Afsondering: Ramaphosa spreek SA Woensdagaand toe

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane,/GCIS)

Die presidensie het bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa die land Woensdagaand om 20:30 gaan toespreek.

Ramaphosa het amper drie weke laas die land, wat weens die Covid-19-pandemie en die ekonomiese uitwerking daarvan bykans op sy knieë gedwing is, toegespreek.

“Die president se toespraak volg op ʼn rits vergaderings met die kabinet en die nasionale koronavirus-bevelraad,” het die presidensie ʼn kort rukkie gelede gesê.

Die DA-leier, John Steenhuisen, het Dinsdag gesê dit is hoog tyd dat Ramaphosa “ophou wegkruip” en Suid-Afrikaners oor die toenemende afsonderingskrisis toespreek.

“Sedert sy aankondiging oor die afwenteling na vlak 4 van die afsonderingstydperk, was die president nêrens te sien nie en het hy dit aan ʼn handvol ministers oorgelaat om die twyfelagtige besluite van die bevelraad oor te dra,” het Steenhuisen gesê.

Steenhuisen het gevra dat Ramaphosa die land minstens een keer per week toespreek en ook dat hy die data bekend maak waarop die voortgesette afsondering gegrond word. Hy vra dat dié data inligting soos die ouderdom, MIV-status en ander toestande van slagoffers insluit.

“Elke dag wat ons ekonomie gesluit bly, kos die lande miljarde rande. Sedert die president die laaste keer ʼn toespraak gelewer het, moes groot getalle ondernemings hul deure sluit en is duisende meer Suid-Afrikaners sonder werk en ʼn inkomste gelaat,” het Steenhuisen gesê.

Steenhuisen het gesê Ramaphosa moet aan 58 miljoen Suid-Afrikaanse burgers – nie onderdane nie – verantwoording doen.

“Hy het ʼn plig om voor hulle te verskyn en te verduidelik nie net wat sy regering doen om hul lewens en inkomste te beskerm nie, maar ook hoekom.”

Hou Maroela Media dop vir meer inligting oor Ramaphosa se toespraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Kosie ·

Ek is seker daar is ‘n menigte Cirofiele wat nie kan wag vir sy woorde van diepe wysheid vanaand nie. Ongelukkig is ek van mening dat die man homself oor en oor al bewys het as ‘n blatante leuenaar, so ek sal nou nie juis my asem ophou vir wat hy vanaand weer alles gaan kwytraak nie. Weereens ‘n geval van waar dit hom nie direk raak nie, want sy myne is oop en hy kry sy salaris, maar jy, jan publiek, moet maar self sien kom klaar oor ‘n die virus sprokie. Vir die wat nog alkohol besit, een sopie vir elke keer wat hy die woord “scientific” of “data” gebruik…

Jerry ·

Gaan nie opwag vir CR nie, hy bly nie by tyd of sy woord nie. Moeg vir stories en beloftes, ek vir een maak wat ek wil- hoe, wanneer en waar.

Erica ·

Net jammer ons betaal hom vir wat? Hy is niks. Die beet gesig Zuma beheer die land? Hy se iets oor 4 dae sal sy weer iets anders se. Hulle gedagtes is as hulle honger is gee hulle beet om te eet

Termiet ·

Hulle behandel ons soos mushrooms, hou ons in die donker en voer ons ‘n klompe snert.

Boortor ·

Ja nee kyk…vanaand sal ons weer liegstories hoor tot ons ore tuit!! Weet ook nie hoekom hy wil praat nie. Wat wil hy se? Dat al hierdie simpel goed op ” eksperte” insette gebasseer is? BHA!! PFFFT!!!!!

Fedup ·

I am just going to let this tit bit sit right here.

There is an old saying commonly attributed to Napoleon Bonaparte, “what one should really fear is not a competent enemy, but an incompetent ally.”

Talk all you want cyril.

Nie Verbaas ·

Hy is n leuenaar en het geen ruggraat nie. Wie gaan nou eintlik omgee wat hy se? Volgende week hoor ons weer iets anders van die tannie met die kopdoek. Plus nog absurde regulasies soos Patel se grapple.

Ria ·

Squirrel kan niks belowe voor die minister van nuttelose inligting klaar gepraat het nie

Willem ·

Ek gaan ” siener” speel” SA verander na vlak 3, behalwe Gautang en Weskaap. Die oom gaan seker ook so 21:30 gereed wees om te gesels. Hy moet “baie mense” konsulteer.

Fae Fubar ·

Jy het vergeet van die Oos-Kaap, Willem. Die virus het mos tussen die 1ste en die 7de Mei soheentoe gemigreer toe die grense tussen die Wes-en Oos-Kaap oopgegooi is.

Hendrik Petrus ·

Hou nie my asem op vir dit nie, sal weer net ‘n klomp retoriek wees met bitter min waarheid , indien enige in. Cyriltjie het homself ongelukkig al bewys as iemand wat se woord vir homself nie enige waarde het nie , hoe moet ander hom dan glo

Duck ·

Mmm, seker die Kaap hou op vlak 4 en die res van die land af na 3…sonder ‘n Zol of ‘n bier

Pieter ·

Wanneer gaan die regte president praat. Het hy toestemming gekry by Nkosazana Dlamini Zuma?

PH ·

Hoekom laat hy nie sommer die kopdoek vrou praat nie? Hy sal waarskynlik weer weerspreek word.

Cherokee ·

Julle moet vir julle gedra! Netnou lees hy Maroela en change sy mind en maak dit level 6! Sjjjjtttt tot na 8 vanaand (as hy betyds is vir sy afspraak).

ameli ·

En môre sê vd mense weer op facebook ag hy lyk so moeg ons president dankie vir die besluite wat jy neem ag dankie. Blah blah

Hans ·

Kan John Steenhuisen nie ook by daai council gaan aansluit nie. Hul het nou iemand nodig wat logies kan dink… Soos common sense….

JohanR ·

Ek sal wag vir Donderdag aand waaneer President Nkosazana Dlamini-Zuma praat. Seker sy sal baie wat Cyril se verander!

PieterP ·

Hy kan maar sê wat hy wil, die kopdoek antie sal ons later die feite gee

Sarel ·

Hy moet ook adb. Verfuidelik hoekom hulle kos uit arm mense , wat kinders insluit, se monde vat. Maar antwoorde op regte vrae kry mens nooit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.