Afsondering: ‘SA kan nie tot einde Mei wag’

President Cyril Ramaphosa gedurende sy toespraak Woensdagaand. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

“Die land kan nie wag tot einde Mei vir verligting nie. Die regering se benadering is roekeloos.”

Só het Solidariteit Woensdagaand in ʼn verklaring gesê in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die grootste deel van die land teen einde Mei na koronavirus-vlak 3 sal beweeg.

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa het gesê vlak 3 sal teen einde Mei in die grootste deel van die land ingestel word, maar ander vlakke kan in gebiede ingestel word waar die risiko vir verspreiding hoër is. “Dit sal bepaal word volgens die koers van besmetting in ʼn gebied en die stand van gereedheid en kapasiteit van die gesondheidsfasiliteite om besmette mense te behandel.”

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is die regering se planne te min te laat en gaan die voortgesette afsondering tot katastrofiese ekonomiese gevolge, werksverliese, honger en lewensverlies lei.

“Die president is nie in voeling met die gemoed en welstand van mense nie. ʼn Verdere twee weke van die huidige afsonderingsbedeling gaan tot die inploffing daarvan lei. Gewone mense wat werk, is moeg om deur regulasies regeer te word,” meen Buys.

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, glo Ramaphosa se besluit om vlak 3 eers teen einde Mei in te stel, is irrasioneel en te stadig om langtermynskade aan die ekonomie te voorkom.

“Dit was altyd belangrik om ʼn sinvolle balans te vind tussen die verspreiding van die virus en die ontsluiting van die land se ekonomie. Om nog twee weke te wag om na vlak 3 te beweeg, sal hierdie balans nou ernstig versteur.”

Volgens Groenewald is dit veral die eenmansake soos haar- en skoonheidsalonne en in die toerismebedryf waar groot skade aangerig gaan word. Hierdie kleiner ondernemings sal nie kan oorleef tot einde Mei nie, verduidelik hy.

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. Foto: Morné Prinsloo

Die sakeorganisasie Sakeliga het op sy beurt gesê die afsonderingstydperk is ʼn ekonomiese, maatskaplike en humanitêre ramp in wording.

Volgens Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, het 19% van ondernemings wat onlangs aan ʼn peiling deur die organisasie deelgeneem het, aangedui dat hulle verwag om binne die volgende maand bankrot te gaan en 32% van die ondernemings in die volgende drie maande.

“Einde Mei is doodeenvoudig te laat. Die afsondering moet nou verlig word en daar moet van die regering se mikrobestuur afgesien word. Die enigste haalbare oplossing sou wees om op te hou definieer wat mense toegelaat word om te doen,” meen Le Roux.

“Samelewings kan nie funksioneer wanneer alles by voorbaat onwettig is totdat dit wettig bewys is nie en so ʼn eksperiment behoort nie op die publiek afgedwing te word nie.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Andre ·

Verstommend dat die enorme werksverlies en ekoniemiese verkragting nie swaar genoeg weeg vir die regering om die inperking te verslap nie.Maak enige iets vir hulle saak ? Hoe kortsigtig moet jy wees om nie die chaos raak te sien nie.

Elsa ·

Hy het miljoene rande. Weet nie wat dit is on swaar te kry nie.

Pieter ·

Julle kan en sal nooit n land kan best nie. Gaan orals in afrika so.

Albert Willem ·

Baie waar al waar dinge redelik nog goed verkoop is Botswana

Venter ·

Inperking is om vir tyd te speel en virus te vertraag ons kan dit duidelik sien maar wat hulle nie raak sien nie is om die virus rerig tee te werk is om die mense se immuniteit op te bou teen die virus en hoe doen die mens dit deur om die regte voedsel te eet maar hoe moet die mense die regte kos eet as hulle nie geld het of mag werk nie maar elke keur kom die Pres en hang die wortel van R350 voor die mense wat nie werk nie wat kan jy met dit koop vir n huis gesin van vier vir n maand die dag loon vir n man Wat by die jump sit is R200 n dag nee regtig gee die minsters die R350 per maand en gebruik die ander geld om die land reg te ruk

Michael 1 ·

Ek kon nie glo die niksseggende gebabel van ramaposa gisteraand nie ,ons is in groot moeilikheid met hom aan die stuur van sa

Fae Fubar ·

Ek het met opgehoue asem gewag dat daar iets gesê word wat ons nog nie gehoor het nie. Wat ‘n pot snert. Die mens wat nou nog nie gehoor het van maskers en hande was nie!

Dirk Mostert ·

Waar is die goeie ou dae toe Mbeki president was. Hy het nie op sy kop laat sit nie en is nie gebreinspoel deur media nie.

Maritha ·

Asb asb kan ons haarkapsters begin werk. Wit mense het hare wat in lengte groei. Meeste van ons lyk al soos moppe. Buitendien… wie sny die mense in uniform se hare en ander wat al werk?

koos10 ·

Ek is in uniform en lyk soos ‘n mop. Ek kan ‘n ponietailtjie maak.
Ek kan laat sny by my huis maar is baie jammer, ek gaan nie die pryse betaal wat gevra word nie, so my hare moet maar groei, ek het nie die haarkappers laat toemaak nie.

Elméne ·

Die ergste van alles is, in Evander is die swart mense se “naalwerk” winkels oop. Ons kan mos maar self knoop aan ons klere werk, maar ons kan nie ons eie hare sny nie. Hoekom is daar soveel dubbel standaarde in hierdie land en waarom is daar NIEMAND wat iets daaraan kan doen nie.

Cecilia ·

Ek stem saam, maak groot asb die haarkappersallonne oop. Ek ht 3 maande laas ‘n ordentlike haarsny gehad en my hare groei baie vinnig, el lyk ook al onnet! Die reëls van verskillende klere koop maak ook glad nie son nie. Die inperking op sigarette is ook sinloos. Die swartmark maak miljoene rande en die regering verloor miljoene aan belasting.

Elméne ·

Mense, hierdie kleredrag reels is absoluut langwekkend en BELAGLIK!!! Ek sal graag wil weet hoe die regering en sy “raadgewers” by DIE een uitgekom het.

Willem ·

Daar is twee dinge wat ek vermoed.

Die konsert gisteraand was daar niks gese nie behalwe dat ons eendag na vlak 3 sal beweeg okk nie almal nie. NDZ en liewe cele rek die ding uit oor sigarette en drank. Daar word beslis nie na inligting van oral gekyk nie.

Die Wes Kaap gaan gestraf word omdat hulle gekwalifiseerde gesondheids werkers het wat die toetse doen en dan tel. Die anderprov word geloof omdat hulle n voorbeeld stel met min positiewe getalle. Wel dis interesant dat Limpopo Noord wes en Noord kaap se getalle bynastaties bly.

KB ·

Die regering moet eerder vir ons sê:
Hoeveel mense per provinsie/per munisipaliteit getoets word, hoeveel het herstel die aftreksommetjie maak) en dán sê: dit is die groei (per provinsie en munisipaliteit). En dán vir ons kom sê: “Ons gaan hierdie en daardie gebied se vlak verminder/verhoog”.
Moenie kom filosofeer/dreig oor twak nie, ons is nie swape nie. Julle speel ‘n bitter gevaarlike mags-speletjie midde in ‘n krisistydperk van ‘n land.
Nee wat, julle het nie ‘n benul waarmee julle besig is nie – julle speel met mense se lewens! Dis absurd!

Adam Adriaan ·

Wat gebeur is Swede waar geen inperking geld nie? Niks nie!!

Dirk Mostert ·

Vir wat die statistieke werd is, met papajas en boerbokke wat ook positief getoets het (Tanzanie).

Karlahari ·

Ons is n gesin van vier.
Drie werkend en een student.
My vrou is in Maart afgelê as gevolg van personeel vermindering in die konstruksie bedryf.
Die fabriek waar ek werk maak einde Mei toe.
My seun is Maandag ingelig hy word tydelik retrench met min hoop dat werk weer sal oopmaak.
My voertuig al reeds in die mark. Maar wie koop nou?
Hierdie is net die ore van die seekoei.
Hier kom groot moeilikheid.

Erica ·

Ek dink die helfde van die land het so probleem. Ons is ingelig ons gaan net 8 dae n maand werk. Hoe betaal ek alles met niks geld. Klaar n maand agter. UIF het elke 2de dag n ander storie en nog geen geld ontvang. FNB en ander banke se corvid 19 is n scam. Hulle hulp is om jou in meer skuld te gooi.

ElizeK ·

Praat praat praat. Opinie op opinie op opinie.
Staan saam en DOEN iets omtrent die situasie.
Opinies raak nou net so afgesaag soos ons regering.

Alleen Wolf ·

Stem, dis tyd dat ons blankes begin om weerstand te bied teen hierdie belaglikhede

Harold ·

Nou waar is die Moses wat die volk gaan /wil lei.Laat ons uit een mond praat en so iemand kan ondersteun met die bietjie wat ons het,terwyl ons dit het!

Cherokee ·

Julle klink gefrustreerd en verwyt omdat niemand iets doen daaromtrent nie. Waarom iemand anders? Ons is in dieselfde bootjie en jy kan mos ook’n beweging aan die gang sit. Moet nie verwyt omdat niemand anders dit doen nie. Ek verloor duisende rande per maand in eiendomsverhuring, maar ek laat eiendom eerder leeg staan eer ek plakkers toelaat. Dinge sal weer regkom.

Jaco ·

Ek kan wit werksverliese, bankrotskappe, verarming en honger nog verstaan. Seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid.
Maar wat ek nie verstaan nie is dat die ANC dieselfde onder swartmense laat gebeur. Dis maklik om ‘n wit minderheid wat kla te ignoreer of stil te maak, maar wat van die ANC se eie mense?

Anel ·

Die ANC voel niks vir enigiemand anders nie ad net die ANC. Onthou, hou die massas ongeskoold en laat hulle dink hulle is afhanklik van die ANC, dan wen hulle weer by die stembus. Al hierdie sogenoende toelaes moet vir die massas wys hoe mooi die regering na hulle hulle kyk. Hulle het iets verniet gekry. Maar hulle is nie bevoeg om die groter prentjie te sien nie.

Alleen Wolf ·

Voel China en ander kommunistiese state enige iets vir hulle mense, ANC is niks anders nie

Michael 1 ·

Niks straf nie ons het niks gedoen nie net soos die anc regime nou teen ons diskrimineer so het die np regime teen swartmense gediskrimineer niks wat ek of jy daaraan kon doen nie

wouterine ·

Sal ons nuwe besighede kan oopmaak of ons bestaande besighede hervat na die inperking? Of sal al die besighede onderwerp word aan die BBEEE beginsel, maw nie een van ons volkie sal sy eie besigheid kan besit nie?

Alleen Wolf ·

Die besighede wat oorleef en BEEE is nie sal na my mening voortbestaan, sal net nie met die regering en hulle boeties kan handel dryf nie, maar wie wil nadat hulle ons so ondermyn het.

Lia ·

Moontlik kan ons hare laat sny by ons eerbare President se haarkapper. Lyk my sy/hy is oop.

Barbara ·

Ramaposa en sy mense kan nie verstaan of wil hul mag op almal af dwing. Mag diegene wat ANC stem se oë oopgaan en sien wat hul president aan die land doen.

Kokerboom ·

Dis ontstellend dat ‘n regering so uit voeling met sy mense kan wees. Dis voorbarig dat ‘n klomp onbevoegde ministers wat nog elke maand vet salarisse kry sulke snert kan sit(dis al wat hul doen) en uitdink en so gevoelloos optree. Neem hul salarisse weg en ons sien wat doen hul dan! Dis ontstellend dat die burgerlike organisasies en samelewing alles so vir soetkoek opeet en nie drasties maar verantwoordelik aksie neem. Dis uiters tragies dat die middelklas wat die hart van die ekonomie is so gevoelloos hanteer word maar nog steeds verwag word om hul belastingverpligtinge na te kom. Hoe kan ons toelaat dat so ‘n klompgierige burokrate ons Vryheid so kaap???

Oomniklaassevriend ·

Salarisse is nie die ministers se enigste bron van inkomste nie. Al word dit weggeneem gaan dit hulle nie veel raak nie. Hulle ander bronne van inkomste sal hulle nogsteeds in weelde laat leef.

Erica ·

Dis waar soos die swart mark. Drank en cigarette. Dit is waarvan ons nou weet en o ja die oop toon skoen

Oomniklaassevriend ·

Die ANC het ‘n muis op die huis se plafon hoor loop en nou steek hulle die huis aan die brand om die muis te keer

Alleen Wolf ·

Die langtermyn skade aan de ekonomie kan meer voorkom word nie, dis lankal te laat, maar C.R. gee nie om nie, sy toekoms en die van sy makkers is mos reeds verskans, totale sotheid om selfs na vlak 3 te beweeg al is dit nou, daar sal dalk nog ‘n klein persentasie van die ekonomie gered kan word as hulle die beperkings nou 100% lig

KB ·

Roekeloos?
Nee, dis dwaas.
Dis só oorversigtig, dis eintlik kinderlik.

Die kabinet en NCC sit met al die sogenaamde “plaaslike en internasionale “experts”” tot hul beskikking, en dan neem hulle laerskool-besluite in ‘n grootmens-wêreld?!
Red nou ‘n volk met sulke bang leiers…

Danie ·

To our president. When you entertain failure, you become failure. You had all the power to remove the bad apples in your cabinet but instead you entertained them. I feel very sorry for you. When you became the president I also like many south africans had high hopes and we were looking forward to support you but during this covid19 period all our hopes died. I can only hope that you can survive this and stand up and regain the trust of the people.

Anton ·

Van Maart tot vandag het my inkomste met 75% geval, ek werk vir myself. Dit gaan nie herstel voor omtrent middel 2021 nie want my projekte is langtermyn. En ek is een van die gelukkiges , miljoene het geen inkomste meer nie.

Alida ·

Die tabakmaatskappye moet volhard met hulle hofaansoeke en dit bring. Die regering se pogings om dit elke keer te stuit is belaglik. Bring die aansoeke en kry n kostebevel. Hulle verloor R35m per dag agv die sotheid.

KB ·

Roekeloos?
Nee, dis pateties.

Ons is nie kinders nie, en hulle neem besluite volgens “plaaslike en internasionale kenners”, en “monitor ander lande se aksies”? Wel DIS ‘n pot bog, want Rusland het reeds Maandag hul inperking AFgeskaf! En hulle syfers lyk baie slegter as SA s’n!
Nee wat, hulle is vrekbang, en is nie in staat om besluite (in landsbelang) te neem nie, watwou nog bestuur. Ek stel ‘n ernstige mosie van wantroue in teen die kabinet en die NCC.

Objektief ·

Eish, die Chinese het ons nie vertel hoe om hiedie een te “spin” nie.

Verdere bewys dat die ANC nie die vaagste benul het van wat aan die gang is nie: ook nie die vaagste benul van hoe om die huidige situaties te hanteer nie en ook nie die vaagste benul hoe om vorentoe te beweeg nie..

Wat meer kommerwekkend is , is die bewyse dat hulle nie verstaan hoe omn land te bestuur of hoe die ekonomie werk nie.

In Italie was was daar nie een sterfgeval van n kind onder 18 nie; In Amerika was daar baie lae sterftes van kinders( almal het ander onderliggede mediese kondisies gehad). SADTU het besluit die skole moet gesluit bly want dit is te lekker om by die huis te bly met vol salaris.

Teen die huidige tempo gaan daar ons miskien 5 % sterftes as gevolg van die virus maar meer gaan sterf van die gevolge van die inperkings.

Die kanse vir onrus in die “townships ” verhoog drasties en kan iemand hulle verkwalik want mense word tot n stadige hongerdood gedwing

Jan ·

Ek sie vrydag dat daar n vrou van pretoria n optog gereel het wat gepaard gaan met mense regte . Help haar en staan haar by

henndrik ·

Die besluite het niks met die mense te doen nie, dit is net politiek. Ek voorspel dat die Wes-kaap ten minste op vlak 4 gaan bly indien hulle nie weer na 5 beweeg nie want die doel van alles is om die ekonomie heeltemal te breek en om dit so moeilik moontlik te maak vir dele waar die ANC nie in bewind is nie. As ons nie optree nie gaan dit te laat wees

Werner ·

Ek glo dit is die regering se doel om die ekonomie te laat val sodat hulle n komunistiese bedeling tot stand kan bring so moenie verbaas wees as hulle niks vir die ekonomie voel nie

JohanR ·

Is ons nou in Vlak 4A, volgende week in Vlak 4B, dan Vlak 4C, dan uit eiendelik Vlak 3? Van daar af Vlak 3A, B, C, dan Vlak 2, 2A, B, C, en dan 1, 1A, B, C. En dan is dit Paas Naweek 2021, end die Pass Haas het nie ‘n uier gele want die Pass Haas is bankrot. Wag nou geduldig vir energiser bunny President Nkosasana Dlamaini-Zuma om vir die nasie te verduidelik wat Cyril gese het en nie gese het, en waar sy verandering gaan aanbring. Hoe ver kom R350 vir iemand wat nie werk het nie? As jy elke dag by ‘n robot staan, of in ‘n supermark se parkeer area dan is ek seker jy kan jy R1000, of meer ‘n maand maak? Net nog 7 dae dan kan ons se ons was in kwarantyn langer as die langste – Italia

Estelle ·

Dis nie alleen die swartmark wat geld maak uit sigaret verkope nie. Ek verneem gister van n kaffee eienaar wat se hy koop sy sigarette van die polisie. Zuma sorg dus vir die polisielede vir n eksta inkomste deur sigaret verkope.

Adam Adriaan ·

Hierie optredehou direk verband met die voorskrifte van die Fouth Dimention/Prison Warders/Brotherhood en Elite wat alle orgistreer

Ansie ·

Ek twyfel of verdere afsondering baie verligting sal bring. In die Kaap loop die mense in plekke soos Philippi rond asof afsondering nie bestaan nie. En heel waarskynlik in ander areas ook.

Jaco ·

Ek sit so en dink aan watse bang samelewing ons ontaard het. Die 40’s, 50’s, 60’s, 70’s en vroee 80’s “baby’s” het grootgeword in n samelewing waar ons nie vasgegespe was in karstoeltjies nie, nie valhelms gedrae het as ons fiets gery ht nie, sonder “lifejackets” rapids op binnebande in rivierstrome gery, self ons boellies op skool moes “face”, gejaag met ons trapfietse (onthou die meisies het sreamers aan hul fietse vasgemaak dat dit so wapper deur die lig) van styl hellings af en ons kniee oopgeval het (sonder kneecaps) onself nie afgesonder het vir n virus wat in 6 maande minder mense doodgemaak het as n gewone griepvirus nie, en kyk watse ongelooflike mense het die ouer samelewing gekweek, tawwe mense met ongelooflike karakter, mense wat meeste van vandag se awesome tegnologie en uitvindsels tot stand gebring het….en vandag is mense, wel….bang VIR ALLES en kweek dit niks behalwe swak karakter nie!!!

Emily ·

Hy het homself net weereens herhaal. Niks wat hy se maak sin nie. Oor en oor dra maskers, was julle hande en en en.
Magtag ons is nie kinders nie, Ons is verantwoordelik vir ons eie gesondheid, so ja ons weet wat om te doen. WEET CR EN KIE.
Gaan hy ons huur en skuld betaal wat nou al van einde Maart af agterstallig is. Nee, want hulle kan mos nie dink nie. Hulle kry mos salaris.
Beste van alles, hulle wil kinders in laer klasse skool toe stuur, Maar ons wat vir n lewe moet werk, mag niks doen nie.
Hier is iets anders aan die gang.
Hulle wil ons uitroei en dan die leftovers kom vat.
Ek het geen respek vir die land se regering nie. Die een is meer onbevoegd as die ander.
Hoeveel moet ons nog verloor agv sy en sy puppets se swak besluite.

Frans ·

Die President se toespraak is gerig op die meerderheid van Suid Afrika se mense,sy lojale ondersteuners wat in verwondering aan sy lippe hang.Kritiek van miderheidgroepe is soos vlooie op ‘n hond se rug,dit is lastig,dit jeuk ,maar jy kan aanbeweeg,veral as jy jou Kubaanse vriende teen enorme koste die land inbring omdat jou party se beleid talle bekwame dokters en ander uit die land verwilder het.

Ons probleem ons kan nie soos die Voortrekkers trek nie,want onse Oom in die politiek F W het mos alles op die spel geplaas en verloor en self sy roepstem vandag is soos mis in die son,spoedig brand dit weg en word nie weer gesien nie.

Prediker sê nie verniet:15Dit is presies soos die spreekwoord sê: “As iets krom is, kan niemand dit reguit maak nie, want niemand kan die wêreld verbeter nie.”

Adam ·

Ek het nou net kommentaar op ‘n ander artikel geplaas met ‘n soortgelyke strekking. Solidariteit is reg. Ek persoonlik is van oordeel dat die skade nou al reeds te groot is en dat die sosio- ekonomiese gevolge katastrofaaal gaan wees. Die omstandighede bied die regering die geleentheid om sy subjekte, wat tans soos objekte hanteer word, afhanklik van die staat te maak en te hou. Ons sal vir dekades betaal vir die sondes van die ANC en glo my, hulle voel absoluut niks vir die gepeupel nie.

Margaret ·

Ons staar n ramp in die gesig. Nie een van ons weet regtig of dit tot n ontploffing van CV gaan lei om alles op te hef nie en of dit in elk geval gaan gebeur al het ons lockdown nie. Ek dink higieene reels, verbod op sametrekkings en verbod op vrylik reis tussen hot spots moet verseker in plek bly vir nou. Maar werkers moet terug gaan werk toe.

Pieter ·

Kan iemand groooooot asssssseblief verduidelik hoe werk die “nie essensiële” beginsel

▪Ek mag ‘n elektriese ketel koop , dit gaan niks aan die virus doen nie
▪Ek mag nie vir my kleinkind se verjaarsdag vir hom ‘n speelding koop nie , dit kan die virus help versprei.

▪Ek mag gemors kos bestel wat totaal ongesond is by een van die kitskos plekke en dit word afgelewer.
▪Ek mag nie twak vir my pyp koop nie want die regeering is besorg oor my gesondheid.

Hierdie oupa verstaan dit nie baie lekker nie

Emily ·

Hy moet sy storie regkry, want hier kom nog drama.
As Gauteng bv. bly op level 4 sonder die dorpe af, Moet nie die hele Gauteng straf nie.
Bv. Pretoria, Daar is Moot, Gezina, Villeria, Waverley Moregloed en nog ander, So moet nie Tshwane terughou as meerderheid van ons plekke skoon is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.