Afsondering: Hulp vir huishulpe

(Foto: Pixabay)

’n Suid-Afrikaanse aanlyn skoonmaakplatform wat huishulpe met werkgewers in verbinding bring, het ’n fonds gestig om huishoudelike werkers van kos en ander basiese benodigdhede te voorsien gedurende die algehele landwye afsondering.

Aisha Pandor, medestigter en uitvoerende hoof van die platform SweepSouth, het gesê ten minste R4 miljoen per maand is nodig om te verseker dat sy SweepStars, die huishoudelike werkers wat aan dié platform behoort, asook hul gesinne kan eet en hul daaglikse lewenskoste gedek kan word gedurende die afsondering.

“Soos alle ander, maak huishulpe in Suid-Afrika staat op hul inkomste om kos vir hulself en hul afhanklikes op die tafel te sit. Die koste van basiese benodigdhede soos elektrisiteit en ander nutsuitgawes moet natuurlik ook bykom,” het Pandor gesê.

Volgens Pandor toon navorsing deur die platform dat meer 70% van alle huishoudelike werkers enkelma’s is en dat meer as 80% van hulle die broodwinner in die gesin is.

SweepSouth het nou met ’n fonds begin om hulle by te staan. Die bekendstelling van die fonds word ondersteun deur ’n bydrae van R6 miljoen van die Michael & Susan Dell-stigting wat in 2019 in SweepSouth belê het. Die doel van die belegging was om beter ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika te bevorder deur ’n organisasie te ondersteun wat breë toegang tot werksgeleenthede bied.

Volgens Pandor sal die fondse SweepStars in staat stel om weeklikse finansiële steun te ontvang in die vorm van opbrengste van tussen R150 en R450 gedurende die afsondering.

SweepSouth gaan poog om tot R12 miljoen in te samel om vir ’n tydperk van drie maande tot die lewenskoste van SweepStars by te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Rodger17 ·

Wat maak huishulpe meer spesiaal as n gewone werker?Laat hul ook maar by die huis sit en krepeer.Die regering moet ophou sekere mense uitsonder!

Hans-Peter ·

Willem, waar het jy gelees dat hierdie met die regering uit te waai het?

johan ·

Mens kan maar net wonder hoeveel van daardie miljoene eindig op in die sakke van die sogenaamde organiseerders….

Michael 1 ·

Ek dink mense moet hulle eie huiswerk begin doen en hulle afhanklikheid verbreek met die huis hulp.

Amanda ·

As ek nie 05h00 uit die huis uit was in die oggend, na 19h00 in die aand weer tuis gekom het en meeste naweke nog ekstra werk ingesit het nie, sou ek dalk nie ‘n huiswerker gehad het om my uit te help nie. Terwyl ons nou onder lockdown is, het ek absoluut geen probleem om my eie huiswerk te doen nie, want ek het baie tyd tussen my werk deur om my huis skoon te hou.

Erik ·

Stem saam met Michael en Amanda. As ek tyd gehad het het ek ook enige tyd self die werk gedoen. Ek doen dit tans aangesien my vrou nog moet werk. Ek kyk ook na my kinders tuis en werk af en toe van die huis af en kry selfs werk deur sodat ek my een kind moet tuisonderrig. Ek besef dat huis’vrou’ wees eintlik ‘n fees is. Ek sal dit veel eerder verruil vir my werk. Ek is die baas van my eie tyd en besluit self wat, of en wanneer ek wat wil doen. Bitter min stres. Dink nie huis mamma’s besef wat se stres gaan gepaard met werk nie.

Sharnelle ·

My vraag is net, wat as hierdie lockdown verleng word en duisende mense gaan nie n inkomste verdien nie? Hoe gaan hulle gehelp word om te oorleef, en dan praat ek van alle rasse. Ek lees in ander koerant berigte dat verlenning moontlik kan plaasvind. Dalk moet ons wag en hoor wat Cyril Ramaposa gaan besluit. Ons is alreeds 12 dae in afsondering en nog steeds klim die getalle.

Erik ·

Ek verstaan nie jou kommentaar nie, Willem? Die berig het niks met die regering te doen nie? Miljarde stroom in vir besighede om hulp te verleen, so hoekom ook nie huishulpe nie? Miskien kry jy nou swaar, hulle het nog hul hele lewe met die minste reggekom. Ek kan nie sien dat daar iets daarmee verkeerd is om enige iemand te help nie.

Bets ·

Dankie tog ek doen my huiswerk self het nie n huishulp nodig nie

Michael 1 ·

Goed so ek hoop almal wil dit begin doen jy kan nie glo hoeveel spaar jy en dan praat ek nie net van salarisse nie.

Bets ·

Ja ek kan ook nie sien waar verbeter hierdie virus in hierdie afsonderings tyd nie dit gaan hierdie virus definitief nie stop nie ek stem die syfers bly net styg en styg en verder gebeur daar net mooi niks nie nou ja hoekom Dan so in afsondering bly vir wat niks verander

Jacobus ·

Geagte organiseerder van dié initiatief – ons het ons huishulp huistoe gestuur soos baie ander, en betaal steeds haar salaris. Vir ons as pensieonarisse laat dit ‘n geweldige gat in ons finansies. Kan die septerswaaiers in ons regering vir eens en vir altyd erken dat gewone burgers hulle deel doen vir hulle mense en vir die situasie. As die spul hul monde oopmaak spoeg hulle ongebreidelde rassisme uit.
Dit moét einde kry.

Amanda ·

Ek het al voor die lockdown my huiswerker, wat wel net eenkeer ‘n week inkom, gevra om eerder tuis te bly aangesien ek haar en haar klein kinders wou veilig hou. Ek het ook voor die lockdown haar volle salaris vir Maart betaal plus ‘n paar rand ekstra sodat sy ook ‘n bietjie meer as die “gewone” kon koop want ek weet nie of haar ander inkomstes sou inkom in die tyd nie. Ek sal haar ook steeds betaal al bly ons onder lockdown, want alhoewel my man een van die ongelukkiges is wat nie salaris ontvang by sy werksplek nie, hulle word ook nie hulle verlof gegee nie, so geen inkomste van hom af nie, word ek steeds 100% betaal deur my wonderlike baas en is ons in die bevoorregte posisie om in ‘n sekere mate van die huis af te werk – ek werk in die regswereld, en alhoewel al die howe ens toe is, is daar gelukkig nog ander werk wat ons besig hou.

Lynette ·

My huishulp is deel van my huis en in hierdie tyd het Ek haar salaris volledig uitbetaal. Sy was nog net goed vir my en Ek sal haar ondersteun waar ek kan. Ek maak op die oomblik self skoon en Ek kry nuwe waardering vir wat sy Elke dag vir my doen. Ek sal graag Wil Weet hoe volgende maand Se geld veilig by haar Kan kry indien grendeltyd verleng.. Sy het Nie n bankrekening Nie. Sy is n Ster en maak nog haar sleg Seun Se meisiekind mooi Groot.

katerinadiekat ·

Ek betaal my huishulp se salaris gedurende die inperking. Die virus is nie haar skuld nie en my man moet nog werk so ons kan dit bekostig. Ek wens egter ook soos baie dat ek sonder n huishulp kan klaarkom. Nie dat daar iets spesifiek fout is met haar nie, net omdat ek graag liewer onafhanklik sou wou wees. Maar ek het rug en hartprobleme en my longe is nie meer van die beste nie so ek het haar wel nodig.

Pieter ·

eVoucher.mobi kan help op om geld by mense uit te kry, direk op hulle selfone. . Ontvanger kan dan gaan koop by winkels soos PicknPay, Clicks, DisChem, Shoprite, Checkers en USave. Stelsel is verniet vir besighede en individue wat nou tydens lockdown geld by mense in nood moet kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.