burgerskap kan nagaan.

“Die verdagtes sal op borgtog vrygelaat word, beboet, of na die hof geneem word, afhangende van die voorlopige ondersoek,” het Naidoo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stof ·

‘n Uittreksel uit die publikasie, Psigoët, uit 2004:
“Sodra menslike owerhede die outoriteit wat slegs per delegasie aan hulle geleen is vir ‘n bepaalde doel en tydperk, poog te gebruik teen die Gewer daarvan, of Sy gestuurdes, verval hierdie gedelegeerde gesag.
Enige verdere “uitsprake” of aksies wat wat gepleeg word in die ilusie dat hulle steeds oor hierdie gedelegeerde gesag beskik, is dus suiwer Godslaster en dra derhalwe geen waarde nie.
Die gevolge vir hierdie lasteraars, is gevolglik voor die hand liggend..”

Rodger17 ·

My hel kan mens nie eers meer jou God dien nie?Waarop het polisie nou weer beslag gelê?

Michael 1 ·

As ek n polisieman man was sou ek die mense gewaarsku het en laat gaan het.

ronel ·

Die episenter uitbraak in die weskaap is veroorsaak deur ‘n geloofsgroep wat die afsluiting verontagsaam het. Corvid 19 vra nie jou geloof, jou ras, jou geslag of jou intensie voor dit jou liggaam aanval nie, Bid, bid soveel soos jy wil, bid op elke hoek van jou huis, jou erf, op jou dak as jy wil, maar NIE in groepe NIE. Soos wat ons in die land vryheid van geloof het, en soos elkeen nou voel die regering ontneem hul die reg tot hul geloof en oral wil skrywes aanhaal dink ek hul moet dalk eerder die skrywes aanhaal waar elkeen van ons- ongeag geloof- die gawe van onderskeiding ontvang het, en om blindelings te besluit die is geloofskending, of dan godslastering, lees ‘n slag weer mooi jou bybel, is die melaatses toegelaat om saam met die gesondes te leef en te aanbid ? NEE hulle is verban ongeag of hul geglo het aldan nie! Dit is juis hierdie eng verstrengling in tonnel visie geloof wat logika verwerp en rampe veroorsaak!
Moenie dwaas wees en n virus gaan help versprei,

Eerlik ·

Ek het die video gesien en moet se dat die “taktiese reaksie eenheid” van geen taktiek of etiese waardes beskik nie. Dis lagwekkend hoe onprofessioneel hulle optree. Mens verstaan die Vrydae aanbiddings maar hierdie mense kan sekerlik in die privaatheid van hulle huise ook hulle god bedien en nie n byeenkoms daarvan maak nie.

Grassie ·

Die polisie se optrede het niks met geloofsvryheid te doen nie, dit is bloot ‘n optrede om die virus se verspreiding te beperk en is noodsaaklik. Christus sê in Mat. 6 vers 6 “Waneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid.” Dit is nie nodig om in ‘n groep te bid voor jy verhoor word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.