Afsondering: Kriminele teiken skole

Brandbestryders Maandagoggend op die toneel by ‘n skool in Soshanguve. (Foto: Verskaf)

Talle skole in Mpumalanga en Gauteng is by ingebreek sedert die tydperk van algehele afsondering op 26 Maart ingestel is.

Volgens die provinsiale departement van onderwys in Mpumalanga is die afgelope weke by 72 skole in dié provinsie ingebreek.

“Die departement is baie teleurgesteld met die aantal inbrake by verskeie skole die afgelope tyd. As ons kyk na die aantal voorvalle, lyk dit of kriminele skole teiken en noodsaaklike sentrums vir gemeenskapsontwikkeling wil vernietig,” sê Jasper Zwane, woordvoerder van die departement van onderwys in Mpumalanga. Die skole wat deurgeloop het, is in die Bohlabela-distrik (Bosbokrand), Ehlanzeni (Baberton, Nelspruit en Lydenburg), Nkangala (Belfast, Middelburg en Delmas) en die Gert Sibande-distrik (Ermelo, Secunda en Piet Retief). Die polisie ondersoek al hierdie gevalle van diefstal.

Ook in Gauteng is ongeveer 40 skole besteel of gevandaliseer sedert die tydperk van algehele afsondering ingestel is. Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, is waardevolle toerusting en skole se kruideniersware gesteel. Teen Donderdag is twee verdagtes in verband met verskeie van dié voorvalle in hegtenis geneem. Hulle is onderskeidelik 26 en 27 jaar oud.

“Skole en enige ander openbare eiendom behoort nie teikens vir kriminele te wees nie. Dit moet beskerm word, juis omdat dit bestaan om ons gemeenskappe en kinders te bemagtig. Ek versoek gemeenskappe om met die polisie saam te werk ten einde hierdie kriminele te identifiseer en verantwoordbaar te hou,” sê Bonakele Majuba, LUR vir onderwys in Mpumalanga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rodger17

Plaas die polisie hulle besig hou met sulke misdaad en die geringe voorvalle los

Rodger17

Ander lande het misdaad afgeneem maar in SA word dit net erger.Wys jou net

Marius

Ek dog ons moet by die huis bly , maw kriminele aktiwiteite is deel van “noodsaaklike dienste”….????LOL
Hoe belaglik en stupit is dit om jou se naaste se toekoms te benadeel ????? Se ook maar net .

katerinadiekat

Only in South Africa..

Jacobus

Sprakeloos. Hierdie, die boustene van ons samelewing, is die teiken vir boosdoeners. Wie en wat kan dit aandryf.