Afsondering: Duisende maatskappye as ‘noodsaaklik’ geregistreer

‘n Kliënt besoek ‘n winkel in Plettenbergbaai. (Foto: David Ritchie/ANA)

Sowat 360 000 maatskappye is reeds in terme van die algehele afsonderingstydperk as noodsaaklike diensleweraars geklassifiseer.

So het adv. Rory Voller, kommissaris van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (Cipc), Dinsdagoggend aan ’n virtuele sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid gesê.

Hy het gesê die Cipc is op 24 Maart, aan die begin van die afsonderingstydperk, net twee dae gegee om die registrasiestelsel vir noodsaaklike dienste te toets en op die been gekry. Die stelsel is binne die eerste paar dae met 270 000 aansoeke oorweldig.

Duisende aansoeke word steeds elke dag ontvang, maar volgens Voller is die probleme wat aanvanklik met die portaal aangemeld is, nou uitgestryk en is daar ook ’n afsonderlike portaal waar aansoekers hul moeilike kwelvrae kan stel.

Voller het benadruk dat die Cipc nie die mandaat het om die publiek te adviseer oor hoe om aansoek te doen, of wie as ’n noodsaaklike diens kwalifiseer nie. Daardie rol val onder die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, onder leiding van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.

Voller het voorts die publiek gewaarsku dat enigeen wat vals inligting oor ’n maatskappy aan die Cipc verskaf – dus inligting wat verskil van die inligting op die databasis van die register van maatskappye – deur die Cipc by die polisie aangekla kan word.

In antwoord op ’n vraag van die VF Plus-LP Jaco Mulder het Voller gesê maatskappye wat reeds op vlak 5 suksesvol was met hul aansoek om tot noodsaaklike diens verklaar te word, hoef nie weer aansoek te doen wanneer na ’n ander rampbestuursvlak oorgeskakel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wilhelm ·

Enige iemand wat ‘n besigheid besit of vir homself werk, weet dat geen werk beteken geen geld. Vir ons is werk ‘n uiters noodsaaklike diens aan ons gesinne. Ons het die reg om handel te dryf en vir ons self te sorg. Moet ons sit en kyk hoe besighede wat ons oor jare opgebou het ten gronde gaan, terwyl die virus in elk geval versprei, so wat sal die punt wees ? Stop die lockdown! Stop hierdie permit nonsens en skrik ‘n slag wakker.

Pompies55 ·

Alle dienste en benodigdhede is noodsaaklik!Drank en sigarette is noodsaallik dat regering kan geld kry om korrupsie te bevorder.Almal moet werk en lewe,hoe besluit jy wie moet lewe en wie moet krepeer?

Kosie ·

Niemand forseer tog ander om by jou te koop nie. As jy bang is, bly in jou huis, maar moet nie vir my besluit wat ek mag doen nie. Hierdie is alles in elk geval gebaseer of valse virus modelle, so, nou vernietig die regering links en regs mense se vermoeë om te leef, en dit weens ‘n spul leuens. Ek dink die inperking moet onmiddellik afgestel word.

Jaco ·

Ek hardloop as n eenmansaak en betaal ook belasting in my persoonlike hoedanigheid, en ek kannie daar aansoek doen vir n permit nie, so hoe maak ek nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.