Afsondering: Dié bedrywe mag heropen

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, verduidelik hoe die heropening van die ekonomie gaan werk. (Foto: GCIS)

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, het Saterdag gesê sekere bedrywe word van 1 Mei geleidelik heropen in ʼn poging om die ekonomie te midde van die Covid-19-pandemie weer aan die gang te kry.

Patel het gesê ʼn versigtige balans moet tussen die heropening van die ekonomie en die bekamping van die virus gevind word. “As ons dit te vinnig doen, loop ons die gevaar dat infeksies beduidend kan styg en ons na vlak 5 sal moet terugkeer. Dit is skadelik vir die ekonomie en ons gaan mense verloor wie se lewens gered kon word.

“As ons te stadig reageer, stel ons die ekonomie in gevaar. Ons moet met omsigtigheid te werk gaan.”

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand gesê die afsonderingstydperk gaan trapsgewys opgehef word. Suid-Afrika is in dié stadium op vlak 5, waar ingrypende maatreëls geld om die verspreiding van die virus te bekamp en lewens te red.

Op 1 Mei word na vlak 4 afgeskuif, wat beteken sommige aktiwiteite word toegelaat, onderworpe aan uiterste voorsorgmaatreëls om gemeenskapsoordrag en verdere uitbrekings te beperk.

Suid-Afrikaners wat gehoop het dat hulle ná volgende week – wanneer ʼn verslapping van die regulasies rakende die staat van landwye afsondering in werking tree – ʼn alkoholiese drankie sal mag koop, het slegte nuus gekry. Die verbod op die verkoop van alkohol geld steeds en word eers op vlak 3 opgehef.

Sigarette mag wel vanaf 1 Mei verkoop word.

Patel het gesê die verskillende bedrywe wat ná volgende week hul bedrywighede mag begin hervat, sal deur die loop van die naweek behoorlik daaroor ingelig word.

Bedrywe wat ná 1 Mei geleidelik mag heropen of wat uitgebrei word:

  • Landbou, bosbou en visserye
  • Elektrisiteit-, gas- en watervoorsiening
  • Vervaardiging (dit sluit in vervaardigers van kinderklere, wintersklere, komberse, beddegoed, rekenaars en selfone, sekere motoronderdele, sement, boumateriaal, hardeware en skryfbehoeftes)
  • Bou- en verwante bedrywe (daar word begin met projekte wat verband hou met openbare werke, asook die bou van paaie en brûe en kritieke instandhoudingswerk)
  • Handel (dit sluit in warm, voorafbereide maaltye, maar slegs vir tuisaflewering, tabakprodukte, tuiskantoortoerusting, opvoedkundige boeke)
  • Inligting- en kommunikasiedienste
  • Media- en vermaakdienste
  • Finansiële en sakedienste
  • Restaurante (slegs aflewerings en onderworpe aan die klokreël wat tussen 20:00 en 05:00 geld)
  • Vervoer (taxi’s word onderworpe aan streng voorwaardes toegelaat om sake te doen)
  • Mynwese
  • Dienste (dit sluit in ingenieurswese, rekenkundiges, regsdienste, oproepsentrums, informele herwinning, herstelwerk)
  • Sekere staatsdienste

Patel het gesê daar word in dié stadium op primêre bedrywe gefokus omdat dit die begin van die meeste waardekettings is. Hy het gesê die geleidelike heropening van dié bedrywe gaan Suid-Afrikaners ook die geleentheid gee om plaaslik vervaardigde produkte te ondersteun.

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Aankondiging oor die heropening van skole en ander onderwysinstellings word Maandag gedoen.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het gesê daar sal Dinsdag ook meer bedryfspesifieke besonderhede oor die heropening van die verskillende sektore bekend gemaak word.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het vroeër gesê geen reis tussen provinsies word toegelaat nie – behalwe in uitsonderlike gevalle. Suid-Afrikaners word ook steeds nie toegelaat om oor en weer te kuier nie. Oefening word onder “streng voorwaardes” toegelaat, maar “georganiseerde aktiwiteite” bly verbode.

Die berig is gewysig sedertdien dit aanvanklik publiseer is om groter duidelikheid te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jacobus ·

Net ter inligting. Geld die klokreël vir inbrake, kaping en koperkabel diefstal in?

Amatambo ·

Waarskynlik nie, Piet… dit geld net vir wetsgehoorsame mense – veral lede van die minderheidsgroep…

Erik ·

Vir hoeveel maande, jare gaan ons hierdie speletjie speel? Vlak 4, nee, julle is stout, vlak 5, nee wag, nou weer vlak 3, behalwe in Jhb en Kaapstad? En vlak 5 klink vir my maar vrek ver van vlak 0 af?

Ek verstaan dat iets gedoen moet word. Ek verstaan dat ons ‘n bottelnek by hospitale probeer voorkom. Ek verstaan dit alles baie mooi. MAAR is dit realisties? Ek weet nie wat die alternatief is nie… Miskien om die virus maar sy gang te laat gaan? Onsensitief?

Ons het jong kinders, moet teruggaan werk toe, maar hul skooltjies bly gesluit, nou wat nou? Ouma en oupa is bo 60 en mag nie help nie. Om skielik ‘n vreemde caretaker in jou huis toe te laat ook nie ‘n opsie. Dan word my vrou nog gedwing om skielik 12 uur skofte te werk om infeksies tussen werkers te verminder. Ek sit met my hare in my hande!

Bre ·

Maar net BAIE ERGER Johannes want dis wereldwyd. Hierdie is n epidemie en sodra daar n afsterwe in die nabye familie is, dan sal party n ander deuntjie sing.

Burgermeester ·

Ek sien Patel het ‘n sin vir humor, taxi’s word toegelaat om hadel te dryf, maar hulle gaan onderwerp word aan streng voorwaardes. Wys my ‘n taxi wat aan een van daai voorwaardes gaan voldoen, ek wys vir jou ‘n unicorn.

Ronel ·

My eerlike opinie is dat dinge te vinnig gelig word. Die syfer styg nog daagliks?!

Cherokee ·

Waarom die vraagteken? Ek het simpatie met wat jy sê, want daar is veel waarheid daarin, maar daar is feite waarteen dit geweeg moet word.

Drico ·

Ronel dis logies die syfer styg daagliks. Daar was van dag 1 af al n hele paar duisend mense positief en baie beslis dubbeld die syfer wat ons nou het. Almal kan nie gelyktydig getoets word nie en die uitslag is ook nie onmiddelik beskikbaar nie. Die rede hoekom die getal nou met rasse skrede styg is omdat meer toetse op n dag gedoen kan word as bv 2-3 weke terug.

Cherokee ·

Interessante uitwysing Renata. Dankie daarvoor, vele mense, ek inkluis, het nie so daaroor gedink nie.

Willem ·

Die groot probleem is di klomp wat toegelaat word om besluite te neem. Net eenvoudig dom. Stem gaan skelms hulle steur aan cele en seuns

Lizanda ·

Kan die slim mense asb vir my verduidelik wat beteken georginiseerde aktiwiteite??? Regtig.

Die Wolf ·

Hardeware word vervaardig. Aan wie gaan dit verkoop word indien die hardeware winkels dit nie mag verkoop nie?

Willem ·

Cyril moet vinnig ontslae raak van die zuma vrou sy is n verleentheid. Ek se weer wil graag weet hoe sy n dr geword het. As sy skryf soos sy praat kon sy geen vraestel voltooi het nie

Alida ·

Ai ai tannie Zuma moet aftree ASB. Sy is n groot verleentheid.

Die Wolf ·

Moes nooit aangestel gewees het nie. Dit is wat jy kry as jy kompromiee aangaan.

Warrior ·

Hulle het gesê ons mag teruggaan na ons huise toe, maar in dieselfde asem weer nee, geen reis tussen provinsies nie. Wat is nou wat? Weet iemand dalk? Ons vasgevang want 2 van ons bly in een provinsie en al 2 werk in ander provinsie. Hoe nou?

Flip ·

Hulle het gesě jy mag tussen provinsies beweeg vir werk en n begrafnis. Maak net seker jy het die nodige permitte en bewyse.

Die Wolf ·

Hoop dat die padblokades kan verstaan wat in jou bewyse is. Het nou die dag ook my bewyse by my gehad. Tot my onsteltenis kon die persoon wat my gestop het nie lees nie, en ek moes toe maar voorlees wat daarin staan.

Alleen Wolf ·

En dan is dit Cele se gekeurdes wat nie eers kan lees nie, wonder of die keurders kon lees?

Petrus Johannes ·

Maroela miskien kan u my help regulasie 11c se nie meer as vyftig persent in voertuig nie maar meld nie hoe daar gesit word nie.Het u dalk daardie regulasie asb

Sharnelle ·

Help my gou reg, dalk verstaan of lees ek nie reg nie, maar klokreël by Restaurante mag net tussen 20:00 – 05:00 aflewerings doen.

Help my asb reg. Of mag ons tussen 5:00 – 20:00 restaurant kos bestel en aflewerings word dan gedoen? Die tyd maak nou net nie lekker sin nie.

Die Wolf ·

Nee. Die klokreel is ook vir voertuie en wat insluit kos aflewering. Slegs polisie, weermag, ambulanse ens sal op die paaie toegelaat word gedurende 20.00 en05.00.

Amatambo ·

Help my reg indien ek die potjie mis sit,maar is dit nie Patel wat ook besluit het dat GEEN warm/voorbereide kos afgelewer mag word nie? Wie ookal dit mag wees – hierdie persoon besef nie dat warm kos is juis die beste ding teen Covid – daar die kiem – volgens ‘n verslag van StJohn’s Hopkins Universiteit in die VSA , wie se dokters daaroor navorsing gedoen het, met ‘n vetlagie omring is wat NIE hittebestand is nie, derhalwe word daardie vetlagie juis deur hitte vernietig en vrek die “gogga” as gevolg
daarvan??? As die navorsers reg is, maak dit sin vir my …

Lourens CFG ·

Ek wonder wie gaan hul steur aan die aandklokreël.
Sedert die inperking hoor ek steeds in die aande hoe daar in Vredenburg gepartie word. Oral is gedoef doef musiek, mense wat hul karre in die “limiter” ref tot vervelens toe, bande wat skree ens soos voor die inperking op naweke.
Voor inperking het jy partykeer sirenes gehoor soos die verkeer en SAP hul werk doen, maar nie gedurende die inperking nie.
Al gewonder of daar nie ‘n rapporteer no is nie. Help nie om SAP te bel nie, dit lui net.

Cleopatra69 ·

Deur takealot mag jy groceries koop vir aflewering nou hoekom mag jy nie boeke ook koop nie. Die is ideal tyd vir mense om te lees vir ouers en kinders. Al is dit net vir aflewering.

Willem ·

Die aandklok duur vanaf 20h00 tot die volgende oggend 05h00 dus moet bestellings vir kos voor 8 uur saans sfgelewer word Sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.