Afsondering: Haweloses daag ‘sommer so’ op by skool

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Een van die 30 Gautengse skole wat geïdentifiseer is om haweloses gedurende die algehele landwye afsondering te huisves, moes tientalle haweloses deur die loop van Donderdagnag wegwys aangesien dié skool nie eens ’n koshuis het nie.

Die beheerliggaamvoorsitter van die skool aan die Oos-Rand het Vrydag aan Maroela Media gesê die skool is maar twee dae voor die afsondering daarvan ingelig dat hulle op die departement van maatskaplike ontwikkeling se lys is om haweloses vir die volgende 21 dae in te neem.

Maroela Media het gister berig die departement het ’n lys van 30 skole in Gauteng bekendgemaak waar haweloses tydens die tydperk van algehele afsondering gehuisves sal word.

Die skool doen nou ’n beroep op weldoeners en gemeenskappolisiëringforums om nie haweloses by die skoolhekke af te laai nie, aangesien hulle nie die geriewe het om die mense te huisves nie. Die skool moes reeds noodgedwonge tussen 25 en 30 haweloses wegwys.

“Vandat hierdie ding aangekondig is, is daar nog niks gedoen om die skole in te rig nie. Ons het nie ’n koshuis nie. Daar is dus nie beddens nie. Ons kan ook nie vir hulle iets gee om te eet nie,” sê die voorsitter. Die departement het ook nog geen bydrae gemaak om die skool in te rig nie.

Die voorsitter verduidelik dat hulle begrip daarvoor het dat die departement skole kan identifiseer aangesien skoolinfrastruktuur in staatsbesit is. “Volgens die wet behoort die skole se geboue aan die departement. Daarby gaan ons nie verbykom nie. Die beheerliggaam se probleem is egter die toerusting in die klaskamers wat nie bloot weggery kan word nie.”

Die beheerliggaam is boonop bekommerd dat sou haweloses in die skool gehuisves word, die skool nie gereed sal wees wanneer die afsondering gelig word en die skole heropen nie. “Die skole gaan eers skoongemaak en ontsmet moet word vir ingeval een van die haweloses dalk met die virus besmet sou wees.”

Die voorsitter wil ook weet wie verantwoordelik gehou gaan word indien daar skade aan die skool se infrastruktuur oor die volgende drie weke aangerig word. “Wat staan die skole te doen?”

Dirk Bloem, beheerliggaamvoorsitter van die Prinshof-skool vir Swaksiendes en Blindes in die Pretoriase middestad, het reeds aangedui dat die skool se bestuur nie te vinde is vir die idee nie. Die skool is ook op die lys van 30 skole in Gauteng wat haweloses moet inneem.

“Dit gaan nie gebeur nie. Dit kan eenvoudig net nie werk nie,” het hy aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dubbelloop ·

Chaos op chaos in hierdie land van ons. Geen infrastruktuur wat niks meer kan hanteer nie. Ons sit met n hopelise regering asook streekdienste rade. Ai tog…

Vanz ·

Help me understand ? we have huge show grounds in cities
E.g. Nasrec ( ablutions and kitchen facilities) why are we wanting to contaminate schools (our future) when we have the facilities on hand .Not to mention the cost to possible replace and disinfect should a positive case come from this . How soon after lockdown will the school facilities be open for children to go back and be in a safe environment. The area is secured has cameras etc an ideal place to set up facilities for the homeless .

Gemaskerde Sopbeen ·

Nog ‘n verdere gemors.
Wag tot die virus ‘n plakkerskamp tref. Dan sal ons finale bevestig kry van die sukses van die belowe_en_dan_niks_dot.com
SELA

AmY ·

Ek hoop daar is nog iets van die skole en kosskole oor wanneer hulle klaar daar was. En gaan julle hulle daar uit kry wanneer ‘lockdown’ verby is?

Hoe nou? ·

Waar is die wat onlangs weer verskoning gevra het vir apartheid? Hier is geleentheid om iets te doen. Neem n paar haweloses in jou huis en versorg hulle vir die komende weke.

Fedup ·

Hulle kan nie dink nie en verstaan geen konsep of werkings van infrastructure nie. Ploeter net aan. Tunnel vision.

AlWeerSo ·

Nog ń wonderlike sukses storie van ons “bevoegde” regering wat nou die mandaat het om die bietjie wat nog regop staan ook om te stoot. Geluk met julle prestasies, julle name sal verewig in die geskiedenis verenig word as bouers van formaat !

Pieter J ·

Niks anders as politiekery en dit in ń tyd wat die land met ń groot krisis op hande te doen het. Daar is baie ander opsies beskikbaar. Hulle moet net kundiges raadpleeg maar ongelukkig is diegene wat weet nie die regte kleur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.