Afsondering ‘dien geen doel, het misluk’

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand verdere verslappings van die afsonderingsregulasies aangekondig. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Woensdagaand dat die afsonderingsregulasies verder verslap word, is ʼn erkenning dat die “afsondering geen doel dien nie en misluk het”.

DA-leier John Steenhuisen sê dit lyk of Ramaphosa eindelik besef het presies hoe verwoestend die afsonderingstydperk was – en steeds gaan wees – maar dat dit nou reeds hopeloos te laat is. Steenhuisen sê alles wat gisteraand aangekondig is, moes twee maande gelede al gedoen gewees het.

Ramaphosa het in sy toespraak aangekondig dat verskeie bedrywe nou weer toegelaat gaan word om aan die gang te kom. Voortaan sal mense onder meer toegelaat word om te gaan uiteet (en aansit daarvoor), te gaan fliek, dobbel en selfs persoonlikesorgdienste soos dié van haar- en skoonheidsalonne mag gebruik.

Steenhuisen sê dit is onduidelik op watter vlak Suid-Afrikaners hulle tans bevind – nie dat dit enigsins ʼn verskil maak nie, aangesien die afsondering in praktyk eintlik beëindig is. Hy meen dit is egter te laat om duisende sakeondernemings en miljoene werksgeleenthede te red.

Hy sê die president se woorde van medelye vir al die bedrywe wat gedwing is om hul bedrywighede op te skort en waarvan werkers 80 dae lank nie ʼn salaris kon verdien nie, is leeg omdat sy eie regering dié lyding veroorsaak het.

“Die waarheid is dat die wêreld se langste en ergste staat van inperking, en nie Covid-19 nie, ons ekonomie doodgemaak en die lewe van miljoene Suid-Afrikaners geruïneer het.”

Volgens Steenhuisen kan nie veel vir die afsonderingstyd gewys word nie en infeksies neem beduidend toe. Hy sê hoewel Ramaphosa die land wil wysmaak dat die ekonomiese verwoesting onvermydelik was, moet dít vierkant voor die ANC se deur gelê word.

Ondanks die verligting vir baie mense, is daar steeds regulasies wat volgehou word. Dit sluit in die voortgesette verbod op private akkommodasie en kleuterskole wat steeds nie toegelaat word om te heropen nie.

“Regering swig”

(Argieffoto: Guilherme Petri/Unsplash)

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê dit is duidelik dat die regering weens die talle regsgedinge wat teen hom aanhangig gemaak is, ook dié deur die VF Plus, die regering gedwing het om toegewings oor die regulasies te maak. “Dit maak byvoorbeeld nie sin om skoonheidsalonne, die hotel- en restaurantbedryf nou toe te laat twee weke nadat vlak 3 in werking getree het nie. Die vraag kan gevra word wat in die afgelope twee weke verander het rakende die Covid-19-infeksiekoers wat hierdie bedrywe betref.”

Groenewald sê die pandemie is steeds nie onder beheer nie.

“Die enigste logiese afleiding is daarom dat die regering begin swig voor die druk van toenemende hofgedinge oor sy irrasionele inperkingsregulasies.”

Daar is steeds nie ʼn datum vir wanneer die bedrywe heropen mag word nie en Groenewald sê die onlangse verlede het gewys dat ʼn aankondiging deur Ramaphosa nie noodwendig die finale besluit is nie.

“In die lig van bogenoemde beplande toegewings maak dit ook geen sin om sigaretverkope steeds te verbied nie. Dit is irrasioneel en die VF Plus vermoed al hoe sterker dat ʼn motief betrokke kan wees wat nie verband hou met Covid-19 nie.”

Ramaphosa het in sy toespraak ook na die vlaag geweld teen vroue verwys – ʼn probleem wat die VF Plus voor die deur van ʼn gebrekkige regstelsel lê.

“Dit was opmerklik dat die president geensins in sy verwysing na geslagsgeweld verwys het na die toename in plaasaanvalle waartydens verskeie vroue ook wreed aangerand is nie. Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat die president ander geweldsmisdaad teenoor vroue belig, maar dat dié van plaasaanvalle weer ontken word deur die verswyging daarvan.

“Dit is net so onaanvaarbaar soos die irrasionele optrede van die inperkingsregulasies wat die land se ekonomie op sy knieë gebring het.”

Regering “roekeloos” met ekonomie

Die Solidariteit Beweging het die bykomende verligting van regulasies om die ekonomie verder oop te stel ook verwelkom.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê egter die regering was “roekeloos” met die ekonomie.

“Daar is te lank gewag, te veel sentraal bestuur en daar was te veel onlogiese regulasies. Die fokus moet skuif van ʼn bevelsraad wat bevele gee na ʼn gemeenskap wat verantwoordelikheid neem. Daar is algemene konsensus dat die virus ernstig opgeneem moet word, maar daar is ook dringendheid dat die ekonomie weer moet herstel.”

Buys waarsku ʼn ekonomiese en werksramp dreig as daar nie dringende ekonomiese ingryping is nie.

“Suid-Afrika staan saam, met maskers op die gesig, teen die virus. Die land het ʼn soortgelyke eendragtigheid nodig om die ekonomie te herstel. Die Solidariteit Beweging doen ʼn beroep op almal om te voldoen aan al die voorskrifte om die risiko’s van Covid-19 te bestuur en om alles moontlik te doen om die ekonomie te herstel.”

Buys sê die organisasie sal ook alle moontlike steun gee om enige geslagsgebaseerde geweld, wat deur die Covid-19-krisis belig is, te beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Lourens CFG ·

Hy kan net sowel hierdie klug nou stop en vlak 0 instel. Ons nie kinders nie.

JohanR ·

Nog soe hele rukkie Lourens. Die Kommuniste het nog nie hulle doel bereik nie!

Adriaan ·

Om op te som, alles waarby die ANC betrokke is, is n mislukking.

Deon ·

En al die windpratery van die politici is net punte probeer wen, geen een van hulle het enige iets gedoen om ons swaarkry daadwerklik te verlig nie. Alles wat gese word is waar en n persoon met n breinsel wat werk kan dit sien, se eerder vir ons iets met substansie. Of miskien wat julle as politici, nie wil of kan nie, maar, gaan doen om hierdie situasie waarin ons sit om te draai.

Heinrich ·

Stem nie saam met jou nie Deon, die gesag het gelê by die bevelsraad en alle ander politieke partye is gesystap. Daar was hofsake vanaf die DA en VF+. Indien ander partye geraadpleeg was sou ons ‘n baie ander aanslag tot hierdie krisis gehad het, maar die magsbehepte kommuniste kyk net na die verlede ipv die toekoms, met ‘n idiologie wat nêrens werk nie.

Deon ·

Wonder waarom het hulle dit in die eerste plek toegelaat dat dit so ver gaan? Ek is seker daar moet iets wees wat gedoen kan word, miskien massa optrede?

Karel Kobus Kruger ·

En hoekom het die Deurmekaar Alliansie en VF Negatief so lank gesloer met hul hofsake? Hoekom nie al tydens vlak 5 die regering gedagvaar nie? Nee wat, ou Cyril het julle vir n lekker ride gevat.
ANC 1
DA 0
VF- 0

wim ·

100%.

Hul het regering soos een man ondersteun. Mense soos ek is deur DA mense van harteloosheid en ‘n plat Aarde aanhanger beskuldig om dat ek durf meen het die prys (selfs in mense terme) was te hoog.

Gerhard ·

Ai ou Grysperd…jy klink of jy CR se grootste bewonderaar is…

James ·

Jy verstaan nog nie mooi waarmee die ANC besig is – dekades lank al nie. Derhalwe jou sinnelose kommentaar.

Phil ·

Onthou om vir die party te gaan stem ook vir wie jy punte gee.

Pieter ·

Ons sal die komuniste niks vertel nie gaan orals in afrika so. Dan wil n kamstige dr vir ons kom vertel hulle het nie die belasting op drank en sigarette nodig nie.Dit is daai belasting wat hulle hoe selarisse betaal wat hulle nie verdien nie. Die land het sy alie gesien

Ansie ·

Boekgeleerdheid het nie noodwendig gesonde verstand tot gevolg nie.

Karin ·

Ek stem saam Lourens, sit ons op vlak 0 sodat ons weer oor provinsiale grense mag beweeg, by ons familie kan gaan kuier. Dit maak niks sin nie, ek mag uiteet, my hare laat sny, my naels laat doen, MAAR EK MAG NIE BY FAMILIE GAAN KUIER NIE ???

Michael ·

Ons het nog nooit ophou kuier nie. Jy blyk ‘n goeie kommunis te wees deur jou aan hulle te onderwerp-trek jou skoene aan, klim in jou kar of op jou fiets en gaan kuier

Karin ·

Michael, ek is nie ‘n kommunis nie en my familie bly bietjie ver om op my fiets te klim, daarom vra ek dat provinsiale grense oopgemaak moet word sodat ons kan ry sonder dat ek deur die wetstoepasser van ons land in die tronk gegooi word en ek met ‘n kriminele rekord sit.

Michael ·

Karin dis omdat ons maar net alles sonder enige weerstand aanvaar dat hierdie kommunistiese regime maak wat hy wil. Indien ons nie weerstand bied nie gaan hulle volhou hiermee. Hierdie is maar net ‘n kleedrepetisie vir wat nog kom-hulle het gesien hoe maklik kan hulle ons beheer deur vrees. Hulle gaan dit weer doen en dan gaan dit erger wees. Indien ons voorouers bang was vir tronke en die dood en kriminele rekords sou ek en jy nie vandag hier gewees het nie. Ons moet weer ruggraat kry, saamstaan en gewillig wees om te offer vir ons nageslagte

Karin ·

Michael, ek stem 100% saam met jou en ek weet waarheen is ons oppad indien ons nie opstaan vir ons regte nie, maar ek kan dit nie as 1 mens doen nie. Op die oomblik is daar organisasies soos Afriforum en Solidariteit wat vir ons Afrikaner mense veg, ek is deel van hulle en so veg ek saam, wat stel jy voor moet ek as alleen mens anders doen om op te staan vir my reg. Moet ek die polisie man wat my voorkeer by die grens verontagsaam, wat dink jy gaan hulle met my doen? Wat stel JY voor moet ons daadwerklik doen, behalwe vir die brawe woorde van “opstaan, saamstaan en veg”? Vertel my HOE?

Heinrich ·

Hulle doel is mos die ‘revolution’, shame hulle sal altyd struggle totdat hulle so vry soos die klomp in Zim is.

Andre ·

Karin jy is reg.Ons kan nou al ‘n paar goedjies doen maar die logika ontbreek. Waarom nie in jou veilige motor na ‘n ander veilige bestemming ry tussen velige omstandigehede by familie kuier nie…?? Hoekom moet grense nog gesluit wees ? Your guess is as good as mine.

Mallie ·

Adriaan ek stem 100% saam met jou. Gelukkig weet ons weet dat alles waarop hulle, hulle hande le verander in n gemors.

Willem ·

Geslagsgeweld sal graag wil name sien wie verantwoordelik is vir dit

Adam Adriaan ·

Wat my verstand te bowe gaan is die feit dat hulle aanhou om mens te toets. Vir wat? Sodra ‘n persoon getoets is ongeag die uitslag. “SO What”. Indien enige een ernstig siek word van die virus sal hy/sy outomaties in die hospitaal beland . Indien ‘n persoon dit onderlede het en self hetstel weet niemand daarvan nie. Wat bereik hulle daarmee. Of hulle nou toets of nie, die siekte sal homself uitwoed, op hierdie staduim.

Anoniem ·

Hierdie toetsery sal vir my meer sin maak indien net mense met simptome getoets word.

Kaptein ·

hy en die res van die parlement kry nog hulle salarisse, maar die wat hulle eie besihede het soos haarkappers moet bankrot gaan
Hoekom mag jy nie jou familie sien nie maar jy kan gaan uiteet of kerl toe gaan. Hulle ruk nou die dam onder die eend uit.

Queline ·

Na gestraand se toespraak wat Cyril gegee het, is ek woedend . Dis net nie-blanke vroue en kinders wat verkrag , aangerand en vermoor word. Net hul name word genoem. maar hy sal ook nie sê wie en watse ras verantwoordelik is vir dit nie. Wat van al die plaas moorde en wit gesinne wat in dorpe gemartel word . Daar word niks oor dit gesê nie. Die hele COVID-19 is n klug. Ja dis n mens gemaakte virus wat verprei is. Net die anc misbruik dit as n voordeel om hul gat sakke vol te stop met die finansies wat voorsien is. Hulle gee nie om oor een enkele blanke nie.

JohanR ·

Wonderlik hoe Cyril die Messias voor ons op die tv kan staan en ietsie se, maar eintlik niks se. Kan ek beweegings en individue vra om hof toe te gaan…..honderde van julle. Lyk my sodra ‘n ding iewers naby ‘n hof kom dan gooi die NCCC hom skielik oop. Die DA se haar salonne saak is Maandag 22ste voor die hof, en net soe woeps wafs mag salonne skielik oopmaak. Dit is asof die ANC lekker ‘n speelitjie speel. Is dit nou Vlak 3 tot einde Junie. Dan Vlak 2 tot einde Julie en dan vlak 1 tot einde Augustus. Lees gister ‘n berig dat in ‘n huishouding met net een ouer, en daai ouer moet terug gaan werk toe om ‘n inkomste te verdien, dat tot ‘n miljoen kinders wat dan nie terug skool of kleuter skool kan gaan nie, dan alleen by die huis gaan wees. And the ANC cares…..why!

Marisa W ·

Ek kan nie verstaan waarom die regulasies per vlak nie vooraf bepaal is nie – dit is tog sekerlik hoe dit moes gedoen word. Nou weet niemand wat aangaan nie – dis tipies die regering se manier van planne maak – ons beplan om ‘n plan te maak, maar ons werk nog aan die beplanning – so ons gaan nou ‘n maand lank vergadering hou om te dink aan die beplanning vir die plan.

koos10 ·

Marisa W, dit vat beplanning, vooruit beplanning en samewerking tussen alle partye om dit te kan werk. Ek het nou drie begrippe getoon wat totaal en al nie in Afrika aanwesig is nie.
CR het gisteraand die COVID gevat en hom gekaap vir Afrika en Vroue en kinderregte. Hy en sy regering het gefaal in die opsig en nou wil hy die dooie perd met ‘n nuwe saal toerus en hom nog so bietjie laat galop.
Hy en Zuma is van die selfde baarmoeder. Hy het net bietjie geleer om Engels te praat en te kan tel.

Kobus ·

Kyk ek gee nie om wat die Toffiekop of die lapkop vrou besluit nie. Maak net die grense oop sodat ons soos normale mense op ‘n vliegtuig kan klim en terug vlieg huistoe teen ‘n bekostigbare prys.

Jaco ·

Alles is ‘n mislukking.. Maar hulle weet mos altyd van beter. Nou sit ons almal in dieselfde boitjie! Dankie vir niks!

wim ·

Die DA was heel entoesiasties oor die inperking einde Maart, ek kon skree van naiwiteit. En die VF+ was wat my betref ook stil. Ja dinge het duideliker geword met tyd, maar sekere goed, soos die lae eintlike sterftekoers, en die feit dat dit spesifieke mense affekteer wat voorspel kon word, was toe reeds bekend. Die feit dat MIV nie die rol sou speel wat gevrees is nie, was minstens vroeg April al baie duidelik.

Mense soos ek wat gesê het die prys is te hoog was van alle kante beskuldig van my harteloosheid. Die DA sê nou die president se toegewings is ‘n erkenning dit was ‘n fout. Was dit nie ‘n DA raadslid ene Troluck wat die bakkery in Parktown laat toemaak het, omdat hulle warm koffie verkoop het nie?

Die DA se Winde het verlede week nog die regering se gunsteling projeksien(SACEMA) aangehaal dat die Wes-Kaap einde July gaan piek met ‘n aanvraag van 15000 beddens op een slag. Tans is die Wes-Kaap besig om te piek, met ‘n aanvraag van beswaarlik ‘n 10de daarvan.

Anoniem ·

Hierdie was die ideale verskoning om alle besighede wat hoegenaamd nog deur Blankes besit word, vir eens en vir altyd te vernietig. Dis hoekom Ramaphosa deurgaans verwys het na versnelde ekonomiese transformasie. Hulle kon voorheen net nie aan ‘n wettige manier dink om hulle duiwelse planne uit te voer nie, maar Covid 19 het hulle soos ‘n handskoen gepas. Die wettige drank en sigaret besighede gee nie omkoopgeld nie, maar betaal belasting waarop die gespuis nie hulle hande behoorlik kan lê nie, dus kon hulle in persoon nou lekker ruimskoots skep van die sluikhandel se “kick backs”.

Renee ·

Kan die DA Soldariteit en Afriforum aub vir ons se wanneer is julle sake teen die regering Praat help nie in die land nie hulle maak net wat hulle wil aangesien hulle almal buitensporige salarisse verdien.Eers word sekuriteits instellings wat ons boere beskerm nie meer toegelaat om hulle te beveilig nie en dan word daar 70 000 weermaglede opgeroep om die polisie te help maar dit gaan nog net so erg soos voorheen Die Anc moent besef as dit nie vir die boere was nie sou hulle ook nie kos gehad het nie.
Nee maar 19 000 .00 gevangenisse word vrygelaat hulle sou nie verniet in die tronke gewees het nie.
Ek was baie teleurgesteld na gisteraand se toespraak wat niks beten het nie.

Die Wolf ·

Daar is beslis nie 70000 weermaglede nie. Hulle ver in die minderheidvan die 19000 wat vrygelaat is. Gogga maak vir baba bang.

Magda ·

Was 1GROOT MISLUKKING. Net onnodige stress op mense gelaai wat WEL werk, nie soos baie in die korruote regering wat n GROOTsalaris ontvang en dan heeldag niks doen nie.

James ·

Alles wat ek hier bo lees, bevestig my vermoede sedert dag een, dat die hoofdoel van die ANC met die inperking niks met die virus te doen het nie, maar alles met die vernietiging van die ekonomie ten einde die NDR te volvoer – voor die volgende verkiesing.

Bewys my verkeerd.

Jacobus ·

Jammer mr Buffel. Ons het die land opgebou en ten spyte van jou en jou misdaad bende steeds probeer bou. Die COVID19 het in jou skoot geval – en soos alles het julle met oordrewe “ou people”-geit die land laat ineenstort. Die oordrewe risiko gedrewe plannetjies het klaaglik misluk en die mees kwesbares verder aan die noodlot uitgelewer. Jy het selfs “our people” verder in die duistere dieptes ingestamp.
Elkeen in dié land weet wat die risikos is/was. Die maatreëls was drakonies en grens aan misdadig. Julle hand-om-die blaas verhouding met Sjina en die bewese onbevoegdhed/agterbaksheid van die WGO het julle aan die neuse gelei.
Vertrou jou eie landgenote wat maar te gewillig is om ut die dieptes weer te probeer. Nog onaangename raad – raak ontslae van die kriminele om jou. Maak die tronk vol met die mega-misdagigers. Die man in die straat begin werklik dink misdaad is ‘n eerbare beroep. Kry die geld terug by die kriminele en los ons met karige pensioene se geld uit.

Sêmanet ·

Maak nou nie saak wat wie ookal besluit nie, maar kuier/hare doen/uiteet en al daai dinge word met tyd opgehef. MAAR, die grootste “oorsaak” word nie eens oorweeg nie. Sigarette natuurlik. Kyk hoeveel probleme het drank al klaar in hierdie kort rukkie veroorsaak. Hulle voel mense deel sigarette en so word die virus versprei. Maar noudat mense van die ondergrondse markte gebruik maak, is juis wanneer hulle deel. Want dis so onbetaalbaar duur, jy moet maar doen wat dit verg. Ek praat dit nie goed nie, maar ek kan nog nie die logika insien van die verbanning van rook nie. Drank is ‘n groter euwel, en om in die straat rond te kan loop sonder maskers, is mos ook maar moeilikheid soek. Jy sien kinders, en ouers in die straat loop sonder maskers en dink dis onnodig. Maar hulle trap nie in die moeilikheid nie, nee nie hulle nie. MOET NET NIE ROOK NIE. En aangesien ons mag uiteet en al daai dinge, wat van KERK toe gaan?

Ansie ·

Die probleem is dat Ramaphosa te veel mense met te min gesonde verstand toegelaat het om die inperking te bestuur. Ek kan nog steeds nie sin maak daarvan dat alkoholverkope toegelaat word maar nie tabakverkope nie en kan nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom nie dat dit NDZ se persoonlike voorkeure is wat hier uitgevoer word ten koste van die land se ekonomie. Hoeveel keer moet nog bewys word dat die Zuma-faksie niks vir die land en sy mense voel nie? Kyk maar net watter ministers se departement verkeer tans in die grootste gemors (wat nie met die pandemie te doen het nie).

J ·

Wat my verbaas is die koorsagtige, oorywerigheid van die ANC oor dié COVID 19 virus terwyl HIV besmetting aan die burgers sélf oorgelaat word.

So – ook TB ÉN die virus wat ‘kriminele geneigdheid’ veroorsaak! .. wat JAARLIKS tienduisende sterftes veroorsaak?

Ek lei uit bg. af dat dit nie sterftes is wat die ANC laat skrik nie … dis iets anders?

Wat kan dit wees?

Persheks Adri ·

Wat ‘n sirkus! Waar’s die social distance waaroor daar so bohaai van gemaak word as hul die plekke oop maak? Nou word die SAPD bedank vir goeie werk? Wat jy waar kry? Als is korrupsie! Nou word daar gehuil oor misdaad, moord en dood, maar wat het die regering gedink? Hul dryf die mense na dit toe.
Dit help nie daar word nou gehuil oor vrouens en kinder mishandeling nie – jy wou mos die drank oop maak Cyril – mens noem dit common sense hoor. Weereens net die swart slagoffers word genoem en mee gesimpatiseer. Wat van die blanke slagoffers? Dlamini maak STEEDS geld uit die sigarette en tot vandag toe GEEN vervolging deur die SAPD, maar hul doen “goeie” werk? Sluit haar dan toe vir STEEDS verkoop van sigarette wat verban is. As dit enige ander landsburger was, was hul lankal in die tronk!

BoerSonderRoer ·

Afsondering werk.

Die Suid-Afrikaners wat zero respek het vir die regering en gereg nie, hulle het die afsondering laat misluk, want hulle het nie af gesonder nie.

Sarel ·

1.Dit het die Ekonomie vernietig en Kortipsie bevorder waar hulp , wat vir hulpbehoewendes bedoel was, by vetkeerde plek en hande beland het en niemand in die Regering doen iets daaraan nie.
2. Die hulp is deur sommiges misbruik en baie tyd en geld is vermors. Mense het hulp aangevra en ontvang terwyl hulle dit nie nodig het nie terwyl ander niks ontvang het nie.

Sarel ·

Net edn vraag ek is nie baie twn gunste van wat om ons aangaan en gebeur nie , maar indien die Regering NIKS gedoen het nie,sou ons dan tevrede gewees het.

Alida ·

Mnr Ramaphosa moet alleen die nodige besluite neem. Hy word regeer deur n ou vrou met n kopdoek en n paar ander narre. Dit was n fout om hulle in beheer te plaas. Ek voel jamner vir hom want hy moet na hulle pype dans. Hy is n baie goeie president wat respek afdwing. Jammer oor die nikswerd lede van sy kabinet. Kopdoek moet gàaaaaan.

Johan ·

Dis hartseer, maar dis mooi opgesom; “Die land het sy alie gesien” Ek hou van die interim leier van die DA, ek hoop net die stryd kan voortgesit word. Praat is maklik, maar hoe vas is sy hande?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.