Afsondering: Ramaphosa sê vanaand oor kerke

(Argieffoto: pixabay)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdagaand die oproep om ʼn nasionale biddag lei in ʼn toespraak waar hy ook na verwagting meer besonderhede bekend gaan maak oor bepalings vir die geloofsektor ingevolge vlak 3 van die afsonderingstydperk.

Ramaphosa en die nasionale koronavirus-bevelsraad het vandeesweek met verskillende geloofsleiers en -groepe vergader oor die voortgesette verbod op kerkdienste.  Kerkdienste val onder byeenkomste en word steeds ingevolge die regulasies verbied. Begrafnisse word toegelaat, maar net as minder as 50 mense dit bywoon.

Ramaphosa het Sondagaand ook die land toegespreek en het toe aangekondig dat Suid-Afrika op 1 Junie na koronavirus-vlak 3 afgewentel word.

Hy het onder meer gesê dat alle winkels mag heropen, oefening enige tyd toegelaat gaan word, dat die verbod op drankverkope opgehef en die een op tabakprodukte voortgesit word.  Die aandklokreël word ook geskrap.

Die regulasies moet egter nog amptelik in die Staatskoerant afgekondig word.

Die nasionale koronavirus-bevelsraad sou vandag al terugvoer oor die bepalings gegee het, maar die mediakonferensie daaroor is tot Woensdag om 12:30 uitgestel.  Die mediakonferensie oor die sosio-ekonomiese ingrypings op vlak 3 is óók tot Woensdag om 18:00 uitgestel.

Die president se toespraak word vanaand regstreeks om 19:30 uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Ek kan nie verstaan dat ons, wst glo ‘n demokrasie is,’ ‘n bevelsraad het nie. Dit is net in komunistiese lande en lande wat onder militêre bevel is wat sulke rade het.

marius

Ons is al baie lank elke dag op ons kniee . Waarom nou
‘n spesiale biddag ? Dankie vir die vriendelike aanbod maar sal nie deel wees daarvan nie .

Raadslid

Hartseer dat heidene die mag in die hande het om te besluit of Christene eredienste mag of nie mag bywoon nie.

Kobus2

Ek’s jammer maar:
HIER TREK EK DIE STREEP!!!(Indien my kommentaar verwyder word … ook maar reg so,)maar ek WEIER VOLSTREK om op my knieë te gaan voor God my Skepper saam met ‘n individu wat dolosse gooi en sy “voorvadersgeeste” raadpleeg oor hoe om ‘n land te regeer. Jy kan nie God én Mammon dien nie. Laat Ramaphoza gerus bid, maar ek hoop net hy doen dit onder ‘n skuilnaam!!

Johan

Hulle het God uit die parlement en skole verban nou wil die spul huigelaars n biddag hou……jy spot nie met God nie.