Afsondering: Kinders mag nou tussen geskeide ouers reis

egskeiding familie gesin hartseer kinders ma pa

(Grafiek: pixabay)

Die minister van maatskaplike ontwikkeling het wysigings in die Staatskoerant afgekondig wat dit nou moontlik maak vir albei ouers wat gedeelde kontak met hul kinders het, om die kinders tydens die staat van algehele afsondering te sien.

Die regulasies het vantevore bepaal dat kinders vir die afsonderingstydperk slegs onder die toesig van die bepaalde ouer waar die kind hom of haar aanvanklik tydens die afsonderingstydperk bevind het, mag bly. Kinders is verbied om albei ouerhuise te besoek of afwisselend daar te bly.

Maroela Media het berig dit het groot smart vir geskeide ouers wat nie in die tyd hul kinders te sien kon kry nie, veroorsaak.

Minister Lindiwe Zulu het nou gewysigde regulasies afgekondig.

Dit bepaal dat kinders se beweging tussen ouers steeds verbied word, tensy reëlings daarvoor getref is en waar:

  • ʼn Hofbevel bekom is; en
  • ʼn Ooreenkoms of plan wat by die gesinsadvokaat geregistreer is, bestaan.

Die verslapping is wel onderworpe aan voorwaardes.

ʼn Kind mag nie geskuif word na ʼn huishouding waar dit bekend is dat iemand daar in kontak was met ʼn persoon wat Covid-19 opgedoen of wat vermoedelik die nuwe koronavirus opgedoen het nie.

gesin familie sonsondergang

(Argieffoto)

“Die ouer of versorger wat die betrokke kind vervoer, moet die hofbevel of ooreenkoms [waarna vroeër verwys is], of ʼn gesertifiseerde afskrif daarvan, in sy of haar besit hê.”

Ouers het vroeër gesê hulle voel magteloos en gefrustreerd omdat hulle nie weet hoe lank die afsonderingstydperk gaan voortduur nie en dat hulle hul kinders moontlik maande lank nie gaan kan sien nie.

Daar is die stadium nog geen aanduiding oor of die afsonderingstydperk verleng gaan word nie. Dit duur na verwagting tot 16 April.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Onnie ·

Hoekom laat die artikel my voel asof die minister iets weet oor ‘n verlengde lockdown wat ons nog nie weet nie…

Jaco ·

As dit moet gebeur, dan is ek en ek glo nog miljoene mense se lewens totaal en al verwoes. Die regering se “kuur” gaan meer dodelik wees as die virus self!! Miljoene sal sterf aan honger, selfmoord sal baie se laaste uitweg wees en massas mense gaan begin “riot” weens hongerte. “Mark my words”, n verlenging van die lockdown sal ontaard in chaos soos wat ons land nog nooit van tevore gesien het nie.

Cherokee ·

Onnie, heelwat mense dink, of sal ten minste nie verbaas wees as die afsonderings-tydperk verleng word nie. Dit kos geld en daar is nog geen woord gesprak òf dit wel die kurwe afplat nie. Indien dit geslaagd is, sal ons die skade moet verduur, want die doel heilig die middele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.