Afsondering: Ombudsman ontvang steeds klagtes oor SANW

Weermaglede in Johannesburg gedurende die algehele landwye afsondering. (Foto: Jerome Delay, AP)

Die kantoor van die millitêre ombudsman ontvang steeds klagtes van lede van die publiek oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se optrede tydens die algehele landwye afsondering.

Luidens ’n verklaring het die kantoor van die millitêre ombudsman reeds 28 klagtes ontvang waarvan minstens 15 klagtes van lede van die publiek is met bewerings van buitensporige geweld en fisieke mishandeling deur lede van die SANW tydens die afsonderingstydperk.

Die kantoor het ook klagtes van dienende lede van die SANW ontvang oor hul diensvoorwaardes.

Die kantoor van die millitêre ombudsman is in 2012 gestig en hanteer klagtes en griewe van huidige en voormalige lede van die SANW rakende hul diensvoorwaardes. Die kantoor ondersoek ook klagtes van lede van die publiek oor die amptelike gedrag van SANW-lede.

Luidens die verklaring raai die kantoor diegene aan wat ʼn lag wil indien om ʼn beskrywing te gee van die voorval, insluitend die datum, tyd en plek van die voorval. Die naam van die betrokke soldaat behoort ook deurgegee te word aangesien soldate se name op hul uniforms sigbaar is. Indien daar getuies is, moet diegene se name en kontakbesonderhede aan die kantoor deurgegee word.

Die kantoor moedig ook aan dat video-opnames en klankopnames van ’n voorval ingedien word, indien beskikbaar.

Lt.genl. Vusumuzi Masondo, militêre ombudsman, het gesê dit is noodsaaklik om al die nodige besonderhede te verskaf sodat ’n deeglike ondersoek uitgevoer kan word voordat enige aanbevelings aan die minister van verdediging en militêre veterane gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

antieke antie ·

tree op teen die oortreders…maar neem in ag dat baie van die mense nie hou by die wette nie…. en baie uittartend sal wees om eise in te stel vir geld…. baie wil nie werk nie en sal daarom enige iets doen sodat hulle eise kan instel en onthou ‘die staat het nie perke vir ‘mishandeling deur die weermag’ …. en ons almal weet baie prokureurs het geen gewetes nie want daardeur maak hulle ook geld deur vals eise… en elke krimineel het mos deesdae ook ekstra menseregte …of hulle nou uniforms dra of nie… ,…maar dis al klaar so dat die polisie se tande ook stomp gemaak is….

Destarte ·

Ek sal ook graag ‘n “lag” (klag) wil indien. Nou lekker gelag vir daai een, en dit gebeur só maklik met ons almal.

marius ·

As daar net 15 klagtes ingedien is vaar die weermag uitstekend of die publiek gedra hulself onberispelik ….onder die uiterste omstandighede

Jaco ·

ek wens die polisie wil ook soos die weermag wees en sommer ook gaan kyk hoe lyk wet en orde in Zimbabwe. dis 100 maal beter as in SA, want daar, wanneer mense oortree, word die weermag en polisie eenvoudig ingestuur met die opdrag: kry die oortreders van die strate af.

Willem ·

Dit is seker nie maklik vir wetstoepassers nie. Die mense raak moeilik (honger)en steur hulle nie aan wette nie. Gaan nog vererger.

Sonneblomkind ·

Dit klink goed om te weet dat jy ook kan kla oor gedrag. Maar da is mos reels neergele wat almal moet nakom…so maklik sorteer die wat nie by reels hou nie binne wet uit. ..wet en orde word mos so gehandhaaf.

Sê Ook Maar Net ·

Ek wonder of die weermag en polisie weet dat grendelgreep beteken ?Jy mag in jou Erf rondloop..Jy hoef nie binne in jou huis te wees die heeltyd nie. Weet hulle ook dat jy drank mag hê maar nie koop en verkoop. Ek dink aan die geval waar ‘n persoon voor in sy tuin sit en braai en dan gearesteer is . Verder die geval waar die polisie in die slagoffers se huis ingaan ..een bier kry en hom arresteer. Dra niemand vir hulle die Regulasies oor nie?

Piet ·

Dit is is voorwaar ‘n baie patetiese situasie. Daar is geen trots in sommige mense wat uniform dra nie. Dit hulle mos die mag om “bribes” ens. te aanvaar of af te dwing. Disipline het by die deur uit gevlieg toe uniformdraers lede van vakbonde gerword het. Pas jy disipiene toe dan pleeg jy rassisties op of jy skend sy mensereg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.