Afsondering: Dié Suid-Afrikaners mag land verlaat

(Foto: Maroela Media)

Die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, het ná besprekings met sy eweknie by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking en die nasionale koronavirus-bevelsraad noodsaaklike reise vir Suid-Afrikaners wat die land wil verlaat na lande waar hulle gebaseer is, goedgekeur.

Hulle mag nou die land verlaat vir:

  • Werksdoeleindes
  • Studies
  • Familie-reünies
  • Permanente verblyf elders
  • Mediese behandeling

“Suid-Afrika, soos talle ander lande wêreldwyd, het ʼn reisverbod in werking gestel as deel van maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Reis tussen lande word onder spesiale omstandighede toegelaat,” het die departement Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Diegene wat wil reis, moet ʼn geldige Suid-Afrikaanse paspoort hê. Hulle moet ook ʼn brief van die ambassade of ʼn diplomatieke verteenwoordiger hê dat hulle in die land waarheen hulle wil reis, toegelaat gaan word. Toestemming moet verkry word van elke land waardeur so iemand wil reis. Laastens moet hulle ʼn reisbewys, soos ʼn bus- of vliegkaartjie met die beoogde vertrekdatum daarop, hê.

Suid-Afrikaners wat aan dié vereistes voldoen, kan ʼn e-pos stuur na [email protected].

Diegene wat aan die bepalings voldoen, sal dan ʼn e-pos ontvang wat hulle sal toelaat om hul reisreëlings te finaliseer. Mense kan as ʼn groep een e-pos met al die stawende dokumente vir elke lid na die e-posadres stuur, het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco ·

Geagte ANC: DEPORTEER net asseblief ALLE wit Suid-Afrikaners na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Dis ok. Ons gee nie om nie. Julle hou tog nie van ons nie. Plaas ‘n stempel in ons paspoorte in Engels, Duits, Frans, Portugees en Nederlands wat duidelik sê “die houer van hierdie paspoort word verbied om na SA terug te keer”

Karlahari ·

En as jy die grens oorsteek Lesotho toe om jou fabriek te gaan oopmaak moet jy 14 dae in self afsondering bly.
As jy dan na 2 weke terug wil kom na SA, weer 2 weke kwarantyn in SA…..
Belaglik. Al hoe jy per pad in Lesotho kan kom is deur SA….

Alleen Wolf ·

Darem ‘n bietjie goeie nuus vir die wat in die buiteland werk ens., maar o wee, die rompslomp, wonder hoe prakties die is om al die voorwaardes na te kom?
My kliente is meesal in een van die buurlande, so ‘n besoek daarheen om transaksies te gaan onderhandel kan tot 30 dae neem a.g.v. die afsonderings regulasies, dis nou indien ek dit sou regkry om aan al die voorwaardes te voldoen, totaal onuitvoerbaar, dis beteken dit vir baie van ons NIKS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.