Afsondering: ‘Opoffering, nie straf’

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Die regering het Saterdagoggend meer besonderhede begin bekend maak oor die geleidelike verslapping van die regulasies van die staat van landwye afsondering.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het Saterdagoggend gesê mense moet deeglik kennis neem dat die verslapte bepalings eers op Vrydag 1 Mei in werking tree.

“Wanneer ons na vlak 4 beweeg en nie aan die voorwaardes voldoen nie, gaan die regering geen ander keuse hê as om vlak 5 weer in te stel nie. As almal gehoor gee aan die regulasies, gaan ons dalk op vlak 4 kan bly.”

Vlak 4 beteken dat streng bepalings steeds geld om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Meer mense sal egter toegelaat word om terug te keer werk toe. Dit sal egter onder streng voorwaardes wees en behoorlike higiëniese maatreëls moet geld. Dlamini-Zuma het gewaarsku dat die kultuur in die werkplek boonop moet verander: Mense sal mekaar nie meer kan omhels of soen as hulle mekaar lanklaas gesien het nie en mense moet so min as moontlik aan mekaar probeer raak.

(Foto: Jerome Delay/AP)

Deurlopende toetse moet ook in die werkplek vir die virus gedoen word. Indien ʼn Covid-19-geval wel aangemeld word, sal die onderneming tydelik moet sluit.

Dlamini-Zuma het ook na ʼn klokreël verwys, maar nie daaroor uitgebrei nie. Luidens ʼn twiet van die nasionale departement van samewerkende regering gaan dié reël van 20:00 tot 05:00 geld.

Suid-Afrikaners sal net toegelaat word om noodsaaklike uitstappies te doen as hul monde en neuse behoorlik bedek is, verkieslik met ʼn lapmasker, het Dlamini-Zuma gesê.

“Ons moet opofferings maak. Dit is nie ʼn straf nie; dit is opofferings wat ons moet maak vir ons land, ons ekonomie en ons medeburgers.

“Dit is nie die beperkings wat die ekonomie gaan verwoes nie, maar die pandemie. Ons moet by die bepalings hou.”

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, gaan na verwagting binnekort meer besonderhede oor die verslapping van die regulasies vir die verskillende bedrywe bekend maak. Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

Wat word steeds nie toegelaat nie?

  • Geen reis tussen provinsies nie, behalwe in uitsonderlike omstandighede soos om terug te keer werk toe, of vir ʼn begrafnis.
  • Geen sosiale besoeke nie.
  • Gimnasiums bly gesluit en geen “georganiseerde aktiwiteite” word toegelaat nie. Mense mag onder “streng voorwaardes” oefen.
  • Geen groot saamtrekke word toegelaat nie.

Die berig is gewysig sedertdien dit aanvanklik publiseer is om groter duidelikheid te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Oros Soros ·

Bog, aandklokreël is ‘n oorlogsdaad. Die regering gaan nou nog verder buite die grense van grondwetlikheid. Die staatsgreep van ‘n spesiale soort het nou ‘n nuwe gedaante bygekry.

Joe Olivier ·

Jy is verkeerd dlamini zuma. Om iets op te offer , is om dit vrywillig te doen. Om verbied te word om te werk en nie salaris te verdien nie is n straf. Net soos wat dit n straf is om na jou luister.. skrikwekkend om te dink sy was amper president.

Willem ·

Sal graag wil weet hoe die vrou n dr geword. Dis onmoontlik om haar te verstaan en sy dink sy praat mer laerskool kinders. Dan dreig sy ook nog om terug te gaan vlak 5 as ons stout is en reels oortree. Pateties. Dan praat sy van n klok reeling van 20h00 tot 05h00 .

Ryno ·

Dink ons geagte Minister dat ons nou skielik almal graad R kindertjies is met haar klokreël? Vlak 5 het nie eens n klokreël gehad nie, al was beweging byna heeltemal beperk. Of verstaan ek dan net die vlakke heeltemal verkeerd? Met sulke gedrag, word samewerking verander na rebellie. Behandel iemand soos n kind en hy tree op soos n kind!

Anel ·

Wel, dit is ‘n enorme straf vir iets wat waarskynlik nie gaan gebeur nie. Ons land se ekonomie is in sy kanon in. Mense ly honger, het nie werk nie, verloor hulle werk, ens. En sy noem dit nie straf nie maar opiffering! Sy moet haar kop laat lees want lyk my nie sy weet van swaarkry nie, sonder werk wees, wonder wat sy haar kinders, bejaarde ouers of familie gaan gee om te eet nie, of rekeninge betaal nie. Dalk nie geld het vir krag nie, huur ens. Die paar sterftes regverdig nie hierdie gemors nie. Daar word nog steeds meer mense vermoor as wat dood gaan aan die virus. Of wst van malaria, vids, TB, cholera? Hoekom nie sulke drakoniese reëls en inperkings vir dit ook nie?

Johnny ·

““Dit is nie die beperkings wat die ekonomie gaan verwoes nie, maar die pandemie”
Hoe word dié wese vertrou met die posisie en gepaardgaande mag wat dit het?

Chris ·

Hoe meer ‘n mens sien wat aangaan hoe meer word jy tot stomheid geslaan. Ek kan “het niet geloven” hoe op deeske aarde die bende wat die land regeer/manipuleer se koppe werk nie. Dit is ook eintlik nie verbasend nie aangesien die massas het burgerlike ongehoorsaamheid tot ‘n hoër vlak bevorder. Ek praat nie eers van die vakbond wese in die lamd nie. Ons al maar wag en sien.

Raadslid ·

Verkieslik ‘n maskervan materiaal sê sy.
Dit is die ondoeltreffendste masker wat daar is.
Sy weet duidelik nie hoe groot ‘n mikron is nie want dit is hoe klein die virus is.

Jaco ·

Die straf kom eers later, wanneer wit besighede begin vou en dan geen staatshulp kry nie met die rede: dis die straf vir apartheid.

PH ·

“Deurlopende toetse moet ook in die werkplek vir die virus gedoen word.”

Hoe volhoubaar is dit as daar reeds te min toetse gedoen word? Hoeveel DUISENDE ekstra toetse sal dit beteken.? Wie is beskikbaar om dit te doen?

Ronel ·

Mag ons nou al gaan draf of nie. Een se ja, ander een nee. Hier staan duidelik geen draf buite jou erf nie.

Boortor ·

Nou is ek deurmekaar! In watter vlak is ons nou eintlik! Vlak 5.1, of 4.2, of 3.9483? Kan ” dokTOR” zuma vir my verduidelik asb! Aanklok reel!? Jy kan gaan vlieg tannie. Ek is nou moeg toegesluit. Vang eers die ” peoples” voor jy dreig dat julle ons almal weer van vooraf gaan inperk. Ek is NIE in graad RR nie. Dalk is jy.

Willem ·

Al politieke party wat lyk my betrokke raak by gesprekke rondom die onnosel besluit wat die ANC neem is die EFF.

Alleen Wolf ·

Die ander partye neem dalk deel maar daar word hoegenaamd geen aandag aan gegee nie, ons ploeter eerder voort saam met ons onkundige “KUNDIGES” pateties verby.

Sonneblomkind ·

Binnekort het Niemand werk nie. Nie geld vir huur Nie ook Nie Krag Nie ook Nie Kos Nie en ONS sit op straat…wat Gaan Dan gebeur.. Wie Gaan Dan Na ONS Kyk. UIF..dis n grap…dit dek Nie eers Meeste mense see huis huur nie

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wie wil vinnig baie geld maak? Bemark ‘n gesigsmasker van materiaal met die ANC vlag daarop gedruk. Ha-ha-ha!

Joe Olivier ·

Ek dra liewer een met die vierkleur op. Wonder of hulle my dan sal arresteer omdat ek n masker dra.

Sharnelle ·

Natuurlik is dit n straf om sonder inkomste te sit. Jy verdien n goeie salaris tydens die inperking, Dlamini – Zuma. Jyt elke aand n bord kos op jou tafel terwyl ander kripeer van die honger sonder inkomste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.