Afsondering: ‘Nog net 10’ ontvang spesiale R350-toelaag

Begunstigdes wag om hul Sassa-toelae te ontvang. (Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Busisiwe Memela-Khambula, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), behoort hul koppe in skaamte laat sak ná berigte dat net ʼn skamele tien mense tot dusver die spesiale Covid-19-maatskaplike hulptoelaag ontvang het.

Dít volgens die DA wat sê dit lyk of die departement en Sassa die land doelbewus mislei het toe hulle gesê het die uitbetaling van die toelae gaan op 15 Mei begin.

“Hulle is duidelik heeltemal uit hul diepte en het geen beheer oor dié spesiale toelaag nie,” het Bridget Masongo, die DA se woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, gesê.

Die DA het Memela-Khambula Donderdag in die parlement gevra hoeveel begunstigdes reeds die toelaag ontvang het. Pleks daarvan dat sy die vraag geantwoord het, het Memela-Khambula ʼn omslagtige relaas gelewer oor die aansoeke wat eers nagegaan moet word en die stelsel wat getoets moet word.

“Die DA gee toe dit is nie maklik om 3,5 miljoen mense se besonderhede binne ʼn baie kort tyd na te gaan en goed te keur nie, maar die werklikheid is dat die president reeds op 21 April die spesiale Covid-19-maatskaplike hulptoelaag aangekondig het.

“Sassa het meer as drie weke gehad om te beplan en die besonderhede van ʼn beduidende hoeveelheid aansoekers na te gaan. “Dit is belaglik dat nog net tien mense dit onvang het,” het Masongo gesê.

Masongo sê daar is geen verskoning hiervoor nie.

“Vandag se onthulling is net nog ʼn aanduiding van hoe die regering die armste mense op die aakligste manier versaak. Nie net probeer hulle nie-regeringsorganisasies verhoed om kos aan armes te versprei nie, hulle maak dit ook bykans onmoontlik vir desperate mense om toegang tot daardie skamele R350 te kry.”

Die DA sê Sassa versuim sy plig om diegene in nood te help en sê Zulu moet verantwoordelikheid neem vir haar departement se swak prestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Snowball ·

Soos reeds gesê, al die geldjies wat moet uit, gaan nooit klop met al die geld wat kamtig reg is vir hulpverlening nie. Korrupsie laat hom nie afskrik van ‘n virus nie….

Sarel ·

Ka iemand vir my sê waar die Personeel. Vandaan moet kom.om die aansoeke te verwerk. Ja Regering mask beloftes maar die asnsoeke verwetk hulle nie self nie. Dink bietjie.

Snowball ·

Ander nuusbronne het berig dat uitbetalings sou gebeur vanaf 15 Mei, dit sou glo net drie dae neem om uit te betaal vandat die aansoek ontvang is; ‘n WA lyn asook ‘n e-pos is geskep hiervoor en uitbetalings sou selfs na ‘n foon kon gedoen word as iemand nie ‘n bankrekening het nie. Nee wat, SASSA en die regering was vol beloftes, maar die slap hande en onbevoegdheid spreek boekdele.

Santie ·

Ek wil graag he oposisie partye moet n verslag vra oor die gebruik van die geld wat ons regering geleen het. Ons wil weet waar is dit?

Alida ·

Hulle sal weer ANC stem. Te dom om te sien wst werklik aangaan.

Marthinus Johannes ·

Wonder hoeveel van daardie bedrag wat uitgesit was vir dit is nog oor.

Alleen Wolf ·

Ek is nie verbaas nie, die res van die geld is WEG soos laas maand se salaris

Yvonne ·

Niks wat die regering aanpak kan hulle deurvoer nie….dis n gemors

Jack ·

Hierdie is maar weereens iets wat ons almal weet. Onbekwame kaders wat eenvoudig in die moderne wereld nie in so n posisie moet wees nie. As die boom nie wil vrugte dra nie snoei hom of haal hom uit

Jannie van Niekerk ·

Ek wonder of daar nog fondse in daai bankrekening is. Onthou dis ANC ampetnare en misnisters wat daarnmee werk. Miskien moet daar ‘n fortensiese oudit deur ‘n eerlike oudit maatskappy op hulle bankrekeninge gedoen word. By eerlike oudit nmaatskappy bedoel ek daar moet nie ‘n ANC ouditeur in die oudit maatskappy se diens wees nie.

Annelien ·

Daar was nooit geld van die begin af nie. Nie Sassa of UIF het die fondse om te doen wat belowe is nie. En al was die geld daar, die administrasie is net een te veel vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.