Afsondering: Eerste vervolging vir onbehoorlike prysverhogings

Leë winkelrakke (Foto: Alexandra Koch/Pixabay)

Die eerste winkeleienaar is in hegtenis geneem vir onbehoorlike prysverhogings. Die nasionale verbruikerskommissie is boonop besig om 30 ander sakeondernemings vir dieselfde soort oortreding te ondersoek.

Amptenare van die kompetisiekommissie het gister die eienaar van Longbury Meat Market in Phoenix naby Durban in hegtenis geneem. Hy word aangekla van die oortreding van die Verbruikersbeskermingswet asook die Rampbestuurswet. Volgens Nomusa Dube-Ncube, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake in KwaZulu-Natal, het die eienaar self erken hy het pryse onbehoorlik verhoog.

Indien hy skuldig bevind word, kan hy ʼn boete van R100 000 opgelê word, dit is 10% van sy sakeonderneming se jaarlikse omset. Hy kan boonop ook vir 12 maande tronk toe gestuur word.

Volgens Dube-Ncube ondersoek die departement ook Checkstar Supermark in Phoenix nadat klagtes oor dié winkel se pryse ontvang is. Pick n Pay se supermark in Ballito, Pick n Pay Hyper in Durban en Pick n Pay in Pietermaritzburg word ook ondersoek nadat die prys van Lucky Star- geblikte vis van R18 tot R22 en handewasseep van R12 tot R17 verhoog is.

“As ʼn departement onderneem ons om alle klagtes van dié aard ernstig op te neem en te ondersoek,” sê Dube-Ncube.

Intussen het die nasionale verbruikerskommissie en die kompetisiekommissie ʼn ondersoek na onnodige prysverhogings by 30 kleinhandelaars van stapel gestuur.

Argieffoto

“Die verbruikerskommissie het ʼn aantal klagtes ontvang oor buitengewone prysverhogings op items soos handreinigers, gesigsmaskers en Dettol,” sê Thezi Mabuza, waarnemende verbruikerskommissaris.

Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het ʼn lys van 22 kritieke produkte gepubliseer en genoemde reguleerders gevra om te verseker dat geen buitensporige prysverhogings op dié produkte gehef word nie. Die volgende is van die maatskappye wat ondersoek word:

  • Silver Oaks SuperSpar in Pretoria, Gauteng
  • North Safety in Paarden Eiland in die Wes-Kaap
  • Checkers Hyper in Kempton Park, Gauteng.
  • Nation Overalls in Pretoria, Gauteng
  • Makro in Springfield, Durban, KwaZulu-Natal
  • Clicks in die Westgate-winkelsentrum in Gauteng
  • Vrystaat Apteek in Bloemfontein
  • Mopane Apteek in Nelspruit, Mpumalanga
  • Sea Side Apteek in Table View in die Wes-Kaap
  • Pick n Pay in Milnerton in die Wes-Kaap.
  • Spar in Plattekloof in die Wes-Kaap

Lihana Geldenhuys, ‘n eienaar van die Spar in Plattekloof, sê egter hulle het Donderdag reeds bewyse aan die onderskeie owerhede gestuur wat bewys dat hul pryse glad nie verhoog is nie. “Ons het nog geen terugvoer van hulle af gekry nie en intussen word ons integriteit bevraagteken deur die gemeenskap.” Sy sê hulle het reeds ‘n klagte by die Menseregtekommissie hieroor ingedien.

Mabuze sê paniekaankope wat dié week in alle provinsies posgevat het, gee aanleiding tot ʼn tekort aan basiese verbruikersitems en prysverhogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Cindy ·

Hoop die boetes word in die fonds inbetaal wat moet help met die virus!

Raakvatter ·

Goeie idee eintlik! Ek het nie paniek aankope gedoen nie, maar verseker ons is reg vir so 2 weke. Ons “local” winkel wat baie keer dieselfde of selfs goedkoper is as die supermarkte het selfs vir my R300 afslag gegee.

Kobus ·

Wat van ‘n groot bekende apteekgroep? Hulle pryse lyk ook verdag

Tjom ·

En hoevele plekke wat in die laaste week of 2 gesigmaskers verkoop het..

Astrain ·

Taxis in Maruleng lees Hoedspruit area het klaarblyklik die fare verdubbel…dis seker danger pay…????????

Stof ·

Lesers kan verseker wees dat ons trauma dienste nog altyd gratis was, en so sal bly. Self al word ons tarrief met 100% verhoog, bly dit nul… Vader sorg op ander maniere, vir elkeen van ons in ons unieke behoeftes. Sy voorsiening vir ons is altyd betyds, en genoeg.
Wees gerus dat enige nooddienste sentrum, brandweerstasie of trauma sentrum, jou met graagte of self sal help, of jou sonder koste sal verwys, na een van ons om jou te help dra. Elke munisipaliteit se telefoon-opperateurs by veral die brandweerstasies, het lyste om jou na die naaste terapeut of trauma instansie te verwys, sou jou gemoed bewolk begin raak of kommer en paniek te veel.
Sonder enige prysverhoging.

Cherokee ·

Dit kan handig wees as ‘n epos-adres beskikbaar gestel word waar dit gerapporteer kan word. Ek het R900 betaal vir 10 liter hand-reiniger , wat miskien ook onbehoorlik duur is.

Niné ·

Jip Cheeokee jys seker bly jy kon so baie koop. Ons kon die laaste sewe dae niks nerens kry nie. Eindelik toe maar Jik gekoop en sterk aangemaak met water en skottelgoedseep.

Cherokee ·

Niné, ek is voorsitter van een van die ‘high-rise apartment buildings’ op die strand. Dit is dus gekoop vir gebruik deur heelwat gesinne. Ek vind jou Jik-resep interessant, maar miskien moes jy liewer Savlon gebruik het, want Jik kan hard wees op jou vel, dit uitdroog… en onthou dat was met water en seep, is steeds beter en bly die wenner.

Cherokee ·

Die persoon wat my na Osman’s verwys het vir hand-reiniger, het volgens hom, R300 per 5 liter betaal en toe ek dit koop was dit R450 per 5 liter.

Jan ·

Jy kon veeniet in de biblioteek gaan lees het dat coronaviruuse vrek as hulle met sep en water gewas word en soos alle virusse nie buite hulle hist kan leef nie..

Cherokee ·

en gister was Edam Langewood kaas in Pick n Pay in die Pavillion in Durban, ook R4 duurder vir 300g pakkies, as gewoonlik.

Jaco ·

silver oaks en plattekloof is skatryk oorwegend wit gebiede. waarom kla hulle dan ‘n paar prysverhogings?

Maryke ·

Ek hoop hulle sit Pick n Pay in Thabazimbi ook op die lys…

Marthinus Johannes ·

As jy gereeld by spesifieke winkels koop dan kom jy agter as die pryse spike. Hyperane Mayville se gebeende hoender stukkie get gespring van +- R46 per kilo na R63 per kilo. Maders slaghuis se wors en maalvkeis is vol water gepomp om gewig op te stoot. Die meeste items by meeste winkels het gemiddeld net 2 – 3% gestyg.

Wiehan ·

Die besighede vat regtig kanse met die pryse. Normaalweg koop ons gesigsmaskers (dusk masks) vir +_R5-00 een en as jy ‘n box van 20 koop is dit so R80 to R95 per box. Gister moes ek R40!!! vir een dusk mask betaal. RIP-OFF!!!!!

Erica ·

Dit gaan oor die beskikbaarheid van n produk. Dust Mask was uit stok uit want ons ANC het alles in die begin van die virus vir China gestuur want SA sou mos nie die virus kry nie. Die fabriek moes toe nuwe voorraad bou. Raai wat? Prys styg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.