Afsondering: Bystand ná vermoedelik onregmatige inhegtenisnemings

(Foto: SA Polisie/Facebook)

AfriForum het ’n regspan aangestel om twee slagoffers van vermoedelik onregmatige inhegtenisnemings, wat tydens die landwye afsonderingsperiode plaasgevind het, in hulle onderskeie sake by te staan.

In die eerste voorval is ’n man met ’n geldige permit deur die SAPD afgetrek en op grond van ivoorverwante-oortredings in hegtenis geneem omdat hy ’n paar ou koedoehorings in sy voertuig se kattebak gehad het.

In ’n ander voorval is ’n persoon in hegtenis geneem omdat hy sigarette in sy besit gehad het waarvoor hy nie ’n bewys van aankoop kon toon nie.

“’n Groot aantal lede van die wetstoepassingsowerheid het tydens die afsonderingsperiode hul gebrek aan kennis rakende die heersende regulasies by verskeie geleenthede ten toon gestel,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid, in ʼn verklaring.

(Foto: SAPD/Facebook)

“In baie gevalle is die polisielede bloot kwaadwillig en geniepsig. Ons het besluit om dié twee sake aan te pak onder meer met die doel om SAPD-lede en ander wetstoepassingsbeamptes te laat les opsê vir die onregmatige wyse waarop hulle burgers hanteer.”

Die SAPD het op 19 Mei 2020 ’n dokument aan polisiestasies uitgereik wat sy lede opnuut verwittig het van wanneer inhegtenisnemings en geweld toegepas kan word, voeg Kamfer by. “Die dokument stel ook pertinent dat lede wat nie die regte prosedures volg nie, persoonlik verantwoordelik gehou sal word vir enige vergoeding wat die SAPD vir dié lede se wangedrag moet opdok.

“Ons hoop om ’n presedent te skep wat wetstoepassingsbeamptes twee keer sal laat dink voordat hulle burgers boelie en magsmisbruik toepas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pieter ·

N vriend van my is n polisie man hy het iemand onregmatig toe gesluit. Hy het die hof saak veroor die dag as hy op pension gaan dan gaan die SAP daai geld af trek wat hulle moes betaal het. Stem saam vat hulle geld hulle dink hulle kan maak nes hulle wil

PieterP ·

Hou die lede persoonlik verantwoordelik reken die dokument. Goed maar nou:
1. Die konstabels is net so deurmekaar soos die die res van ons oor al die ministers se uitlatings.
2. Dit blyk dat die vlak van opleiding em dissipline net nie meer is wat dit was nie en dus is hulle eie opinie dikwels verkeerd.
3. As die minister so gesê het dan moet dit mos wet wees. Nee toe nie, Gaan vat julle pak en dan dagvaar julle vir Cele vir sy eie wette wat hy so on the fly uitdink. Dagvaar vir waarvoor jy nou persoonlik annspreeklik gehou word plus emosionele trauma oor die saak, plus plus plus.
Dalk word die spul wakker.

Alleen Wolf ·

Ja dagvaar vir Cele ook in sy persoonlike hoedanigheid as hulle glo dis as gevolg van sy onbegrip en voortvarendheid, maar baie van hulle is net so magsbehep, so kry maar vir julle, ons het lank genoeg julle misbruik van mag verduur.

Koos ·

Jammer om te se maar 80 % van die SAPD is onbevoeg om hul werk te doen en steek dit weg met sulke onodige dom optredes.

Michael ·

Ek glo eerder 99% van die treurige spul is onbevoeg-dis maar ‘n uiters rare verskynsel om ‘n bevoegde geregsdienaar te vind-ons leer ons kleinkinders om uiters bang te wees wanneer hulle ‘n polisie, verkeersman/vrou of iemand in weermaguniform sien-hulle moet dadelik uitroep na hul ouers wanneer hul een van bg gewaar en so vinnig moontlik na hul ouers of ander nabye gesagsfigure hardloop.

Jaco ·

En daar gaan natuurlik geluister word na ‘n “wit Afrikaanse rassistiese manlik gedomineerde” organisasie. Dia hoe ons owerhede Afriforum beskryf. Hulle hou nie van ons nie.

koos10 ·

Gister het ‘n wit organisasie die regering bloed neus in die hof geslaan.

Michael 1 ·

Dit sal definitief n afskrikmiddel wees om die arogantheid van die meeste polisie lede in uniform te bekamp,en dit is nodig weens die swak opleiding wat hulle kry en die ongedisiplineerde mense wat aangestel word .

netekalleen ·

En met hulle( die polisie) soos so baie ander sal daar absoluut niks gebeur nie.

koos10 ·

Ek het al in die verlede gesê: SAPD lede moet die wet toepas, nie die wet (her)skryf nie.
Die regulasies was toe ek laas gekyk het bykans 600 bladsye, geen mens, nie eers die wat dit geskryf het, weet werklik wat daarin staan nie. Nou verwag ‘n mens dat SAPD lede dit moet ken en reg moet toepas (binne 2 maande), en dan kom die hoof nar nog en gee sy eie opinie, wat SAPD lede as waar beskou, want ‘n opdrag is ‘n opdrag en geen lid sal teen die hoofnar gaan nie.
Hou die CCC verantwoordelik vir die kostes, nie die SAPD lede nie.

Gert ·

Ek het nog 10 kartonne sigarette. Het dit voor die inperking gekoop. Geen bewys van aankoop!!!

Lourens CFG ·

Weet julle wat, ek is só lus vir ‘n rook ding dat ek myself seker nie in toom sal kan hou as so arrugante houding my wil aantree nie.
Dit bekommer my baie.

Anoniem ·

99 Persent van mense in uniform het geen benul van wat om hulle aangaan nie. Wanneer hulle iemand boelie of inhegtenis neem, voel hulle baie tevrede met die paar pitte tussen hulle ore.

Kobus ·

Kom ons begin by die kabinetslede wat rook.Gee asb bewys van julle wettige aankope.Verder lyk dit vir my of ons polisie ag meer daarop uit is om vergelding te pleeg teenoor blankes,dis mos nou die ideale tyd om die blankes terug te te kry en ook te weet dat minister Cele alias John Wayne hulle ondersteun.

Frik ·

Goed gedaan . Die lede moet persoonlik aanspreeklik wees. Nie net vir kostes nie maar ook in persoon siviel regtelik aangekla word Nie wanneer hulle aftree nie , Die huidige geld waarde . Laat hulle uitwin tot hulle geen besittings oor het en nie weer werk kan kry . Stig “Croud Funding” fonds vir die regs koste om mense te help.

Alleen Wolf ·

Ek hoop Afri Forum slaag met hierdie sake en daarmee dat ons hulle in hulle persoonlike hoedanigheid aanpreeklik kan hou.
Ek hoop ook dat dit na Covid van toepassing sal wees aangesien die Metro polisie ook baie windgat is en jou baie maklik dreig met arrestasie, hulle sal tweekeer dink as sy pensioen geldjies in gedrang kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.