Afsondering: Chaos by Pretoriase hooggeregshof weens e-stelsel

(Argieffoto)

Talle Pretoriase prokureurs sit hande in die hare oor die aanlyn stelsel waarna die Pretoriase hooggeregshof weens die Covid-19-pandemie oorgeskakel het. In sommige gevalle het die situasie nou só onhoudbaar geraak dat van die firmas vrees dat hulle hul praktykdeure sal moet sluit as dié stand van sake voortduur.

ʼn Prokureur wat uit vrees vir viktimisasie op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat het, sê dit is deesdae haas onmoontlik om ʼn hofgeding behoorlik aan die gang te kry.

Elektroniese stelsel 

“Alles by die hof moet nou per e-pos gebeur. As jy ʼn hofdatum wil hê, moet jy die versoek na ʼn spesifieke e-pos stuur; as jy ʼn nuwe saak wil aanhangig maak en jy benodig ʼn saaknommer, moet jy die versoek na ʼn ander e-pos-adres stuur,” sê sy.

“Alles wat ons gewoonlik persoonlik by die hof kon doen, moet nou elektronies gedoen word.”

Die hof gebruik ook ʼn stelsel genaamd CaseLines waarop alle sake elektronies beheer word. Dié stelsel veroorsaak egter ook ʼn legio probleme.

“Wat wél van 4 Mei [toe na die stelsel oorgeskakel is] gebeur het, is níks. E-posse word nie beantwoord nie. Soms is die e-pos-adres tot drie weke lank vol. Dit beteken ons kry nie mosiedatums op die bestrede rol of die onbestrede rol nie, nuwe stukke word nie uitgereik nie en sake word ook nie op CaseLines gelaai nie.”

Prokureurs is in hierdie stadium só desperaat dat daar oorweeg word om te vra dat die hof onder administrasie geplaas moet word, of dat ʼn dringende hofaansoek ingedien word in ʼn poging om die hof te dwing om sy werk te doen. Die praktiese uitvoerbaarheid daarvan word egter betwyfel.

Prokureurs word gekonfronteer met toenemende korrupsie weens die stelsel. Bodes wat hofstukke moet liasseer word nou glo R100 daarvoor gevra, terwyl die “prys” om hofstukke uit te reik, op R300 staan.

Talle regslui wat steier onder die probleme wil egter nie openlik daaroor kla nie en sê dit gaan veroorsaak dat hofamptenare selfs meer onwillig sal wees om te help.

Vier groot probleme

Die Pretoriase Prokureursvereniging (PPV) se hooggeregshofkomitee het verlede maand onder meer met die hoofregter, waarnemende adjunkhoofregter Sulet Potterill, die hoofgriffier én kantoorbestuurder van die hof vergader in ʼn poging om die situasie te beredder.

Volgens die PPV het die hoofregter benadruk dat die klagtes op ʼn dringende grondslag gepak sal word. Die PPV sê hy het die vergadering as konstruktief beskou, omdat die hoofregter en adjunkhoofregter kennis geneem het van die probleme en ook die prokureurs se voorstelle oorweeg. Daar het egter min gekom van die toegewings waarop by die vergadering besluit is.

Vroeër vandeesmaand het die PPV weer eens ʼn skrywe aan adjunkhoofregter Potterill gerig waarin hy navraag doen oor dieselfde probleme wat blykbaar onaangeraak is. Maroela Media het hierdie skrywe onder oë gehad. Die PPV sê die probleme wentel grootliks rondom vier kwessies: Aansoeke vir verhoordatums op die siviele hofrol, die plaas van sake op die hofrol, die uitreik van hofstukke vir bevel- en mosieaansoeke en aansoeke vir datums vir onbestrede mosies.

Volgens die vereniging word geen siviele sake op 2021 se hofrol geplaas nie en geen hofdatums vir onbestrede sake word toegeken nie.

Daar is in hierdie stadium ook glo ʼn agterstand van nagenoeg 5 000 hofstukke (nuwe dagvaardings of aansoeke) wat uitgereik moet word. Die PPV het selfs aangebied om sy eie kantoor en personeel beskikbaar te stel om dié agterstand te help inhaal.

Die vereniging het ook aangebied om sy kantore so in te rig dat takserings op elektroniese platforms gedoen word en drie werkstasies is reeds gereed om in gebruik geneem te word.

Die PPV het egter nog geen terugvoer oor aanbiedinge om hulp ontvang nie.

Geen einde in sig 

Tiaan Joubert, voorsitter van die PPV en ondervoorsitter van die Gautengse Prokureursvereniging (GAA), sê prokureurs kry in hierdie stadium weinig terugvoer van enige hofamptenare. “Ek is regtig bekommerd. Ons by die PPV het ʼn baie goeie verhouding met die hofpersoneel, maar nou word die fone of ons e-posse nie eens meer beantwoord nie.

“Ons is bekommerd dat ons nie met hulle in verbinding kan kom nie.”

Weens die afsonderingsregulasies wat steeds geld is daar ook net ʼn beperkte hoeveelheid hofpersoneel op kantoor.

Joubert sê indien ʼn saak reeds op ʼn rol geplaas is of ʼn kwessie dringend is, mag betrokkenes toegang tot die gebou kry. Indien dit nié die geval is nie, word jy nie in die gebou toegelaat om ʼn saak te probeer uitstryk nie.

“Die publiek word in hierdie stadium toegang tot reg en geregtigheid ontneem. Die PPV sal nou onder die vaandel van die federasieliggaam, die GAA, die situasie direk moet eskaleer na die kantoor van die Gautengse regterpresident.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die kantoor van die hoofregter gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jaco ·

Kan dié afsondering nie maar net gestop word nie? Almal sien tog nou dat dit nie werk nie. Ek weet die eintlike doel met inperking is om wit besighede te laat ondergaan, maar ek stel voor dat inperking gestop word en dat belasting van wit besighede terselfdertyd verhoog word. Dan bly wit mense darem aan die gang terwyl hulle vir apartheid “gestraf” word.

Pieter ·

In die komunistiese ANC land is als waar by hulle betrokke is n gemors. Geen verskil tussen ZANU PF en ANC nie

Frans ·

Lag leke vir die klomp narre da niks wat hule nog kon aanpak en voltoi het nou gaan da weer n komiesie van ondersoek aangestel word dis al wat die mense ken

Nico ·

Die korrekte ampsbeskrywings vir regters Mlambo en Potterill is regter-president en adjunk regter-president.

Boortor ·

Ok,so nou weet ons hulle se range. Vraag is nou wat doen hulle?

Flip ·

Maak nie saak wat jy hulle ampbeskrywings noem nie, die stelsel werk nog steeds nie….

'n Simpelman ·

‘n paar prokureurs en advokate kan werk en inkomste verloor.

Welkom in ons wêreld.

Celeste ·

Wat laat jou dink Prokureurs en advokate weet nie hoe dit is daar buite nie. My man is n Prokureur en verloor meer as wat jy dink en so ook Ander Prokureurs en Advokate. Moenie dink daar is n werk daar buite wat nie geraak word nie.

Dorry ·

Jy is simpel man. Dink voor jy praat (skryf). Daar is sekretaresses, bodes, kandidaat prokureurs ens. wat ook hieronder ly.

ES ·

Dit is gewoonlik die kommentaar van iemand wat geen idee het wat dit is om ‘n prokureur te wees of wat ‘n prokureur of advokaat doen nie. Gaan doen bietjie jou navorsing, hulle trek ook aan die kortste ent.

Johann ·

Wat is nou weer die belangrikste element van n TOTALE STAAT VAN ANARGIE? O JA….die verval van enige wettige regstelsel en totale beheer oor wets.toepassing.

Jaco ·

Ek kan verstaan dat wit advokate en prokureurs seker hulle werk moet verloor. Ramaphosa het tog kort na lockdown begin het gesê die wit rol in SA se ekonomie moet drasties verklein word. Dis erg, maar ons sal dit seker maar so moet aanvaar. Daar is darem (nog) nie konsentrasiekampe en erger goed vir wit mense nie.
Wat ek egter nie van inperking verstaan nie, is dat daar amper doodse stilte is oor swart besighede wat swaarkry en toemaak. Ek weet daars ‘n “noodfonds” vir hulle, maar dít gaan tog nie vir ewig hou nie. So wat word van swart besighede wat ná die noodfonds vou?
Iewers gaan ‘n groot “bubble” bars en daar gaan nie werklose wit mense agter dit sit nie…

Spyker ·

Dit is n gemors, ek wag al twee maande vir n datum vir my egskeiding!!!!!!

gatgogga ·

Het jy al jou plaaslike sjebeen probeer? Hulle sal seker nou al ook egskeidings kan doen.

Chris ·

Dit is eintlik hoe die stelsel moet werk, die oorsprong en die wyse hoe die stelsel werk, is reeds beproef en ingebruik gestel vir afsprake vir bestuurslisensies. Bykomend en dus nog nie in werking nie, is die suksesvolle instelling van ‘n oproepsentrum (one stop customer service call centre) indien jou oproep belangrik is en/of jy dalk onredelik is of eerder ontevrede is met diens.

Pieter ·

Wat jy saai sal jy maai. Almal dra by oor die jare dat die regstelsel ‘n goed betaalde sirkus geword het.

marius ·

Hulle betaal maar te gewillig vir skelmstreke ? Geen ruggraat , dis die waarheid .

Stofdonkie ·

Nou waar is ou grootbek lamola dan nou? Hy is dan so vinnig om sy groot bek te rek oor hou rokers gestraf moet word maar sy howe werk nie eers nie, of is hulle besig om die howe leeg te kry om al die rokers te kan verhoor en laat opsluit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.